Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : ENTREPRENEURSAKE : STORIE
 
Die franchises benader sake anders
10/05/2008 07:55  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

André Janse van Vuuren

Oos wes, tuis bes. Voordat mnr. Tleli Makhetha onlangs besluit het om sy eie potjie te krap, het hy in uitvoerende poste by eers Eskom en toe die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gedien.

Ná ’n volle porsie se korporatiewe politiek het Makhetha sy sake-opsies opgeweeg en besluit hy sal sy uitgebreide bestuur- en sakekennis inspan om ander ondernemings by te staan wat groter hoogtes wil bereik.

Om dit te kan doen, het hy ’n franchisenemer geword van Action?coach, ’n internasionale sake- “breier”-groep wat reeds in meer as 22 lande sake doen.

“Ons is nie soseer die mense wat jou gaan help wanneer jou onderneming op die rand van ’n afgrond staan nie,” sê Makhetha.

“Maar ons sal jou help om jou onderneming stap-vir-stap tot ’n volgende vlak te neem.”

Ingevolge sy franchise-ooreenkoms is Makhetha nie beperk tot ’n spesifieke handels?gebied nie, hoewel hy verkies om sake te werf in die omgewing in die noorde van Johannesburg waar hy woon; sy huis is sy kantoor waarvandaan hy sy kliënte by hul ondernemings gaan sien.

Mnr. Pieter Scholtz, een van die meester-franchisehouers vir Suid-Afrika, sê dié bedryf is een van dié wat wêreldwyd die vinnigste groei.

“Die sake-afrigtingsbedryf is nog in sy vroeë fase, maar binnekort sal die idee van ’n afrigter eerder die norm as die uitsondering wees,” sê hy.

Die profiel van ’n Action?coach-franchisenemer is ’n persoon wat goeie bestuurservaring het, passievol daaroor is om ’n eie onderneming te besit, ’n “invloedryke” persoonlikheid het en bereid is om as ’n franchisenemer betrokke te raak.

Elke nuwe franchisenemer ondergaan ’n inleidingskursus van vier weke in Suid-Afrika, waarna hulle ’n tweede kursus by die groep se hoofkantoor in Las Vegas, in die Amerikaanse deelstaat Nevada, moet bywoon.

Die franchisenemer is dan gereed om met sake te begin, maar moet terselfdertyd drie maande lank steeds aan ’n opleidingsakademie deelneem.

“Elke Actioncoach-franchise?nemer het sy eie Actioncoach-breier wat hom deurgaans raad gee,” sê Scholtz. “Die advies wat uitgedeel word is presies dieselfde strategie waarmee ons ons eie ondernemings groei.”

Die koste van ’n Action?coach-franchise is R360 000, wat BTW uitsluit.

Mobiel

Mnr. Sid Beckton staan aan die stuur van Pureglaze. Hierdie sake-konsep bied lisensiehouers (volgens Beckton verkoop hy nie ’n franchise-sake-model nie, maar net die toerusting en handelsmerk om ’n onderneming te bedryf) die tegnologie om man-alleen die vensters van huis en kantore, tot vyf verdiepings hoog, te was.

Die tegnologie bestaan uit ’n pomp wat water hersirkuleer en borsels met ’n lang reikafstand. Die operateur staan op die grond terwyl hy vensters was.

Die waterpomp kan agterop ’n bakkie, of binne ’n paneelwa gemonteer word.

“Ons pryse is definitief ons mededingende voordeel,” sê Beckton. “As gevolg van die tegnologie wat ons gebruik, was ons vensters 70% vinniger as in die geval van hande-arbeid.

“Uit die terugvoer wat ons kry, is mense ook tevrede dat ons vinnig in en uit hul persele beweeg.”

’n Pureglaze-lisensie kos tussen R65 000 en R150 000, afhangende van die grootte van die ekslusiewe handelsarea. Dié prys sluit die toerusting in.

’n Skeepsvraghouer in die townships

Mnre. Musa Mapongwane, Amos Mtsolongo en Sifiso Ntamane het in September 2006 ’n rekenaarspeletjie-winkel binne ’n skeepsvraghouer in Pimville, Soweto, oopgemaak.

Hier kon klante hul gunsteling- Sony Playstation-speletjies kom speel, internet-soektogte doen, rekenaars koop en herstel en krapmerke van hul CD’s en DVD’s verwyder.

Nou, ná meer as 20 maande, besit die drie vennote nóg twee takke, met ’n bykomende vyf franchisenemers wat ook sake doen.

“Ons grootste geldmakers is die speletjies en CD’s wat ons skoonmaak,” sê Ntamane.

’n Franchise kos R130 000. Dit sluit die vraghouer, dekor, ses Playstation-konsoles, twee rekenaars en die CD-skoonmaker in.

’n Vasgestelde tantième van R2 000 word elke maand gehef.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Jou Geldsake
  Talle struikelblokke op die pad na ’n woning van jou eie
  Beskerm jou onderneming soos wat die renoster in sy gebied doen
  Versekeraar kort beter stelsels, sê ombudsman



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons