Beeld| Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finweek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Idees | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans

Coega-projek kyk verder as Eskom
Die Coega-projek sal nie sy toekoms in die hande van Eskom plaas nie.
‘Olie te hoog geskat, dog sal nie tot $80 daal’
Olie is fundamenteel oorgewaardeer.
tsp

Nuus
  Soek    
Tuisblad
  Warm Nuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Wêreldnuus
  Marknuus
  Eiendomme
  Landbou
  IT - Sake
  Algemene Sakenuus
  Rubrieke
  Begroting
  Maatskappy-resultate
  Veilings
In diepte
  Entrepreneursake
  Rubrieke
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Hulpmiddels
  Gratis Nuusbrief
  Spogeiendomme
Vennote
  Finweek
  Landbouweekblad
Fin24
Power price: Find a compromise
Gold soars above $900
BEE deal gets the thumbs up
Beeld
Oscar se pad oop Beijing toe
Rowers skiet hom 4 keer in sy huis
Datum vir Zim-uitklopverkiesing bekend
News24
Oscar can't stop smiling
'Alex violence must be stopped'
ANC: SA can't afford power hike
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
‘Keer skommelings in rand se waarde’
12/05/2008 03:20  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Amanda Visser

Die Reserwebank se fokus moet nie nét op inflasieteikens wees nie, maar dit moet ook meer reageer op skerp afwykings in die wisselkoers.

Die groep kundiges wat in opdrag van die regering navorsing gedoen het oor moontlike hindernisse in die pad van versnelde en gedeelde groei, die sogenaamde Asgisa-plan, is sterk ten gunste van ’n mededingender wisselkoers.

Die span, onder leiding van prof. Ricardo Hausmann, het verlede week sy finale bevindings bekend gemaak.

Dit moet nou volgens mnr. Letetja Kganyago, direkteur-generaal van die nasionale tesourie, intensiewe debat aan die gang sit.

Die span beveel aan dat die Reserwebank meermale in die wisselkoersmark ingryp om te verhoed dat die waarde van die rand buitensporig styg.

“Die feit dat die land ’n groot tekort op sy lopende rekening en hoë werkloosheid het, wys dat ’n mededingender wisselkoers die enigste manier is waarop eksterne balans en vol indiensneming bereik kan word.”

Skommelings in die waarde van die rand is volgens die span hoog. Die wisselvalligheid het oor die afgelope 15 jaar gemiddeld 11% per jaar beloop.

Dit is nie so erg soos Nigerië se 34% of Venezuela se 14% nie, maar beslis nie in die klas van Australië se 6% of Maleisië se 6,8% nie.

’n Siening van Hausmann en sy span dat daar ’n groter begrotingsurplus moet wees, is lynreg in stryd met vakbondleiers en linkse uitsprake in die verlede.

Dit behoort volgens die span minstens 1% tot 2% van die bruto binnelandse produk te beloop.

Die span het ook veel te sê oor die regering se bestaande nywerheidsplan en glo dat die bestaande ontwikkelingsplan vir die motorbedryf (MIDP) sy rol vervul het.

Hausmann sê veredeling moet nie gesien word as die grondslag vir “selektiewe ingryping en nywerheidsontwikkeling” nie.

Om voorkeur aan veredeling te gee, trek die regering se aandag af van ander geleenthede wat meer potensiaal het om uitvoerwerkgeleenthede te skep.

Die span het ook skerp kritiek op die wyse waarop swart ekonomiese bemagtiging (SEB) toegepas word.

Hausmann stel voor dat ’n “geloofwaardige stelsel” ontwikkel word om inligting oor SEB in te samel.

Die beskikbare inligting oor SEB-prestasie is nie geloofwaardig of voldoende nie.

“Die situasie van min inligting, min evaluering en onsekerheid oor die toekoms kan beleggings én bemagtiging skade berokken.”

Die regering beplan ’n werksessie oor die verslag op 17 of 18 Junie vir verdere gesprekke tussen die span, regeringsamptenare, akademici en ekonome, asook beleidsnavorsers.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Vind
  Versekering
  Internasionale Lotto
  Top Afrikaanse boeke

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Nuwe Geskiedenis van SA
Géén Suid-Afrikaanse huis behoort sonder hierdie meesterstuk te wees nie. Die kwaliteit is onverbeterlik en 'n meer omvattende bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis sal jy nêrens kry nie. - Dis geskryf deur 31 kenners en is die eerste omvattende geskiedenis sedert 1991.


Sake24
  Eskom gee konsortium R2,9 miljard-kontrak
  Kragkonferensie soek oplossing
  Rekordprys vir blou diamant

Volksblad
  Skokfonds in winkel
  Man moet jaar sit oor wild
  Afgebrande huis word gefynkam



Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae