Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Zim, SA to meet on cholera crisis
Eskom shuts down Koeberg unit
Woman stabs boyfriend
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Net swaar voertuie kom nog die bult uit in tam voertuigmark
03/09/2008 01:44  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Joanita Cillié

Die bloed loop in die strate van nuwevoertuig-verkope nadat dit in Augustus sowat ’n derde laer was as in dieselfde maand ’n jaar gelede.

Ontleders en bedryfslui is dit eens dat vlootoperateurs nou wag en sien wat met die rentekoers en ekonomie gaan gebeur voordat hulle nuwe voertuie begin aanskaf.

Verkope van nuwe passasiersvoertuie het met 12 408 eenhede, oftewel amper ’n derde, tot 40 395 eenhede getuimel.

Die Nasionale Voertuigvereniging (Naamsa) het gister dié skoksyfers bekend gemaak.

Dié slegte vertoning volg op ’n hele paar maande waar die verkope van voertuie agteruitgeboer het.

Volgens mnr. Dennis Dykes, hoofekonoom van Nedbank, toon die voortslepende afname in voertuigverkope dat hoër rentekoerse die gewenste uitwerking het om verbruiksbesteding aan duur items te verminder.

“Dit, tesame met swak kleinhandelsyfers, stadiger kredietgroei en ander bewyse van swakker (verbruiks-) aktiwiteit, behoort die monetêrebeleidskomitee te oortuig om rentekoerse vir die res van die jaar konstant te hou,” het hy gesê.

Maand-tot-maand-verkope vertoon nie watwonders nie met Augustus se verkope van passasiersvoertuie wat 3,4% laer is as verkope in Julie. Die verkope in die eerste agt maande van die jaar was ook 22% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die verkope van ligte, medium- en swaar voertuie, wat voorheen die enigste ligpunt in die nuwevoertuig-donkerte was, volg nou in passasiersvoertuie se spore.

Swaar voertuie is die enigste groep wat ’n positiewe verkoopsgroei getoon het. Die groep se verkope het met 4% gegroei.

Totale nuwevoertuig-verkope van maatskappye wat aan Naamsa verslag doen, is 30,3% laer as in Augustus 2007.

Dié verkope moet volgens Naamsa egter in perspektief gesien word aangesien Augustus 2007 met die hoogste maandelikse verkope van die jaar gespog het.

Talle motorverhuringsmaatskappye hernieu hul vlote in Julie en Augustus en daarom is dit tradisioneel ’n maand met hoër verkope.

Die feit dat handelsvoertuie ook nou deurloop, is volgens mnr. Tony Twine, ekonoom by Econometrix, ’n teken dat dit nie meer net die verbruiker is wat die druk van 27 maande se hoër rentekoerse voel nie. Suid-Afrika se ondernemings voel dit ook en groot infrastruktuurontwikkeling bied nie meer die beskerming van vroeër nie.

“Die daling van meer as 30% in algehele voertuigverkope in Augustus dui daarop dat ’n toenemende aantal private sowel as vlootkopers die besluit uitstel om hul huidige voertuie te vervang,” het mnr. Brand Pretorius, voorsitter van McCarthy Motor Holdings, gesê.

“Ons glo dat hul planne om te koop in die wiele gery word deur die voortgesette tekort aan sake- en verbruikersvertroue in Suid-Afrika.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae