Ál meer in SA sien wins in glasbank
Om Suid-Afrikaners die gewoonte van herwinning te leer, is waarskynlik een van die grootste uitdagings waarvoor 'n organisasie of individu te staan kan kom.
Kyk fyn voor jy stuiwer-aandele koop
Klein beleggers hou daarvan om soms na sogenaamde stuiwer-aandele op die AltX te loer. Daar is niks mee verkeerd nie, maar wees baie versigtig.
Untitled Document
Rand/$: 7.6900 Rand/£: 14.0000 Rand/€: 11.2900 Gold $/oz: 829.80 Platinum $/oz: 1476.50 Platts Brent Oil: 114.41
JSE VANDAG: All Share: 27702.06 Top 40: 25556.75 FNDI 30: 23436.88 Gold Mining: 1794.31 Resource 20: 57412.23 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
JSE: Foreigners to stay sellers
Competition, lower prices coming
Petrol price slashed
Beeld
Polisie skiet slagoffers
Waterkloof-3 beskryf hoe hulle aanrand
Huisrooftog: Vrou (53) sterf, man gewond
Volksblad
Dis maak of breek
Aanvaar Block, sê verloorder
Skool tree streng op
News24
Coach warns Proteas
Tourists stranded in Phuket
Couple shot, daughter raped
Gewildste Artikels
Dié see is nog SA s’n
OMC-pantservoertuie verstom buitelandse klante steeds
Olieprys en rand kry hoogtevrees
Eikebome vs. rustende boer: 2 - 0
‘Diversifiseer na oorsese eiendom’
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
17/07/2008 00:04  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Joanita Cillié

WesBank neem nou gemiddeld 1 806 voertuie per maand terug, heelwat meer as die sowat 1 000 per maand in die vorige kwartaal, maar nog nie soveel as in 1998 met die vorige sterk ekonomiese afswaai nie.

Mnr. Chris de Kok, hoof van bemarking en verkope van WesBank, het tydens die bekendstelling van dié bank se sakevertroue-indeks oor die voertuig- bedryf gesê dis veilig om te sê die totale terugnames landwyd is sowat 5 500 tot 6 000 per maand. Boonop raak dit die hele mark, van luukse voertuie tot intreevlak-modelle, en verbruikers van alle inkomstegroepe.

WesBank verteenwoordig sowat 35% van die mark vir voertuigfinansiering.

Met die bekendstelling van die indeks vir die eerste kwartaal van die jaar, is gesê die getal voertuie wat teruggeneem word, sal nie verder toeneem nie. Daar is toe gemeen die meerderheid mense wat onder druk sou kom om hul voertuigpaaiemente te betaal, het reeds deurgeloop.

De Kok het gister gesê WesBank het egter oor die afgelope maande ’n aggressiewer benadering tot terugnames gevolg. “Ons probleem is dat ’n voertuig se waarde daal. So die verlies wat gehanteer moet word, raak net al hoe meer as kopers nie hul paaiemente betaal nie.” WesBank probeer nogtans verbruikers tegemoetkom. Mense wie se kontrak verleng kan word en mense wat reeds baie geld terugbetaal het, het die grootste kans om paaiementsgewys te oorleef.

Volgens De Kok word die mark vir gebruikte voertuie baie negatief geraak. In die verlede het mense wat nie nuwe voertuie kan bekostig nie, gebruikte voertuie gekoop. “Ons sien nie nou só ’n dramatiese skuif van die nuwe mark na die gebruikte mark nie. Dit is ’n geval van ’n ooraanbod van gebruikte voertuie en ’n onderaanvraag daarna.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae