Skuldeisers bakhand by Nationwide
Sowat 2 500 eise (wat ongeveer R19 miljoen bedra) is reeds by die lugdiens Nationwide se likwidateurs ingedien.
Solidariteit kla Investec-base aan oor bewering van laer inflasie
Die herrie oor Investec se inflasiesyferkritiek het gister 'n nuwe wending geneem.
Untitled Document
Rand/$: 7.5600 Rand/£: 15.0300 Rand/€: 11.8700 Gold $/oz: 924.30 Platinum $/oz: 1724.50 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27556.85 Top 40: 25674.36 FNDI 30: 23198.10 Gold Mining: 2207.22 Resource 20: 58393.46 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Mboweni talks tough on Investec
Motorists set for 'reprieve'
Super Group shares tank
Beeld
Zim-onderhandelinge begin
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
OTM-rowers ontvoer wag en sy hond
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Nigeria petrol tanker fire kills 12
Zim talks under way in SA
Facebook to go web wide
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
VSA-wet kan SA boere knak
16/05/2008 22:01  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Edward-John Bottomley

Nie eens pres. George W. Bush kan Suid-Afrikaanse boere teen reuse- nuwe plaassubsidies vir hul Amerikaanse eweknieë beskerm nie. Die Farm Bill van $307 miljard (sowat R2 376,18 miljard) is volgeprop met nuwe subsidies vir Amerikaanse boere wat landbouers oor die wêreld heen kan dooddruk. Dit is pas met ’n tweederdemeerderheid deur albei huise van die kongres gevoer.

Bush, wat deurentyd gedreig het om die wetsontwerp te veto omdat dit te veel gee aan boere te midde van rekordoeste en -pryse, kan min doen.

Hy sal beslis die wetgewing veto, maar daarna sal sy eie Republikeinse kollegas teen hom draai om die veto om te keer.

Die massiewe hulppakket vir boere maak ’n bespotting van die ideaal van wêreldwye vrye handel.

Boere in Suid-Afrika, wat nie ’n sent aan subsidies van die regering ontvang nie, kan nie met die Amerikaners meeding nie.

Mnr. Ernst Janovsky, landbou-ekonoom van Absa, sê dit kan daartoe lei dat VSA-boere meer gewasse aanplant, wat die graanprys sal laat daal.

As graanpryse te laag is, is dit nie ekonomies haalbaar vir boere om te plant nie en moet Suid-Afrika voedsel invoer.

Die direkte betaling van $5 miljard aan boere – in slegte en goeie tye – is behou, hoewel meer as net graanboere die geskenkpakkies kry. Baie geld gaan ook in die produksie van alternatiewe brandstof soos etanol gepomp word, hoewel die subsidie vir etanol effens verklein is.

“Dit is regtig ’n landbouwet vir almal,’’ het sen. Tom Harkin, voorsitter van die kongres se landboukomitee, gesê.

Die groot stryd tussen die Withuis en die kongres het gegaan oor die plafon vir hulp aan boere. Bush wou dit op $200 000 vasstel, terwyl die kongres volhou dat die afsnypunt sal wees boere wat $750?000 per jaar verdien uit hul plaas en boere wat $500 000 verdien uit ’n ander inkomstebron as die plaas.

Op die oomblik is daar geen beperking op die inkomste van ’n boer uit sy plaas voordat hy staatsubsidies kan kry nie.

Die kritiek op die beoogde wet is dat, terwyl kiesers sukkel om die duurder kos te bekostig, die politici wetgewing goedkeur wat die boere miljarde dollars van belastingbetalers in die sak bring – hoewel die boere se inkomste vanjaar ’n rekord van byna $93 miljard bereik het.

Prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, reken nie dit sal dadelik ’n invloed op wêreldvoedselpryse hê nie.

“Daar is tans ’n wêreldtekort aan voedsel en die Amerikaanse boere is nie juis besig om ’n oorskot op ons te stort nie, maar op lang termyn versteur dit markkragte,” sê hy.

“Die vraag wat ons boere vra as hulle sien Amerikaanse boere word gesubsidieer, is: hoekom nie ons nie?” sê Willemse.

“Maar dit help nie om op die VSA te skreeu nie. Daar is geen kans dat hy die subsidies sal laat vaar nie. Ons moet eerder ’n plan maak en leer hoe om landbou in sulke omstandighede te bestuur,” sê hy.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae