Gedúld nodig vir groenkrediete
Elke Jan Groen en sy maat wil deesdae op die groenwa spring en geld maak uit klimaatsverandering.
Groot welvaart opgesluit in ontasbare bates
Selfs die kleinste onderneming het ontasbare bates. Ontasbare bates is veel meer as net patente.
Untitled Document
Rand/$: 10.4500 Rand/£: 15.5900 Rand/€: 13.1300 Goud $/ons: 799.25 Platinum $/ons: 811.50 Platts Brent Olie: 46.51
JSE VANDAG: All Share: 18066.38 Top 40: 16172.17 FNDI 30: 18101.66 Gold Mining: 1604.63 Resource 20: 29326.95 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: BEGET 3+50.00% · MILKWORX 3+50.00% · FONEWORX 80+33.33% · PAN-AF 50+25.00% · ANGGOLD 18475+19.20% · VERLOORDERS VANDAG: WOOLTRU 10-28.57% · IMUNITI 3-25.00% · ABSOLUTE 3-25.00% · RACEC 70-20.45% · JASCO 150-17.58% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
    Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
  Groensake
  Effektetrusts
  Dokumente
  Blogs
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Annan, Carter refused entry into Zimbabwe
IEC considers expat vote request
Private school for Malia, Sasha
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Ekonomie : EKONOMIE : STORIE
 
Verbruikers se slegte skuld gaan hul ál meer oorweldig
15/10/2008 23:24  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Joanita Cillié

Slegte skuld kan oor die volgende 12 tot 18 maande ál meer sy lelike kop uitsteek.

Dit is omdat mense hul hoë leefstyl naarstig probeer handhaaf, of as die skuld wat hulle die afgelope vier jaar gemaak het, hulle begin oorweldig, sê mnr. Kevin Lings, ekonoom van Stanlib.

Lings het gister kommentaar gelewer op Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) se kleinhandelverkoopsyfers vir Augustus.

Kleinhandelverkope het in Augustus met 5,5% gedaal vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Dít volg op ’n 4,6%-daling in Julie.

Die kleinhandelverkope in die eerste ses maande van 2008 is op ’n jaargrondslag 1,7% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, terwyl dieselfde tydperk in 2007 ’n groei van 7,8% opgelewer het.

Lings sê laer verkope volg op kleiner besteebare inkomste – die spoed waarteen salarisse verhoog word (tussen 8% en 10%) is heelwat laer as inflasie (13,6%).

Hy meen dit is algemeen dat sodra verbruikers ’n aantal maande onder finansiële druk verkeer, hulle hul oortrokke geriewe gebruik. Banke en ander instellings berei hul reeds hierop voor voor deur leningsgeriewe te vergroot, sê hy.

“Dis ’n tipiese verskynsel van dié deel van die siklus. Ons sal slegte skuld nog teen die einde van volgende jaar sien, maar dit sal nie sommer kommerwekkende vlakke bereik nie.”

Lings sê Suid-Afrikaanse verbruikers het die huidige afswaai met redelike lae vlakke van slegte skuld betree. Dít sal die impak daarvan verminder. Daarbenewens is dit onwaarskynlik dat dié afswaai omvangryke afleggings sal meebring.

“Maatskappye sal weens vaardigheidstekorte nie vinnig aan hul werkmag sny nie. Met die belofte van ’n verbetering danksy 2010 op die horison, sal hulle eerder dié vaardighede wil behou en probeer vasbyt,” sê Lings.

Mnr. Fanie Joubert, ’n ekonoom by die Efficient Group, stem saam dat hoewel verkope oor die volgende jaar steeds sleg gaan vaar, “die vloer nie sal inval nie”.

Joubert verwag ’n inkrimping van tussen 6% tot 8% in die volgende paar kwartale. Hy sê al sal verkope teen 2010 beter lyk, is dit onwaarskynlik dat die stygings hoër as enkelsyfer-persentasies sal wees. Dis volgens hom kommerwekkend dat implisiete kleinhandelinflasie van 10% op jaargrondslag in Januarie tot bo 17% in Augustus toegeneem het.

Luukse produkte is volgens hom die eerste plek waar verbruikers begin besnoei, terwyl selde op farmaseutiese en mediese produkte, skoonheidsprodukte en toiletware bespaar word.

Verbruikers koop volgens Lings om twee redes minder. Hulle is eerstens bewus van die finansiële probleme wêreldwyd en voel nie gemaklik om groot items soos ’n motor of ’n huis te koop nie. Daarby speel banke se groter versigtigheid ook ’n rol.

Selfs die Kerstyd sal nie die situasie verbeter nie. Nedbank sê in ’n verslag verkope sal in dié tyd toeneem, maar die impak daarvan sal maar klein wees omdat klante versigtig sal bly.

Waar sal verligting vandaan kom?

- Opeenvolgende verlagings in rentekoerse.

- ’n Omgewing waar die gemiddelde salaris vinniger as inflasie toeneem.

- Stats SA gebruik in dié maandelikse opname van die kleinhandelbedryf ’n monster uit alle kleinhandelondernemings in die 2008 Business Sampling Frame (BSF). Alle ondernemings wat vir BTW geregistreer is, val hieronder.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

VERSEKERING


Spaar by OUTsurance. Kliek hier vir huisinhoud, besigheids- en motorversekering.

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae