Skuldeisers bakhand by Nationwide
Sowat 2 500 eise (wat ongeveer R19 miljoen bedra) is reeds by die lugdiens Nationwide se likwidateurs ingedien.
Solidariteit kla Investec-base aan oor bewering van laer inflasie
Die herrie oor Investec se inflasiesyferkritiek het gister 'n nuwe wending geneem.
Untitled Document
Rand/$: 7.5600 Rand/£: 15.0300 Rand/€: 11.8700 Gold $/oz: 924.30 Platinum $/oz: 1724.50 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27556.85 Top 40: 25674.36 FNDI 30: 23198.10 Gold Mining: 2207.22 Resource 20: 58393.46 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Mboweni talks tough on Investec
Motorists set for 'reprieve'
Super Group shares tank
Beeld
Zim-onderhandelinge begin
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
OTM-rowers ontvoer wag en sy hond
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Nigeria petrol tanker fire kills 12
Zim talks under way in SA
Facebook to go web wide
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Rentekoers op 18% nét so erg as 25,5% in 1998
13/05/2008 00:32  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

As die prima rentekoers tot 18% styg, sal dit dieselfde pynlike uitwerking hê as die rentekoershoogtepunt van 25,5% in 1998, waarsku eiendomsontleders.

Hoewel die ekonomiese omgewing nou heel anders lyk as in 1998, meen mnr. John Loos, eiendomsontleder van Eerste Nasionale Bank (ENB) se huisleningsafdeling, dat verbruikers se groot skuld hul pyndrempel om hoër rentekoerse te kan hanteer, aansienlik verlaag het vergeleke met die laat 1990’s.

Huishoudings se skuldverhoudings (hul skuld as persentasie van besteebare inkomste) is op 77,6% die hoogste nóg, en hul skulddienskoste-verhouding op 11,05%, die hoogste sedert die derde kwartaal in 1998 toe dit 14,95% was.

Loos sê daar is ’n sterk korrelasie tussen rentekoersbewegings en die skulddienskoste-verhouding van huishoudings.

As die rentekoers tot 18% sou styg, kan dit die skulddienskoste-verhouding tot 14% opstoot, wat ernstige implikasies vir die residensiële mark inhou. “Só ’n scenario kan daartoe lei dat nominale huispryse op ’n nasionale grondslag daal.”

As die Reserwebank vanjaar ophou om rentekoerse te verhoog, meen hy dat die skulddienskoste-verhouding ’n normale piek van 12% kan bereik.

Hoewel hy nie voorsien dat rentekoerse só hoog sal styg nie, flits die inflasie-gevaarligte steeds, wat slegte nuus inhou vir rentekoerse en die huismark.

Die huismark is reeds geruime tyd onder druk en volgens Absa se nuutste huisprysindeks het reële huispryse (met inagneming van inflasie) in die middelsegment van die mark in Maart met 2,5% op ’n jaargrondslag gedaal. In nominale terme het huispryse in April net teen 6,8% op ’n jaargrondslag gegroei, teenoor die 7,8% in Maart.

Mnr. Jacques du Toit, senior eiendomsontleder van Absa se huisleningsafdeling, sê as rentekoerse tot 25,5% verhoog sou word, sal dit die skulddienskoste-verhouding tot 19,8% laat spring, wat slegte skuld skerp sal laat toeneem en die terugname van groot getalle huise en motors tot gevolg kan hê.

Dít is as aangeneem word dat die skuldverhouding konstant bly op die huidige vlakke.

Hy voorsien nie dat die rentekoers tot 18% kan styg nie en verwag nog ’n verhoging van 0,5 persentasiepunt in Junie, wat die gemiddelde rentekoers vir die jaar op 15,2% te staan sal bring.

Loos sê vir Suid-Afrikaanse verbruikers om terug te keer na ’n skulddienskoste-verhouding van sowat 6,5%, soortgelyk as in 2003, vereis dat rentekoerse afkom tot 8% teen die einde van vanjaar, wat ’n “onmoontlike scenario” is.

Mnr. Ulrich Joubert, ekonoom van Kruger Internasionaal, sê gegewe dat inflasie buite beheer is en waarskynlik so gaan bly tot ná 2010, kan rentekoerse by 18% gaan draai.

“Dit gaan verbruikers vir ’n ses slaan, maar die Reserwebank het geen ander keuse nie.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae