Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6100 Rand/£: 15.1700 Rand/€: 11.9600 Gold $/oz: 931.90 Platinum $/oz: 1735.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27109.04 Top 40: 25224.28 FNDI 30: 22797.51 Gold Mining: 2195.84 Resource 20: 57361.68 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
SA sak terug op mededingingslys vir ekonomieë
15/05/2008 22:38  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Elma Kloppers

Suid-Afrika het gegly op die wêreldranglys van ekonomiese mededinging weens verswakkende binnelandse en internasionale toestande.

Dié land is nou 53ste uit 55 van die wêreld se kragtigste ekonomieë, drie plekke swakker as verlede jaar, volgens die nuutste verslag oor internasionale mededinging van die Instituut vir Bestuursontwikkeling (IMD) in Lausanne, Switserland.

Die VSA is steeds in die eerste plek, gevolg deur Singapoer, Hongkong en Switserland.

“Die agteruitgang is onder meer as gevolg van ’n hoë werkloosheidsyfer, stygende inflasie, stagnante uitvoer en infrastruktuur-bottelnekke, sê mnr. Sello Mosai, uitvoerende bestuurder van Produktiwiteit Suid-Afrika (PSA).

Dit het die land se sakevertoning met ses plekke laat verswak van 32ste tot 38ste en sy ekonomiese vertoning van 54ste tot 55ste.

Dr. Hischam El-Agamy, direkteur van korporatiewe ontwikkeling van die IMD, sê Suid-Afrika is die enigste Afrika-land op die ranglys en hy ding mee met van die wêreld se grootstes.

Hy sê uit die resultate is dit duidelik dat geen land immuun is teen internasionale ekonomiese faktore nie. Dis nie net Suid-Afrika wat getref word deur hoër olie- en voedselpryse nie. Die mededingendheid van sterk groeiende ekonomieë soos China en Indië het ook deurgeloop.

Dié lande het elk twee plekke prysgegee tot onderskeidelik nommer 17 en nommer 29.

Hy sê daar is ’n waterskeiding tussen Suid-Afrika se staatsdoeltreffendheid en sy infrastruktuur-mededinging. Die staat se doeltreffendheid het met sewe plekke verbeter tot 28ste, wat nie strook daarmee dat hy laaste is wat infrastruktuur betref nie. Hy glo die uitdaging is dat die staat en die private sektor verskeie taakmagte moet vorm om elke sektor se vertoning te bespreek.

Die groot vraag is of die VSA sy eerste plek gaan behou. Hy beskou vanjaar as ’n moontlike draaipunt waar Singapoer die VSA kan onttroon.

Volgens die IMD is heelwat lesse geleer in die 20 jaar dat hy mededinging meet. “In die woorde van Benjamin Franklin kan selfs ’n klein gaatjie ’n groot skip sink,” sê prof. Stéphane Garelli van die IMD.

Die IMD se mededingingstelbord word bereken deur die vier faktore van mededinging: ekonomiese vertoning, regeringsdoeltreffendheid, sakedoeltreffendheid en infrastruktuur, gegrond op 331 kriteria.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae