Legents ’n egte metroman plek
Daar is niks vroulik aan Legents Grooming Lounge nie - dit is nou benewens die vroue wat hier as stiliste hul deel bydra. Dit 'n salon eksklusief vir mans.
Wag totdat die mark omswaai
Ondanks enorme finansië ondersteuningspakkette en rentekoersverlagings het paniek steeds hoogty gevier in aandelemarkte. Dan is kontant koning.
Untitled Document
Rand/$: 9.4200 Rand/£: 15.9300 Rand/€: 12.5200 Goud $/ons: 847.40 Platinum $/ons: 987.50 Platts Brent Olie: 78.59
JSE VANDAG: All Share: 20595.23 Top 40: 18641.17 FNDI 30: 19394.93 Gold Mining: 1898.59 Resource 20: 36874.58 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: PURPLE 29+45.00% · WESCOB 297+41.43% · CAPEMP 70+18.64% · AQUARIUS 3315+18.39% · DRDGOLD 470+17.50% · VERLOORDERS VANDAG: PLACECOL 20-31.03% · AWETHU 8-27.27% · SANTOVA 4-20.00% · IMUNITI 4-20.00% · ABSOLUTE 4-20.00% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Worst week ever on Wall St
JSE 'bottoming out'
SA at risk, warns IMF
Beeld
Klofie-foto's was 'banaal'
Rowers skiet ma van twee dood ná biduur
Skurke jaag met motor uit handelaar
Volksblad
Cheetaahs!
Carike in botsing in Karoo
Porno op foon skok vrou
News24
NKorea delisting 'regrettable'
Family killed in New York blaze
I did nothing wrong, says Palin
Gister se gewildste Artikels
Markte val in paniek
SA op Brittanje se lys van top-beleggingslande
Kliphuis in Pretoria is beste in land
Vodafone soek nóg mag in selfoonryk
JSE leef swaar
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Suid-Afrika skuif af op Forbes-lys
05/07/2008 01:30  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Joanita Cillié

Suid-Afrika het vanjaar effens teruggesak wat sake doen betref, volgens die Amerikaanse mediagroep Forbes.

Die land, wat verlede jaar 32ste was in die Forbes-peiling oor die beste lande om in sake te doen, is vanjaar 39ste.

Altesame 121 lande is op grond van politieke en ekonomiese oorwegings, beskerming van beleggings en korrupsie beoordeel.

Denemarke is nommer een op die lys.

Met sy lae inflasie, lae werkloosheidsyfer, entrepreneurskap en tegnologiese skranderheid het Denemarke, wat verlede jaar vierde was, Ierland en Finland, onderskeidelik tweede en derde, op die neus laat kyk.

Die Deense ekonomie het volgens die verslag die afgelope paar jaar baie uitgebrei. Ekonomiese groei het reeds in 2004 momentum begin opbou.

“As gevolg van ’n groot bruto binnelandse produk per capita, welsyn-voordele, ’n lae Gini-indeks (wat ongelykheid meet) en politieke stabiliteit, is die Deense lewenstandaard van die hoogste ter wêreld,” lui die verslag.

Eskom word in die verslag genoem as een van die faktore wat groei in Suid-Afrika belemmer.

Suid-Afrika is ook drie plekke laer op die wêreldranglys van ekonomiese mededinging, wat in Junie bekend gemaak is. In dié verslag van die instituut vir bestuursontwikkeling (IMD) in Lausanne, Switserland, is Suid-Afrika 53ste uit 55 van die wêreld se sterkste ekonomieë.

Suid-Afrika word deur Forbes beskryf as ’n “ontluikende mark met ’n groot voorraad natuurlike hulpbronne, ’n goed ontwikkelde finansiële, regs-, kommunikasie-, energie- en vervoersektor, die 17de grootste aandelemark ter wêreld en moderne infrastruktuur wat die doeltreffende verspreiding van goedere na groot stedelike sentrums deur die streek ondersteun”.

Hoewel die ekonomie sedert 2004 goed gegroei het, word dit ingeperk deur werkloosheid en probleme met infrastruktuur, soos die elektrisiteitskrisis.

“Ekonomiese probleme wat die land sedert die apartheidsera knel, is steeds teenwoordig, soos armoede, ’n agterstand met die ekonomiese bemagtiging van voorheen benadeelde groepe en ’n tekort aan openbare vervoer,” lui die verslag.

Zimbabwe het die tweede laaste plek op die lys losgeslaan. Met ’n werkloosheidskoers van 80%, kon hy net-net beter vaar as Tsjad. “Die regering van Zimbabwe moet ’n wye verskeidenheid moeilike ekonomiese probleme die hoof bied, terwyl hy ook sukkel met ’n onvolhoubare fiskale tekort, ’n te hoë amptelike wisselkoers, hiperinflasie en leë winkelrakke,” lui die verslag.

Die VSA het met drie plekke teruggesak tot nommer vier en Brittanje is vyf plekke hoër op nommer vyf.

Lande wat die grootste spronge gemaak het, is Ierland, wat 19 plekke hoër is op nommer twee, Estland, wat 24 plekke hoër is op nommer tien en Saoedi-Arabië wat met 37 plekke geklim het tot nommer 47.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae