Koop nou om te verhuur, sê kenner
Elke marksiklus hou sy geleenthede in.
Luukse motors raak te duur
Nuwe luukse motors verkoop nóg minder.
Untitled Document
JSE VANDAG: All Share: 28172.28 Top 40: 26519.15 FNDI 30: 21378.30 Gold Mining: 2256.72 Resource 20: 66034.45 R152: 0.00 WISSELKOERS: Rand/$: 7.7400 Rand/£: 15.2600 Rand/€: 12.1700 Gold $/oz: 932.00 Platinum $/oz: 1997.50 Platts Brent Oil: 145.16 Dow Jones: 0.00 Nasdaq: +0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Changing SA's saving psyche
Sasol BEE: SAPO extends hours
Week of mass action ahead
Beeld
Valkoog stort neer
Mugabe aan bure: ‘Moenie my treiter’
Drie kinders sterf, ouers oorleef
Volksblad
Jy’s nie veilig in jou huis
Eiendomsagent skuldig aan hereregtebedrog
Toergids sterf ’n week voor sy eerste toer
News24
All Blacks draw first blood
JSC to meet over Hlophe
200 undergo virginity testing
Gewildste Artikels
Rentekoers eis sy tol van ekonomie
VSA is op die rand van ineenstorting, sê bankier
Verskuilde klousules kry ’n opstopper
Doebai se bewegende wolkekrabber ’n eerste
Mugabe, Mbeki verraai vryheidstryd
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Dis tog groener dié kant, sê vele
14/03/2008 22:59  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Visser

Is die gras groener aan die ander kant van die draad?

Dit is die vraag waaroor baie Suid-Afrikaners tob te midde van ’n golf van negatiewe ekonomiese nuus.

“ ’n Mens moet net onthou dat jy nie in Londen op pad kantoor toe gou ontbyt vir minder as ?7 (ongeveer R110) kan koop nie,” sê me. Razia Khan, ekonoom van Standard Chartered in Londen, nadat 35% van Sake24 se lesers in ’n nie-wetenskaplike web-peiling aangedui het dat hulle wil emigreer en 78% laat blyk het dat hulle meen die ekonomiese toestand sal agteruitgaan.

“Jy sal nêrens ter wêreld hoë pryse vryspring nie,” sê Khan. “Daar sal wel op baie kort termyn ekonomiese probleme wees, maar daar word verwag dat voedselpryse vanjaar hul toppunt sal bereik en dan sal begin daal.”

Sy sê voorts dat die lewenskoste in Suid-Afrika laag is in vergelyking met dié in ontwikkelde lande soos Brittanje, Australië en die VSA.

“Suid-Afrika se ekonomie is op goeie beginsels gegrond. Daar is ’n groter wordende inheemse middelklas wat ekonomiese groei in die toekoms gaan steun. ’n Groeikoers van 6% is nie onmoontlik nie.”

Khan sê Suid-Afrikaners begin ook nou die laer inflasiekoers as vanselfsprekend aanvaar. “Die inflasiekoers van byna 9% wat Suid-Afrikaners nou ondervind, is nie naastenby die 16% waaraan hulle gewoond was nie. Dit is interessant hoe hulle dit as vanselfsprekend aanvaar.”

Huispryse is ook nie iets waaroor mense mismoedig hoef te raak nie. Suid-Afrikaners hoef ook nie asem op te hou dat dit soos in die VSA gaan daal nie, sê Khan.

Me. Nicky Weimar, senior ekonoom by Nedbank, sê Amerikaanse verbruikers is kniediep in die skuld.

“Hul totale skuld as ’n persentasie van besteebare inkomste is baie hoër as 100% en die koste om dié skuld te delg, styg ook.” Sy meen dat die Amerikaners nie hulle bestedingspatrone aangepas het nie.

“In Suid-Afrika het verbruikers egter reeds hul bestedingspatrone aangepas. Hoewel slegte skuld as ’n persentasie van totale skuld aan die toeneem is, het die oorgrote meerderheid van die Suid-Afrikaners ‘gesonde skuld’ en is die laks kredietregime wat in die VSA voorkom, nie hier te bespeur nie.”

Dit is te danke aan hoër rentekoerse, banke se versigtigheid vir riskante leners en die inwerkingstelling van die Nasionale Kredietwet.

Terwyl motoriste op hul tande kners oor die duur brandstof, met die realistiese vooruitsig van verdere prysstygings, kan Suid-Afrikaners hulself troos dat hulle steeds ’n relatief billike prys vir petrol en diesel betaal, berig Francois Williams.

In Ierland het petrol in Februarie €1,17 (R14) gekos. In Brittanje kos dit tans ?1,05 (R16,43) per liter en in Australië A$1,34 (R9,87) per liter.

In Europa beloop die belastingkomponent veel meer as die helfte van die totale kleinhandelprys vir petrol. In Suid-Afrika is dit sowat 20%.

Die JSE is ook ’n uitblinker en het selfs beter as sommige van die belangrikste internasionale aandele-indekse gepresteer.

Die JSE se indeks van alle aandele het sedert die begin van die jaar met meer as 4% verstewig – hoofsaaklik te danke aan stewige kommoditeitspryse.

Daarteenoor het die Dow Jones-indeks in New York met byna 7% gedaal.

Die Nikkei-225 in Tokio het met 16,7% getuimel en die FTSE-100 in Londen met 11,1%.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae