Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
    Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Zim, SA to meet on cholera crisis
Eskom shuts down Koeberg unit
Woman stabs boyfriend
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
‘Diversifiseer na oorsese eiendom’
26/08/2008 01:53  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

Eiendomskenners reken die uitdagende ekonomiese klimaat wêreldwyd is aantreklik omdat daar groot waarde is in buitelandse eiendomsektore vir Suid-Afrikaanse genoteerde eiendomsmaatskappye.

Mnr. Brian Azizollahoff, uitvoerende hoof van Redefine, het sê dit het ’n verandering in die denkwyse van die beleggersgemeenskap tot gevolg gehad, waar buitelandse diversifikasie nou skerper in die kollig val.

In die onlangse Property Innovation-publikasie van Madison sê mnr. Mike Watters, uitvoerende direkteur van Ciref, buitelandse eiendom bied aan Suid-Afrikaanse beleggers die voordele van diversifikasie oor bateklasse en geografiese gebiede heen, asook blootstelling aan buitelandse inkomstestrome.

“Ondanks huidige toestande in finansiële markte, bly buitelandse eiendom ’n bateklas wat in elke belegger se portefeulje behoort te wees.” Ciref is Corovest International se eiendomsfonds wat op die alternatiewe beleggingsmark (AIM) van die Londense aandelebeurs genoteer is.

Azizollahoff sê tradisioneel het Suid-Afrikaanse eiendomsmaatskappye nie sommer in die buiteland belê nie omdat die vooruitopbrengste op buitelandse eiendomsbeleggings in ontwikkelde lande, soos die VSA, Brittanje en lande in Europa veels te laag was om aantreklik te wees vir Suid-Afrikaanse eiendomsmaatskappye. “Die verkryging van sulke bates sou die inkomste verwater, wat ’n negatiewe uitwerking sou hê op die verkryger se aandeelprys.”

Hy reken daar is in die huidige klimaat waarde in die eiendomsektore in die VSA, Brittanje en lande in Europa, wat nog nie voorheen gebied is nie. Hy sê die opbrengste van regstreekse eiendomsbeleggings sowel as genoteerde beleggings is selfs hoër as die opbrengste in Suid-Afrika. Ter illustrasie gebruik hy die beweging in die pryse van die drie grootste Britse eiendomsbeleggingstrusts (reits), Land Securities, Hammerson en Liberty International.

“Die val in die waarde was dramaties – tot 50% – hoewel die netto batewaarde nie so dramaties afgeneem het nie.”

Dit is ook die geval in die VSA, waar twee genoteerde reit-maatskappye, die Worldwide Realty-inkomstefonds en die Reit & Preferred-inkomstefonds teen opbrengste van onderskeidelik 12% en 20% verhandel. Daar is verskeie ander reits met opbrengste van meer as 10% wat beleggings bied in bates in gehalteportefeuljes, sê hy. Volgens Watters is daar verskeie buitelandse eiendomsbeleggingsopsies, onder meer genoteerde eiendomsmaaatskappye, reits, private sindikasies, eiendomstrusts en regstreekse eiendom. “Die tipe beleggingsinstrument hang af van die belegger se omstandighede.”

Hy meen egter die genoteerde eiendomsektor hou die voordele in van likiditeit en deursigtigheid. Daarteenoor word ’n belegging in regstreekse eiendom gekenmerk deur hoë intree- en uittreekostes en relatiewe lang tydsraamwerke.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae