Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : ENTREPRENEURSAKE : STORIE
 
Kragnood is DFR Engineers se brood
28/02/2008 00:39  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Antoinette Slabbert

Die een se nood is die ander se brood en ’n boer wat ’n kragplan kan maak, se brood sal alkant gebotter word.

Mnr. Deon Roodt, elektriese ingenieur van Pretoria, is só ’n man met slim kragplanne vir ondernemings wat noodkrag soek en krag wil bespaar.

Sy onderneming, DFR Engineers, het die afgelope 18 maande vervyfdubbel namate sakelui oplossings begin soek het vir die land se dreigende kragkrisis.

Hy sê hy word oorval met navrae en moet sy hand diep in die sak steek om sy bekwame personeel, wat 25 elektriese ingenieurs insluit, te behou.

Een van sy kliënte, mnr. Dawid Nel van die bekende Hotel 224 in Pretoria, sê Roodt en sy span het dié hotel se elektriese stelsel sowat vier jaar gelede in oënskou geneem en met voorstelle gekom om die kragverbruik met 40% te verminder.

“Ons het onder meer die ou lugreëling vervang met nuwe tegnologie wat die kragverbruik met twee derdes verminder,” sê Roodt. Al die hotel se motors is hersien, die hysbakke en pompe is aan nuwe kragopwekkers gekoppel vir noodkrag en die beligtingstelsel is opgeknap met onder meer energiebesparende lampe.

Die strukturering van die koste is een van die belangrikste elemente van DFR se kragplanne. Die Hotel 224 se kragplan is só gestruktureer dat dit oor die afgelope vier jaar ingefaseer is. Die hotel sal die koste van die werk binne 18 maande verhaal uit die besparings op sy elektrisiteitsrekening.

Roodt is tans besig met ’n omvattende projek by Lion Match se vuurhoutjiefabriek in Rosslyn buite Pretoria, en ontledings vir Nola en Tiger Brands se aanlegte aan die Wes-Rand.

Lion Match vervaardig sowat 240 miljoen vuurhoutjies per dag en as die aanleg een uur stilstaan weens ’n kragonderbreking, is die direkte produksieverlies R33 000.

DFR het reeds ’n substasie op die perseel gebou wat die aanleg tydens ’n kragonderbreking 48 uur aan die gang kan hou.

Veertien van DFR se ingenieurs werk ook die afgelope twee jaar daaraan om die kragverbruik van een van die vier groot bankgroepe se 750 takke landwyd met 20% te verminder.

“ ’n 3 MVA-netwerk met ’n substasie en ’n geoutomatiseerde oorskakeltuig soos dié by Lion Match behels kapitaalbesteding van omtrent R8 miljoen en die belegging kan binne ’n jaar en ’n half verhaal word,” sê Roodt.

’n Kleiner onderneming, met omtrent 25 werknemers, kan hom regmaak vir ’n uitgawe van omtrent R44 000 vir noodkrag, wat kragopwekkers en ’n ononderbroke kragbron vir sy rekenaars insluit.

Kliënte kan verder die koste beperk deur gebruik te maak van verskeie subsidies wat beskikbaar is. Roodt help kliënte waar hy kan met dié proses.

Roodt sê te midde van die huidige kragkrisis koop mense dikwels kragopwekkers wat nie aan erkende standaarde voldoen nie.

Dit kos hulle duisende rande, maar gee kort voor lank die gees.’n Ingenieur sou vir hulle die regte spesifikasies kon gee om te voorkom dat mense vir hulle ’n kat in die sak koop.

DFR is al 15 jaar aan die gang en ken die bedryf goed. Om die huidige groei te bestuur, is egter ’n groot uitdaging, sê Roodt.

Die afgelope jaar het die aanvanklike drie takke, in Pretoria, Kaapstad en Gaborone in Botswana, uitgebrei na sewe en is daar nou ook takke in Queenstown, Oos-Londen, Port Elizabeth en Bloemfontein.

Om steeds van bestuurskant ’n mens se vinger op die pols te hou, wil gedoen wees, sê Roodt. “Verhaalbare uitgawes soos reis- en verblyfkoste is nou elke maand omtrent dubbel wat ons totale bedryfsuitgawes per maand ’n jaar of wat gelede was.”

Hy sê goeie finansiële bestuur is deurslaggewend.

DFR het belê in ’n uitgebreide raamwerk vir finansiële en projekbestuur en bekwame personeel om dit te bedryf.

“Ons het ’n eksterne ouditeur wat ons boeke nagaan, en interne ouditeurs wat die finansiële beplanning doen. Dan is daar ’n afdeling wat finansiële prosessering behartig terwyl projekte se tydskedules gehandhaaf word.”

Hy verduidelik dat DFR hoofsaaklik kundigheid verkoop wat gekoppel is aan tyd. Die sukses van die onderneming hang af van hoe noukeurig dié koste bereken en verhaal word.

Die groep is ook besig om ’n kragoplossing vir huishoudings in ’n verkoopbare produk te verpak.

Dié stap sal nog groei meebring, wat net so noukeurig bestuur sal moet word.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Entrepreneursake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Jou Geldsake
  Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
  Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
  Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan

Beeld
  ‘Stelsel faal my kind’
  Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
  Polisie reën nat oor geen geld

Volksblad
  Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
  Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
  Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons