Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : ENTREPRENEURSAKE : STORIE
 
Praktiese groeiplan ’n belangrike faktor vir goeie uittrede-strategie
26/06/2008 08:45  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die waarde van ’n onderneming word deur ’n groot aantal faktore beïnvloed.

Dit sluit onder meer in die vaardighede van sy bestuur, langtermyn-inkomstestrome, unieke produkte en tegnologie, en produkverskeidenheid. As ’n sake?eienaar ’n uittrede-gereedheidstrategie het, kan hy betyds en stelselmatig aandag aan hierdie faktore skenk om sodoende sy onderneming se waarde te verhoog.

Een van die belangrikste faktore wat aandag in ’n behoorlike uittrede-gereedheidstrategie behoort te geniet, is ’n praktiese groeiplan vir die onderneming. Hoewel groei op verskillende maniere gemeet kan word, is groei in winste waarskynlik die belangrikste maatstaf omdat winsgebaseerde waardasiemetodes die algemeenste gebruik word om ’n onderneming te waardeer.

Op sy eenvoudigste gestel, kan die winste van ’n onderneming slegs groei as een van die volgende plaasvind:

) Die uitgawes neem af terwyl die inkomste dieselfde bly of met minder afneem as die uitgawes.

) Die inkomste neem toe terwyl die uitgawes dieselfde bly of toeneem met minder as die inkomste.

) Die inkomste neem toe terwyl die uitgawes afneem. Dié moontlikheid is die ideale situasie mits dit nie op ’n kortsigtige wyse bereik word wat langtermynprobleme skep vir die onderneming nie.

Aan die uitgawe-kant is daar by baie ondernemings die geleentheid om met relatief min moeite aansienlike koste te bespaar.

Aspekte wat hier ter sprake kom, sluit in die koste van verkope deur bestaande aankope en verskaffers te ontleed, telefoon- en ander kommunikasie-uitgawes, voertuigkoste, versekering- en finansieringskoste, voorraad-verliese en personeel-uitgawes.

Op sy beurt kan die inkomste van ’n onderneming op een of meer van die volgende vyf wyses (die inkomste-drywers) verhoog word: die aantal verkoopsleidrade, die koers waarteen die onderneming daarin slaag om die leidrade te omskep in nuwe kliënte, die aantal aktiewe bestaande kliënte, die gemiddelde waarde per transaksie en die getal transaksies per kliënt.

’n Relatief klein verbetering in elkeen van die inkomste-drywers kan lei tot ’n aansienlike toename in ondernemingsinkomste (en derhalwe sy waarde). ’n Onderneming ontvang byvoorbeeld 2 000 verkoopsleidrade per jaar en omskep 60% in nuwe kliënte.

Die onderneming het 1 000 aktiewe bestaande kliënte. Nuwe en bestaande kliënte koop gemiddeld een keer per jaar van die onderneming teen ’n gemiddelde waarde per transaksie van R5 000 (inkomste R11 miljoen). ’n Toename van slegs 10% in elkeen van die inkomste-drywers het ’n toename van 40% (R4,5 miljoen) in ondernemingsinkomste tot gevolg.

’n Praktiese groeiplan wat deel uitmaak van ’n uittrede-gereedheidstrategie gee aandag aan onder meer watter ander markte ontgin kan word; watter ander produkte aan kliënte verskaf kan word; watter bestaande marksegmente die grootste groei-potensiaal het en waar die beste winsmarges beskikbaar is, met inagneming van die teikenmark en bestaande produkte; asook of strategiese of kruisbemarking-ooreenkomste met ander verskaffers aangegaan kan word.

Die belangrike punt is egter dat winsgroei eers werklik ’n positiewe impak op die uiteindelike waarde van die onderneming het as dit duidelik is dat die groei konstant was in die verlede en volhoubaar is in die toekoms.

Al is die prestasie van die ver?lede geen waarborg vir ’n soortgelyke prestasie in die toekoms nie, gee ’n geskiedenis van konstante jaarlikse groei geloofwaardigheid aan huidige en geprojekteerde inkomstesyfers, wat ’n waardasie positief beïnvloed.

) Du Plooy is ’n sake-konsultant en eienaar van die webwerf http://www.exitreadiness.co.za.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Jou Geldsake
  SA sal stellig resessie vermy
  Dae van hoë aanvangkommissie is getel
  Bierkoning het tog nie heeltemal kop verloor



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons