Huishoudings se besparing negatief
Suid-Afrikaanse huishoudings se spaarvlakke is op hul laagste nóg.
Rand breek deur R7,50
Die rand het gister sy kragtoer teen die dollar voortgesit en deur R7,50 tot R7,4974 verstewig
Untitled Document
Rand/$: 7.5500 Rand/£: 15.1200 Rand/€: 11.8600 Gold $/oz: 919.22 Platinum $/oz: 1742.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27373.79 Top 40: 25502.81 FNDI 30: 23029.66 Gold Mining: 2173.11 Resource 20: 58066.07 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Super Group needs a top-up
Koseff: Claims preposterous
Gold firms hammered by protest
Beeld
Stryd in sel om oorlewing
Talle sonder heenkome ná brand
‘Iemand’ het mes geslyp vir polisielid wat f-woord sê
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Ex-cop tells of cell hell
Zuma 'will lead from prison'
Kallis: A man on a mission
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Vrae oor kleiner reserwes ondanks stewiger rand
10/05/2008 07:53  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner

Die mark het gister kop gekrap oor hoekom die Reserwebank nie in April soos gewoonlik dollars gekoop het om die reserwes aan te vul nie. Was dit net ’n verposing in die hele proses of ’n strategiese verandering?

Die rand het aanvanklik in reaksie op die aankondiging van die April-data met meer as 10c tot R7,74 teenoor die dollar verswak, maar laatmiddag op R7,70 gestabiliseer.

Die April-data wys dat die bruto goud- en valutareserwes in die maand 0,32% of $110 miljoen laer op $34 284 miljard te staan gekom het. Die netto reserwes of internasionale likiditeitsposisie (ILP) was 0,46% of $152 miljoen laer op $32 973 miljard.

Dit is die eerste keer in twee jaar dat die reserwes nie styg nie met die netto reserwes tans sowat $10 miljard groter as in Januarie 2007.

Stygende reserwes is nodig om vertroue in die rand te handhaaf, juis omdat Suid-Afrika se reserwes swak afsteek by ander ontluikende lande.

Al het die Reserwebank nog nooit ’n spesifieke reserweteiken bekend gemaak nie, beskou ekonome die huidige vlakke steeds as te laag.

Ekonome het aanvanklik die swakker data toegeskryf aan die ?laer goudprys, wat van gemiddeld $936,95 per fynons in Maart tot $871,60 in April gedaal het.

Dit het die waarde van die goudreserwes met 6,97% of $261 miljoen van $3,745 miljard (sowat R30,324 miljard) tot $3,484 miljard (sowat R24,460 miljard) laat daal.

Die Reserwebank het nie bekend gemaak hoeveel valuta in die maand gekoop is nie.

Volgens me. Salomi Odendaal, ekonoom van Citadel, blyk dit dat dit ruweg $150 miljoen beloop – heelwat minder as die voorafgaande maande se gemiddelde aankope van sowat $500 miljoen.

Dit is ondanks die verstewiging van die rand van gemiddeld R8,10 in Maart tot R7,595 in April, wat die Reserwebank ’n gulde geleentheid gebied het om die reserwes aan te vul.

Odendaal sê dit lyk nie of die Reserwebank baie aktief in die mark was nie. “Dit is ’n verandering teenoor die vorige maande waar die Reserwebank valuta gekoop het selfs toe die rand swak was.”

Sy sê ’n moontlike rede kan wees dat die Reserwebank die sein wil uitstuur dat die rand nie te sterk moet wees nie.

’n Swakker rand is nodig om die tekort op die lopende rekening te verklein deur uitvoer te bevoordeel.

Indien só ’n strategie gevolg is, stem dit ooreen met voorstelle van die groep internasionale kundiges onder die voorsitterskap van prof. Ricardo Hausmann van die Harvard-universiteit, wat eergister bekend gemaak is.

Daar is onder meer aanbeveel dat die rand stabiel bly en nie noodwendig te veel moet verswak nie aangesien dit inflasie sal aanwakker.

Mnr. Dennis Dykes, hoofekonoom van Nedbank, sê die Reserwebank se optrede kan dui op ’n minder rigiede benadering. “Tot op hede is reserwes opgebou ongeag die markomstandighede wat onbedoeld tot ’n swakker rand kon lei.”

Mnr. Fanie Joubert, ekonoom van die Efficient-groep, verwag egter geen wesenlike verandering in die strategie om valuta te koop om die reserwes aan te vul nie.

Die belangrikste rede vir April se dalende syfer is die waardeaanpassings weens die laer goudprys, het hy gesê.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae