Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
    Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Zim, SA to meet on cholera crisis
Eskom shuts down Koeberg unit
Woman stabs boyfriend
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Eiendomme : EIENDOMME : STORIE
 
Tam eiendomsmark laat helfte van agente opgee
15/10/2008 00:47  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

Sedert Oktober verlede jaar het die getal geregistreerde eiendomsagente met meer as die helfte gekrimp tot sowat 40 000 vanaf die hoogtepunt van 84 000 van Oktober 2006 tot Oktober 2007.

Só sê me. Wendy Machanik, besturende direkteur van Wendy Machanik Properties.

Terselfdertyd vind konsolidasie plaas waar kleiner ondernemings deur groot eiendomsagentskappe ingesluk word, sê mnr. Lew Geffen, voorsitter van Sotheby’s International Realty.

Dit word egter nie as ’n ramp beskou nie, maar meer as ’n uitskudproses waar die kaf van die koring geskei word. Geffen en Machanik is dit eens dat dit positief is vir verbruikers omdat diegene wat in die mark oorbly, oor die algemeen beter opgelei is en dus beter toegerus is om goeie diens te lewer.

“Dit is spesifiek teen die agtergrond van die nuwe opleidingstelsel van die Raad op Eiendomsagentskapaangeleenthede (REAA), waar voornemende eien- domsagente en diegene wat hul getrouheidsertifikaat minder as vyf jaar het, voortaan ’n kwalifikasie moet verwerf om as eiendomsagente sake te doen,” sê Machanik.

Geffen sê die mark word gekenmerk deur vier soorte agente, waar die A-agente steeds soveel geld maak soos voorheen en die B-agente oorleef. “Die C- en D-agente wat nóg nie weg is nie, sal voor die einde van die jaar weg wees,” sê hy.

Die twee kernoorsake vir die dramatiese afname in agente is die uitwerking van die Nasionale Kredietwet en meer onlangs die internasionale kredietkrisis.

Hy sê die kredietwet het die huismark negatief geraak omdat dit die getal potensiële huiskopers wat vir ’n huislening kwalifiseer, beduidend verminder het en die kredietkrisis het banke só versigtig gemaak dat die huislenings wat deur banke afgekeur word, skerp toegeneem het.

Volgens die verbandwerwer ooba se nuutste syfers is gemiddeld 51% van huisleningaansoeke afgekeur deur banke in September vanjaar, 10,4% meer as die vorige jaar.

Machanik sê die kredietwet het tot ’n paradigmaskuif in die mark gelei, waar huis koop nie meer perde koop is nie. Dit beteken dat voornemende huiskopers anders na hul finansies sal moet kyk deur genoeg te spaar vir ’n deposito en ernstig sal moet besin oor hoe hulle hul geld bestee.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae