Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Worst week ever on Wall St
JSE 'bottoming out'
SA at risk, warns IMF
Beeld
Klofie-foto's was 'banaal'
Rowers skiet ma van twee dood ná biduur
Skurke jaag met motor uit handelaar
Volksblad
Cheetaahs!
Carike in botsing in Karoo
Porno op foon skok vrou
News24
ANCYL branch: Malema a danger
Lekota bodyguard 'abducted'
Motlanthe 'not against probe'
Gister se gewildste Artikels
Kliphuis in Pretoria is beste in land
Tito doen die regte ding
Swakker wêreldgroei kan SA swaar tref
JSE leef swaar
Rentekoerse bly onveranderd
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : ENTREPRENEURSAKE : STORIE
 
Finaliste aangewys in die soektog na Vrou van Jaar
17/07/2008 08:44  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die drie kandidate wat in die entrepreneursafdeling om die toekenning Shoprite Checkers/SABC2 se vrou van die jaar gaan meeding, is aangekondig.

Die doel van toekenning, wat saamval met Nasionale Vrouedag, is om dié vroue te identifiseer en te vereer wat nie net sukses in hul eie veld behaal het nie, maar ook ’n werklike verskil in gemeenskappe en die samelewing in sy geheel gemaak het.

Me. Nelia Schutte is die stigter van Keedo, ’n klerereeks vir kinders. Schutte het Keedo 15 jaar gelede begin en dié handelsmerk, wat vandag in 13 lande verkoop word, se omset tot miljoene rande laat groei.

Keedo is ’n 100% Trots Suid-Afrikaanse onderneming en 85% van die meer as 200 werknemers is vroue.

Die eienaars en bestuurders van Memory Nyalazi Harvest cc, me. Simangele Cele en me. Memory Mfekayi, ding as span om die titel mee. Die twee vroue het hul maatskappy in die bosboubedryf, wat spesialiseer in die insameling en verskaffing van afvalhout, in 2001 begin.

Dié onderneming se omset het in dié tyd van R1,3 miljoen tot R3,5 miljoen gegroei en die bedrywighede is vandag ses keer groter met sowat 16 000 ton hout wat maandeliks aan die multinasionale papiermaatskappye Sappi en Mondi verskaf word. Daarbenewens is sowat 80% van die 265 werknemers vroue – in ’n hoofsaaklik manlike bedryf.

Die derde aanspraakmaker op die titel is me. Thabang Molefi, ’n gekwalifiseerde praktisyn in tradisionele genesing en skoonheidsterapeut wat ses jaar gelede haar eie gesondheidspa in Soweto oopgemaak het. Sy is die eienaar van The Roots Healthcare Centre met ’n omset van miljoene rande en ook takke in drie Suid-Afrikaanse provinsies sowel as ’n buurland. Molefi het reeds 41 poste vir vroue geskep, waaronder sommige bestuursposte.

Uitblinkers word benoem in sewe kategorieë, naamlik kuns, kultuur en kommunikasie, sake entrepreneurs, opvoeding, gesondheid, wetenskap en tegnologie, maatskaplike welsyn en sport. ’n Algehele wenner sal aangewys word by ’n gala-geleentheid wat aan die einde van die maand in Kaapstad plaasvind.

Elkeen van die sewe kategoriewenners ontvang prysgeld van R10 000 en die algehele wenner R30 000.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Jou Geldsake
  Fondsbestuurder kry oorveeg by beregter
  Onkundige beleggers uitgebuit
  Produk dek koste wat mediese fonds nie betaal



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons