Ál meer in SA sien wins in glasbank
Om Suid-Afrikaners die gewoonte van herwinning te leer, is waarskynlik een van die grootste uitdagings waarvoor 'n organisasie of individu te staan kan kom.
Kyk fyn voor jy stuiwer-aandele koop
Klein beleggers hou daarvan om soms na sogenaamde stuiwer-aandele op die AltX te loer. Daar is niks mee verkeerd nie, maar wees baie versigtig.
Untitled Document
Rand/$: 7.6900 Rand/£: 14.0000 Rand/€: 11.2900 Gold $/oz: 829.80 Platinum $/oz: 1476.50 Platts Brent Oil: 114.41
JSE VANDAG: All Share: 27702.06 Top 40: 25556.75 FNDI 30: 23436.88 Gold Mining: 1794.31 Resource 20: 57412.23 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
JSE: Foreigners to stay sellers
Competition, lower prices coming
Petrol price slashed
Beeld
Polisie skiet slagoffers
Waterkloof-3 beskryf hoe hulle aanrand
Huisrooftog: Vrou (53) sterf, man gewond
Volksblad
Dis maak of breek
Aanvaar Block, sê verloorder
Skool tree streng op
News24
Phosa: Poverty is colourless
Proteas' ODI freefall continues
Palin: I was just a hockey mom
Gewildste Artikels
Dié see is nog SA s’n
OMC-pantservoertuie verstom buitelandse klante steeds
Olieprys en rand kry hoogtevrees
Eikebome vs. rustende boer: 2 - 0
‘Diversifiseer na oorsese eiendom’
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Huishoudings se besparing negatief
23/07/2008 08:41  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Riana de Lange,


Suid-Afrikaanse huishoudings se spaarvlakke is op hul laagste nóg.

In die laaste twee jaar het huishoudings kwartaal op kwartaal telkens meer bestee as hul totale inkomste.

Dié negatiewe spaarverhouding vererger die knyp vir huishoudings wie se balansstate reeds onder druk is weens dalende huispryse, ’n afname in hul reële koopkrag en die groot styging in die koste van noodsaaklikhede soos petrol en skoolgeld waarop mense nié kan bespaar nie, het dr. Neal Bruton, ekonoom van Response Group Trendline, in ’n aanbieding voor die Port Elizabethse streekkamer van handel en nywerheid, gesê.

Hy meen dit is byna seker dat rentekoerse in Augustus met ’n verdere 0,5 persentasiepunt sal styg.

Die gemiddelde rentekoers sedert Januarie 1990 tot April vanjaar is 16,3%.

Wat die situasie nou anders maak, is dat ’n “nuwe” groep leners sedert 2000 tot die mark toegetree het. Hulle het vir die eerste keer huis gekoop en skuld gemaak op grond van hul eiendom se stygende waarde. Hulle is nie gewoond aan hoë rentekoerse nie, omdat hulle ’n situasie ken waar rentekoerse op ’n 25 jaar-laagtepunt was.

Volgens syfers van die Reserwebank is Suid-Afrikaners se huishoudelike skuld as ’n persentasie van besteebare inkomste 78,2%.

Bruton het gesê dié nasionale syfer sluit alle huishoudings in die land in. Die syfer kan dalk so hoog as 130% wees indien net belastingbetalende huishoudings se skuld in ag geneem word, maar só ’n syfer is nie beskikbaar nie.

Bruton het gewaarsku dat die huidige ekonomiese situasie heelwat verskil van dié in 1998 toe rentekoerse bo 25% gedraai het. Dit het verbruikers toe sowat sewe maande geneem om te herstel.

In die huidige omstandighede het mense se skuld, inflasie en rentekoerse stelselmatig gestyg, wat beteken hulle sal hulle nie nou binne ses of sewe maande daaruit kan loswikkel nie. Noemenswaardige verligting kan eers teen 2010 verwag word.

Buiten internasionale faktore wat bydra tot die ekonomiese afswaai wêreldwyd, loop Suid-Afrika ook deur onder Eskom se verskaffingsprobleme, politieke onsekerheid en die negatiewe impak van Zimbabwe.

Volgens Bruton kan dié faktore dinge moontlik vir die volgende drie jaar deurmekaarkrap.

Vergeleke met die afgelope vyf jaar, sal dit hoër risiko in die sake-omgewing beteken, ’n relatief swakker geldeenheid, relatief hoër inflasie en rentekoerse en ’n relatief laer ekonomiese groeikoers.

Bruton voorspel groei van minder as 3% vir vanjaar en volgende jaar.

Aan die positiewe kant is die swakker rand goed vir uitvoer, en die hoë goudprys tel in Suid-Afrika se guns. Suid-Afrika het ook ’n gesonde nasionale finansiële posisie met lae vlakke van internasionale skuld en ’n begrotingsurplus.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae