Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.5800 Rand/£: 15.1200 Rand/€: 11.9100 Gold $/oz: 925.85 Platinum $/oz: 1728.50 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27112.73 Top 40: 25205.57 FNDI 30: 22825.07 Gold Mining: 2195.43 Resource 20: 57268.00 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Gissings oor MTN en Billiton dryf JSE tot derde rekord aan
16/05/2008 22:01  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Maarten Mittner

Moontlike korporatiewe aksie by MTN en BHP Billiton, tesame met positiewe internasionale sentiment, het die JSE Vrydag op sy derde hoogtepunt van die week laat sluit.

Sake was in die oggendure so fluks dit het gelyk of die indeks van alle aandele deur 33 000 sou breek. Maar ’n mate van soberheid het later ingetree, en die indeks het die dag afgesluit op 32 700,98, 53,55 punte of 0,16% sterker vir die dag.

Die moontlikheid dat die Chinese in Billiton belang stel en die moontlike MTN-oorname deur ’n Indiese maatskappy het vroeg reeds vir optimisme gesorg.

Dit is opgevolg deur stewige belangstelling in platinumaandele en in Lonmin, oënskynlik deur buitelandse kopers. Die hernieude styging in die goudprys tot bo $900 per fynons het die belangstelling in goudaandele geprikkel.

Buitelanders was in ’n koopbui ná beter as verwagte groeisyfers uit Duitsland en die voortgesette stabilisering van die Amerikaanse ekonomie.

Die rand het ook besluit om tot die partytjie toe te tree en deur R7,50 teenoor die dollar gebreek tot R7,47. Verskeie faktore ondersteun die rand nou, onder meer verwagte hoër rentekoerse en miljarde dollar wat as deel van die MTN-transaksie omgeruil kan word.

Volgens sommige vooruitskattings kan die rand vandeesweek selfs tot R7,20 verstewig.

Die JSE se indeks van alle aandele het die afgelope drie dae elke dag op ’n hoogtepunt afgesluit. Die indeks het die week afgeskop op 32 145,49.

Die slegte nuus is dat ontleders en portefeuljebestuurders minder positief is of dit volgehou sal word.

Merrill Lynch se gesaghebbende fondsbestuurdersoorsig, wat gister uitgereik is, wys dat 75% van die bestuurders meen ekonomiese omstandighede sal oor die volgende 12 maande versleg teenoor 50% in die vorige maand.

Verdienstegroei by ondernemings is van 13,6% tot 11,8% afgeskaal, maar 88% meen steeds ’n resessie is onwaarskynlik.

Rand-Aksepbank (RAB) skryf in sy daaglikse valuta-oorsig die beter internasionale stemming daaraan toe dat die olieprys van sy rekordhoogtes afgeplat het. Dit verbeter die kanse vir beleggings in meer riskante bates in ontluikende lande. Maar ook RAB meen die goeie nuus is onvolhoubaar.

“ ’n Volhoubare breek deur R7,50 vir die rand is onwaarskynlik, en Amerikaanse behuisingsdata is ’n risiko vir ’n verdere verswakking.”

Die MTN-transaksie sal na verwagting ook nie die rand ondersteun nie as dit deur ’n samesmelting of aandeleruiling gekenmerk word, sê RAB.

Moontlike laer ekonomiese groei kan later vanjaar begin om sy tol van die rand te eis. Moody’s Economy.com sê in sy weeklikse oorsig die swakker groei in die kleinhandel, wat vandeesweek bekend gemaak is, voorspel laer BBP-groei vir die jaar. En die Reserwebank lyk vasbeslote om rentekoerse met nog 0,5 persentasiepunt op te stoot.

Geen syfer van die verwagte BBP-groei vir die eerste kwartaal is uitgereik nie, maar ekonome voorspel nou dat dit laer as 4% kan wees.

Laer groei was in die verlede negatief vir die rand.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae