Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Mboweni talks tough on Investec
Motorists set for 'reprieve'
Super Group shares tank
Beeld
Zim-onderhandelinge begin
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
OTM-rowers ontvoer wag en sy hond
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Nigeria petrol tanker fire kills 12
Zim talks under way in SA
Facebook to go web wide
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : ENTREPRENEURSAKE : STORIE
 
HDI skop sy kinderskoene uit
02/05/2008 22:00  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Joanita Cillié

“Kinders moet gesien, maar nie gehoor word nie.”

Dít is woorde wat nooit uit die mond van me. Liesl Loubser, uitvoerende hoof van HDI Youth Marketeers, sal kom nie.

HDI is ’n spesialis-onderneming wat fokus op die jeug – jong Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 8 en 23.

HDI het onlangs ’n nuwe besturende direkteur, mnr. Jason Levin, aangestel en die maatskappy is besig om ’n hele stel nuwe planne uit te rol oor die volgende paar maande.

Loubser se paadjie met die jeug het in 1994 begin toe sy as jeugkonsultant begin praktiseer het.

In 1995 het sy die volgende groot stap geneem deur haar eie onderneming, Hot Dogz, te stig. Hot Dogz het volgens haar in die eerste vyf jaar selfs té vinnig gegroei.

“Daar was geen plan toe ek Hot Dogz begin het nie. Dit was organiese groei. Ek het net iets gesien wat kan werk in die mark, niemand anders het dit gesien nie,” sê sy.

“Ek het nog nie vir ’n oomblik teruggekyk nie. Ek wens net ek het begin op 19, maar in ons samelewing is dit nie altyd moontlik nie,” sê Loubser nou, meer as ’n dekade later.

“Ek glo ook ons het ’n valse sekuriteit in ’n salaris. As jy passievol is oor iets, moet jy nie bang wees vir dít wat jy nie weet nie. Ek is ongelooflik gelukkig om in die oggend wakker te word en opnuut te besef: Ek is in beheer van my eie noodlot.

“By HDI stig ons handelsmerke en skep ons mediaplatforms. Maatskappye kan dié platforms gebruik om met kinders te praat.”

HDI was die eerste om ’n verhouding op te bou met meer as 1 000 Suid-Afrikaanse skole. Die eerste om ’n Suid-Afrikaanse jeug-toekenningsaand te stig. Die eerste om ’n nasionale handelsmerk-voorkeurstudie te begin in die vorm van die Generation Next-peiling in samewerking met die Sunday Times. En ook die eerste in Suid-Afrika en die wêreld om ’n eksperimentele program vir Cartoon Network te begin.

Haar onderneming se sterkpunt, meen sy, lê in die werknemers.

Dié individue ontvang almal opleiding om te ontwikkel tot kenners. “Die mense in jou span is wie jy is. Die swakste persoon in jou ketting stel jou voor.”

Om talent te vind, besorg gevolglik ook groot kopsere. “Die mense in ’n onderneming is die grootste bate asook uitdaging,” sê Loubser. “Ek soek mense met intellektuele vermoëns en met passie – mense wat my swakpunte aanvul. Die regte persoon is soos ’n juweel.”

Om ’n eie onderneming te begin is egter nie altyd maanskyn en rose nie. “Ek het dit besef op die dag wat kontant in die bank en kontantvloei vir my verskillende konsepte geword het,” sê sy.

In 2006 is Hot Dogz verander na HDI – die bekendstelling van die nuwe voorkoms is self met ’n Loerie beloon.

“Die groei van ’n maatskappy bring sy eie ontwikkeling. Dit is soos ’n huwelik. Tot by die sewende jaar is dit altyd pret en plesier, dan kom die harde werk,” sê sy.

“Enige onderneming sonder ’n sterk finansiële grondslag gaan sukkel. Die finansies kan jy egter leer. Ek was, ten spyte van ’n sielkundegraad, nie voorbereid vir die menslike aspek van ’n onderneming nie.”

Loubser erken dat reëls nie vir haar is nie. “Daarom wou ek vir myself werk. My werk is vir my ’n aktiwiteit, nie ’n plek nie. Ek het gou agtergekom almal is nie so nie – mense soek ’n handboek. Ek het altyd net aanvaar mense weet byvoorbeeld hoe lank hulle op die telefoon kan besig wees met persoonlike gesprekke.”

Dit was vir haar ook baie moeilik om dié reëls neer te lê. “Ek het die handleiding geskryf,” sê Loubser. “Ek weet nie of enigiemand hom lees nie, maar ek weet hy lê daar in die kas.”

’n Handleiding is egter nie genoeg nie. “Jy moet jou waardes uitleef. Jy kan nie net daaroor praat nie.”

Berou is iets waarmee talle daagliks sukkel. Hiervan het sy geen, sê Loubser, sy het net wense. Een daarvan is ’n entrepreneurskool in Suid-Afrika.

Ten spyte van ’n kompeterende omgewing, is die beskerming van intellektuele eiendom nie iets wat haar slapelose nagte besorg nie. “As jy werklik ’n entrepreneur is, is jy nie bang vir kompetisie nie.”

“Ek het die onderneming maar altyd dieselfde grootte gehou. Ander soortgelykes het gekom en gegaan. Baie mense besef nie dat om te belê in die jeug ’n langtermynbelegging is nie,” sê Loubser.

Tog het verandering aan die deur geklop en daar is oopgemaak.

Sy het lank gewonder of sy die volgende stap moet neem – HDI moet toelaat om verder te groei. Levin se aanstelling stel vir haar dié groei voor.

“Ons is nie bang vir verandering nie,” sê sy. “Ek is die mamma van die onderneming – dit is my baba. Maar nou moet ek terugstaan en kyk hoe dit verder ontwikkel.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Jou Geldsake
  Talle struikelblokke op die pad na ’n woning van jou eie
  Beskerm jou onderneming soos wat die renoster in sy gebied doen
  Versekeraar kort beter stelsels, sê ombudsman



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons