Verbruikers se slegte skuld gaan hul ál meer oorweldig
Slegte skuld kan oor die volgende 12 tot 18 maande ál meer sy lelike kop uitsteek.
SA wil handel met Indië, Brasilië aansienlik uitbrei
Suid-Afrika, Brasilië en Indië wil die handel tussen hulle teen 2015 tot $30 miljard opstoot.
Untitled Document
Rand/$: 10.5400 Rand/£: 18.2300 Rand/€: 14.1900 Goud $/ons: 840.90 Platinum $/ons: 935.50 Platts Brent Olie: 79.18
JSE VANDAG: All Share: 20571.87 Top 40: 18584.01 FNDI 30: 19744.29 Gold Mining: 1842.73 Resource 20: 35874.57 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · DIALOGUE 25+38.89% · AWETHU 12+33.33% · BRC 300+19.52% · VERLOORDERS VANDAG: BELL 505-76.08% · CULINAN 22-26.67% · SEAKAY 105-24.46% · ANOORAQ 525-19.23% · KCMIN 25-16.67% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Panic returns to global markets
Shock JSE slump wipes out gains
Road fund gets R1.3bn boost
Beeld
Matriek ry hom dood teen boom
Skiet die Springbok nou en kry klaar – Naas
Strafpunte vir motoriste in Pta ‘deurmekaarspul’
Volksblad
Matriekseun sterf tragies
Man erg beseer toe hy in duiwelsvurk val
Nog ANC-hoës bedank
News24
Naas: Shoot the Springbok
Zuma not too worried
Panic returns to global markets
Gister se gewildste Artikels
Tam eiendomsmark laat helfte van agente opgee
Markte blom ná geld reën
Geld in verband nie meer net vir vat nie
Rand kry opstopper
Kredietkrisis knyp Ysland blou
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Luukse motors raak te duur
04/07/2008 00:42  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Cecile Nel

Nuwe luukse motors verkoop nóg minder.

Dít blyk uit ’n opname wat Sake24 gister gedoen het deur willekeurig 14 luukse motors te kies en húl verkope te vergelyk met die algehele verkope van nuwe motors.

Volgens die nasionale vereniging van voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) het verbruikers in Junie 21,9% minder nuwe voertuie in die geheel teenoor dieselfde maand ’n jaar gelede gekoop.

Die veertien geselekteerde luukse voertuie, wat uit dié algehele poel voertuie gekies is, het egter in dieselfde tydperk 54% minder verkoop as ’n jaar gelede.

Sake24 het onder meer gekyk na die BMW X5, die Mini Cooper, die Mercedes E-klas, die Jeep Grand Cherokee en die Audi A8. Die verkoopsyfers van dié spesifieke motors is ook uit Naamsa se verkopedata vir Junie 2007 en Junie 2008 gekry.

Die daling in die verkope van nuwe voertuie in die geheel word toegeskryf aan duurder brandstof, hoër rentekoerse, huishoudelike skuld en die dalende verbruikersvertroue.

Volgens me. Jaandré Fourie, ’n ontleder by Metropolitan-batebestuur, het die hoër helfte van die LSM-groepe (lewenspeilgroepe) gewoonlik groter blootstelling aan rentekoerse as ander.

“Uitgawes waaroor verbruikers hul diskresie kan gebruik (soos die luuksheid van hul voertuie) word gewoonlik eerste gesny,” het sy gesê.

’n BMW X5 sal ’n koper sowat R600 000 uit die sak jaag, ’n Jeep Grand Cherokee sowat R500 000 en ’n Mini Cooper sowat R200 000, terwyl meer algemeen bekostigbare voertuie, soos ’n Toyota Yaris en Ford Fiesta, sowat R130 000 kan kos – afhangende van die model en bykomstighede.

Volgens Fourie was baie voertuigkategorieë sowat twee jaar gelede op rekordverkoopvlakke.

Mense het toe om verskeie redes makliker gekoop, soos dat daar voor die instelling van die Nasionale Kredietwet makliker toegang tot skuld was.

Verbruikers het tóé ook nie noodwendig voorsorg getref met die oog op verdere rentekoersstygings nie.

“Brandstof is ook iets wat deesdae in gedagte gehou word met die koop van die groter luukse motors, soos byvoorbeeld ’n Pajero,” het sy gesê.

Naamsa sê die verkoop van nuwe voertuie sal na verwagting onder druk bly vir die res van 2008 weens die uitwerking van verhoogde rentekoerse, inflasionêre druk, hoë vlakke van persoonlike skuld en ’n verlangsaming in ekonomiese aktiwiteite.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae