Lopende rekening se tekort krimp
Die tekort op die lopende rekening is effens beter daaraan toe en die president se bankrekening véél beter.
Slim sake oorbrug IT-gaping tussen oud en jonk
Die koms van die IT-era het waarskynlik die grootste generasiegaping in die geskiedenis van die mensdom veroorsaak.
Untitled Document
Rand/$: 7.9400 Rand/£: 14.0800 Rand/€: 11.3800 Gold $/oz: 796.75 Platinum $/oz: 1367.50 Platts Brent Oil: 108.35
JSE VANDAG: All Share: 25797.98 Top 40: 23583.84 FNDI 30: 23133.26 Gold Mining: 1658.78 Resource 20: 49705.43 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Local airlines 'vulnerable'
Manuel to chair IMF committee
Weaker dollar gives gold a boost
Beeld
3 sterf in jaagtog
Speelgoedgeweer kos 'kaper' sy lewe
'Jammer ek het jou geskiet'
Volksblad
Loesing met waaierband
Mangaung-raad nou oorlogsone tussen ANC-faksies, sê DA
Kalahari-Kuierfees spring jolig weg
News24
Arms deal activist found guilty
More fires break out in KZN
Cops hunt for 'leopard killer'
Gewildste Artikels
Eskom-finansman glo moeg gesukkel
Nóg ’n grond-wet duik in hek
PetroSA gaan in Venezuela snuffel vir swart goud
Net swaar voertuie kom nog die bult uit in tam voertuigmark
Parkeer en betáál is die wet van . . . Kaapstad
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Hoë rente kan ekonomie nog lank looi
24/07/2008 21:31  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Theunis Strydom

Junie se rentekoersverhoging sal ekonomiese groei tot diep in volgende jaar looi.

Só sê die Universiteit van Stellenbosch se Buro van Ekonomiese Ondersoek (BEO), wat sy groeivooruitsigte vir 2009 van 3,8% tot 3% verlaag het.

Dan is die markstemming boonop die laagste in jare volgens TNS Research Surveys.

Die BEO het sy groeivooruitskattings vir 2008 én 2009 afwaarts aangepas. Vir vanjaar word groei van 3,2% verwag, teenoor die 3,4% wat in April in die vooruitsig gestel is.

“Die grootste aanpassing is egter in die vooruitsigte vir 2009,” het mnr. Hugo Pienaar, ekonoom by die BEO, gesê. Terwyl in April nog voorsien is dat die groeikoers teen volgende jaar kan begin herstel, is die sloerende uitwerking van die jongste rentekoersverhogings toe nog nie in berekening gebring nie.

“Die uitwerking daarvan is dat privateverbruiksbesteding en vaste investering volgende jaar selfs swakker as vanjaar kan wees.”

Vroeër is nie verwag dat die Reserwebank in Junie steeds die repokoers sou lig nie.

“Die ekonomie is taamlik pap en die Reserwebank weet dit. Ons voorsien egter nie nog ’n verhoging nie,” het Pienaar gesê.

Gewone landsburgers voel reeds die pyn en hul verwagtinge raak ál negatiewer.

TNS se markstemmingindeks (MSI) het die afgelope kwartaal die verste geval sedert sy ontstaan in 2002.

“Dit is baie ernstig,” het mnr. Neil Higgs, TNS se hoof van innovasie en ontwikkeling, gesê. “Al die vooruitgang van die afgelope vyf jaar is prakties gesproke uitgewis,” het Higgs oor die swakker stemming gesê.

Dié indeks bestaan uit twee komponente: die huidige stemming en die vooruitsigte vir die ses maande wat voorlê.

Gewoonlik is die huidige stemming meer optimisties, en die vooruitsigte swakker, “maar dié keer het die huidige stemming só ver getuimel (met 41 punte) dat ’n mens kan sê die vrese (wat verbruikers oor die toekoms gehad het) is bewaarheid,” meen Higgs.

Kommer oor inflasie is ook die hoogste sedert in 2002 met die indeks begin is.

Prinsloo meen die nuwe gewigte wat Statistieke Suid-Afrika aan die produkte in die verteenwoordigende mandjie gaan toeken, kan die inflasievooruitsigte verbeter. Volgens ’n verklaring deur die BEO kan die nuwe gewigte sorg dat die styging van die verbruikersprysindeks voor einde volgende jaar weer onder 6% – en dus binne die Reserwebank se teiken – sal wees.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae