‘Klaers kan nou hul sterre dank ’
Suid-Afrikaners hoef nie paniekerig te wees oor die finansiële storms wat tans oor die wêreld heen woed nie.
Geslagsrolle van swart diamante verskuif
SA se swart middelklas het die afgelope jaar met 15% gegroei en bestaan nou uit 3 miljoen mense.
Untitled Document
Rand/$: 9.2300 Rand/£: 15.7600 Rand/€: 12.5200 Goud $/ons: 859.05 Platinum $/ons: 978.50 Platts Brent Olie: 78.59
JSE VANDAG: All Share: 20595.23 Top 40: 18641.17 FNDI 30: 19394.93 Gold Mining: 1898.59 Resource 20: 36874.58 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: PURPLE 29+45.00% · WESCOB 297+41.43% · CAPEMP 70+18.64% · AQUARIUS 3315+18.39% · DRDGOLD 470+17.50% · VERLOORDERS VANDAG: PLACECOL 20-31.03% · AWETHU 8-27.27% · SANTOVA 4-20.00% · IMUNITI 4-20.00% · ABSOLUTE 4-20.00% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
EU leaders agree on battle plan
World powers stress joint action
Nafcoc, BMF say Absa told lies
Beeld
Luke se einde?
Jong vrou sterf toe boot op Vaal in vriende vasjaag
Botsing ná rugby eis kommentator Möller
Volksblad
Rooibokram spring vroue-fietsryer onderstebo
Meisie (18) van Bfn sterf ná botsing teen boom
Bekende omroeper sterf in ongeluk
News24
Luke: It's a ruse
Tragic end to Vaal outing
'It's power grabbing'
Gister se gewildste Artikels
Markte val in paniek
SA op Brittanje se lys van top-beleggingslande
Kliphuis in Pretoria is beste in land
Vodafone soek nóg mag in selfoonryk
JSE leef swaar
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
JSE verloor vanjaar se styging
05/07/2008 01:30  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Nellie Brand

Die aandelemark het Vrydag sy afwaartse tog sedert die begin van die week voortgesit en op die laagste punt in amper vyf maande gesluit.

Die JSE se indeks van alle aandele het gister op 28 172,28 punte gesluit, 7% laer as in die begin van die week.

Die indeks van alle aandele is amper 11% laer as ’n maand gelede en meer as 15% laer as die jaarhoogtepunt van 33 232,89 punte op 22 Mei. Sedert die begin van die jaar het die indeks met amper 4% gedaal.

Hulpbronaandele het die afgelope week ’n negatiewe invloed op die JSE gehad.

Die mynbou-indeks het gister met 1,5% gesak en was 10% laer as die begin van die week.

Dié aandele het gesamentlik die grootste gewig op die JSE en dra R2 230 miljard, of meer as 52%, van die mark se totale markwaarde van R4 720 miljard by.

Mnr. Tony Gibson, ’n uitvoerende direkteur van Coronationfondsbestuurders, meen die groot steunpilare van die aandelemark, naamlik die energie- en hulpbronsektor, begin nou sterker teenwinde ervaar.

Mnr. Francois Venter, ’n aandelehandelaar van Investec-batebestuur, sê die olieprys het die afgelope week daagliks gestyg en die verwagte invloed op die insetkoste van myne het dié aandeelpryse laat daal.

Volgens Venter volg die JSE hoofsaaklik buitelandse markte en die vakansiedag in die VSA gister het wisselvalligheid uitgeskakel.

Europese aandele het gister ook laer geneig in gedempte verhandeling, en veral bank- en hulpbronaandele het gedaal, volgens Marketwatch.com van die Wall Street Journal.

Mnr. Grant Rossiter, ’n markkommentator van Barnard Jacobs Mellet, het gesê die afgelope maande se wisselvalligheid en die verskil tussen die vertoning van hulpbronaandele en aandele in die verbruikersektor is tot laat in die week voortgesit.

Volgens hom was daar “enorme volumes verhandelings”, vermoedelik hoofsaaklik deur institusionele beleggers. Dit het regdeur die mark plaasgevind en het aandele sterk afgetrek.

Venter en Rossiter het gesê die versterking van die rand gister hou moontlik ook verband met die gesprekke tussen MTN en Reliance Communications en die verwagte kapitaalinvloei wat dit tot gevolg gaan hê.

Volgens Rossiter doen ’n gerug die ronde dat Amerikaanse beleggers onder druk is om aandele in Impala Platinum te verkoop oor dié maatskappy se betrokkenheid in Zimbabwe. Impala Platinum-aandele het gister in waarde die meeste verhandel en 3,7% laer gesluit.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae