Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4100 Rand/£: 15.4600 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Cop: Yengeni cover-up ordered
Bok and Brit forward battle
Nel's sentencing welcomed
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Swakker rand gooi petrol op inflasievuur
06/10/2008 01:36  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Theunis Strydom

Die rand se swakheid die afgelope week het opnuut inflasievrese aangewakker.

Die moneterebeleidskomitee (MBK) van die Reserwebank maak Donderdag sy rentekoersbesluit bekend en al verwag die meeste ekonome dat die repokoers vir eers vas gaan staan op 12%, kan die jongste data die prentjie effens bederf.

Mnr. Tito Mboweni, president van die Reserwebank, het met die bekendmaking van die vorige rentekoersbesluit gesê die verwagting is dat inflasie in die komende maande ’n hoogtepunt sal bereik en nader na die einde van die jaar kan begin afplat.

Die verbruiker- en produksie-inflasiesyfers vir Augustus was steeds effens hoër as die verwagting en die volgende maande se statistieke is nodig om te bepaal of inflasie wel aan die afplat is.

Ná ’n week op die wêreldmarkte wat deur baie ontleders as die ergste sedert die begin van die Groot Depressie beskryf word, is die rand veel swakker. Die geldeenheid het Vrydag sy swakste vlak in meer as vyf en ’n half jaar teenoor die dollar bereik. In ’n stadium het die rand op R8,58 teenoor die dollar verhandel.

Volgens mnr. Johan Pyper, ekonoom van Plexus Batebestuur, hou die swakker rand vir Suid-Afrika ’n groot inflasiegevaar in. “Dit strek wyer as net brandstofpryse omdat die land so baie goedere invoer,” het hy gesê. Suid-Afrika se groot tekort op die lopende rekening is ’n bewys daarvan dat die land baie meer verbruik as wat hier geproduseer word.

Die meeste ekonome verwag dat die Reserwebank die rentekoers teen April volgende jaar sal begin verlaag, maar Mboweni het al gesê die MBK wil eers sien dat inflasie wel ’n tyd lank op ’n laer vlak bly.

Die gevaar wat hoër inflasie inhou, is dus nie ’n rentekoersverhoging vandeesweek nie, maar eerder dat die langverwagte verlaging dalk eers later volgende jaar sal wees.

Laer brandstofpryse kan egter in die komende maande inflasievooruitsigte verbeter. Me. Kay Walsh, ekonoom van Rand-Aksepbank, het in ’n verslag gesê as die olieprys verder daal en volhoubaar op $85 bly, kan verbruikersinflasie al teen middel volgende jaar binne die Reserwebank se teiken van tussen 3% en 6% wees.

Die olieprys het die afgelope dae gedaal en Brent-ruolie verhandel in die omgewing van $90 per vat.

Die bekendmaking van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid se sakevertroue-indeks môre sal ook meer lig werp op die land se vooruitsigte die komende maande.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae