Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Annan, Carter refused entry into Zimbabwe
IEC considers expat vote request
Private school for Malia, Sasha
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Tito doen die regte ding
09/10/2008 23:22  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Theunis Strydom

Suid-Afrika volg nie die rentekoersverlagingsgier wat die afgelope dae heers nie. Veral die swakker rand en die gepaardgaande inflasierisiko dra hiertoe by.

Australië het vroeër vandeesweek skielik aangekondig dat hy die rentekoers met een persentasiepunt verlaag, al is inflasie dáár ver bo die teiken.

Die Bank van Engeland het eergister die koers in Brittanje ook met 0,5 persentasiepunt laat daal. Agt sentrale banke het tot dusver koerse verlaag.

Dié lande vrees ’n resessie en het vir hul verbruikers en sakelui sake vergemaklik deur die koste van skuld te verminder.

“Die monetêrebeleidskomitee (MBK) het nie ’n koersverlaging oorweeg nie,” het mnr. Tito Mboweni, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, gister in reaksie op ’n vraag gesê.

Die MBK het gister aangekondig dat die repokoers op 12% sal bly te midde van die heersende krisis in die wêreld se vernaamste ekonomieë.

Dit beteken die prima uitleenkoers sal ook vir eers bly staan op 15,5%.

Ekonome het die besluit verwelkom.

Met die risiko van stygende inflasie, is dit die regte besluit, het me. Jaanre Fourie, ekonoom van Metropolitan Batebestuurders, gesê.

Die waarde van die rand het die afgelope handelsdae skerp gedaal namate geld aan ontluikende markte onttrek is weens die likiditeitskrisis in die VSA en Europa. Woensdag het die rand tot R9,44 teenoor die dollar geval, sy laagste vlak sedert laat Oktober 2002. Die geldeenheid het gistermiddag laat weer tot R9,08 verstewig.

’n Rentekoersverlaging kon bygedra het tot die rand se agteruitgang omdat dit die opbrengs op beleggings in Suid-Afrika relatief swakker as elders sou maak.

Die swakker rand hou ’n groot inflasiegevaar vir die land in, het Mboweni gesê.

Dié mening is ook die afgelope week deur verskeie ekonome uitgespreek.

Volgens Mboweni bly inflasievooruitsigte onseker omdat die risikofaktore verander het. In dié stadium is die rand se verswakking ’n ál groter risiko.

Hy is egter optimisties oor die uitwerking wat die dalende olieprys sal hê. Waar die kontantprys vir Brent-ruolie per vat nog middel Julie op $147 was, het dit gistermiddag laat reeds tot $82,28 per vat gesak.

Die land voer benewens brandstof ook baie ander produkte in, veral ter voorbereiding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi 2010 waarvoor verskeie infrastruktuurprojekte afgehandel moet word.

In Augustus het die Reserwebank ook die koers onveranderd gehou.

In daardie stadium is beter inflasievooruitsigte – danksy die sterker rand en dalende olieprys asook die hersamestelling van die inflasiemandjie in 2008 – as die vernaamste rede vir die besluit aangevoer.

Mboweni het die vertroue uitgespreek dat Suid-Afrikaanse banke stabiel is en nie aan die subprima-krisis van die VSA blootgestel is nie, berig Reuters. Hy het voorts gesê nog geen Suid-Afrikaanse bank het die Reserwebank om hulp genader nie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae