Koop nou om te verhuur, sê kenner
Elke marksiklus hou sy geleenthede in.
Luukse motors raak te duur
Nuwe luukse motors verkoop nóg minder.
Untitled Document
JSE VANDAG: All Share: 28172.28 Top 40: 26519.15 FNDI 30: 21378.30 Gold Mining: 2256.72 Resource 20: 66034.45 R152: 0.00 WISSELKOERS: Rand/$: 7.7100 Rand/£: 15.4000 Rand/€: 12.1700 Gold $/oz: 930.88 Platinum $/oz: 1997.50 Platts Brent Oil: 145.16 Dow Jones: 0.00 Nasdaq: +0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
SA faces climate nightmare
Unions want Ramos to stay
No oil price relief in sight
Beeld
Man (27) geskiet in Leeupark
Steelvideo wys stemknoeiery
Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Dad-to-be shot in restaurant
Lion-heart Nadal wins epic
KFC, Nando's to the rescue
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Kry die sjampanje op die ys – dis amper belastingvryheidsdag
08/05/2008 22:19  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Amanda Visser

Maandag gaan die sjampanjeproppe skiet wanneer die deursnee-belastingbetaler in Suid-Afrika sy belastingvryheid vir die jaar vier.

Dit is die dag waarop hy klaar vir die staat gewerk het. Dié dag word bepaal deur die gemiddelde belastinglas van die land en val op dié dag dat belastingbetalers daarin geslaag het om die jaar se las af te werk, en hulle dan vir hul eie plesier kan begin verdien.

Volgens mnr. Charles de Wet, belastingdirekteur van PricewaterhouseCoopers, kan belastingvryheidsdag vir 50 van Suid-Afrika se grootste maatskappye ook nou bepaal word. Dit is te danke aan die opname oor die totale belastinglas van maatskappye soos Anglo American, Sasol en SABMiller. Dié dag vir dié maatskappye was verlede jaar op 29 April.

Mnr. Garth Zietsman, statistikus wat belastingvryheidsdag vir die Vryemarkstigting bereken, sê belastingvryheid word vanjaar twee dae later as verlede jaar bereik. Een rede daarvoor is waarskynlik die veranderings aan belastingwetgewing, soos groter beperkings op aftrekkings van belasbare inkomste.

Dié swaarder las is ondanks belastingverligting van digby R8 miljard wat mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, jaarliks in sy begroting vir individue aankondig.

Mnr. Eustace Davie, direkteur van die Vryemarkstigting, sê Suid-Afrika het in die jongste verslag oor lande se ekonomiese vryheid 5,6 uit 10 gekry. Dit meet die rol van die regering in die ekonomie ten opsigte van staatsbesteding, oordragte en subsidies, staatsinstellings en die marginale takskoers van individue.

’n Land soos Swede kry 4,2 uit 10, Nigerië 6,2 en Botswana 5 uit 10. Hongkong kry 9,2 uit 10. Belastingvryheid vir die deursnee-Amerikaner was vanjaar op 23 April en vir Australiërs op 24 April. In Brittanje is dié heuglike dag eers op 2 Junie. In België is dit 10 Junie en Duitsland 13 Julie.

“Die groot verskil is dat dié lande se inwoners geregtig is op beduidende voordele (soos medies en onderwys) en heelwat belasting daarvoor betaal.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae