Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Panic returns to global markets
Shock JSE slump wipes out gains
Road fund gets R1.3bn boost
Beeld
Matriek ry hom dood teen boom
Skiet die Springbok nou en kry klaar – Naas
Strafpunte vir motoriste in Pta ‘deurmekaarspul’
Volksblad
Matriekseun sterf tragies
Man erg beseer toe hy in duiwelsvurk val
Nog ANC-hoës bedank
News24
Naas: Shoot the Springbok
Zuma not too worried
Panic returns to global markets
Gister se gewildste Artikels
Tam eiendomsmark laat helfte van agente opgee
Markte blom ná geld reën
Geld in verband nie meer net vir vat nie
Rand kry opstopper
Kredietkrisis knyp Ysland blou
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : ENTREPRENEURSAKE : STORIE
 
Twee van Zim volg in Buffett-spore
18/07/2008 23:18  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

André Janse van Vuuren

Zimbabwe-dollars kán ’n mens nog ver bring.

Só sal die gebore Zimbabwiër mnr. Gary Shayne jou kan vertel nadat hy die opbrengs uit die verkoop van sy Zimbabwiese belange gebruik het om ’n private beleggingsfonds in Suid-Afrika te begin.

Shayne se vennoot, mnr. Cris Dillon (ook ’n Zimbabwiër), het sy deel tot die fonds bygedra uit die verkoop van ondernemings wat hy hier en in die VSA gehad het.

Coast2Coast Private Equity, Dillon en Shayne se groep wat in Kaapstad gevestig is, het in Julie verlede jaar begin sake doen met ’n R100 miljoen-beleggingsneseier waar, anders as in die geval van die meeste ander private beleggingsfondse, al die kapitaal deur die eienaars self bygedra is.

Waar private beleggingsfondse in die meeste gevalle ook net ’n minderheidsbelang (bv. 20%) wil bekom in die maatskappye waarin belê word, gee Dillon en Shayne nie om om die beherende aandeelhouers te wees nie.

Sedert sy ontstaan het Coast?2Coast ses beleggings in entrepreneuriese ondernemings gedoen. Sektore waarin belê is, sluit in voedsel, handelsmerke, eiendomme en tegnologie.

Volgens Shayne het Coast?2Coast sy beleggingstrategie op dié van die wêreld se rykste individu, mnr. Warren Buffett, geskoei.

“Ons belê in plaaslike ondernemings waarvan die sakeplan maklik is om te verstaan, wat min mededingers het en in ’n gevestigde mark sake doen,” sê hy.

Voorts moet die ondernemings jaarliks ’n wins van minste R5 miljoen maak, gegrond op verkope van nagenoeg R50 miljoen, en reeds tussen sewe en 15 jaar sake doen.

Nóg ’n faktor wat Coast2?Coas?t in ag neem, is of die beleggings in die verskillende sektore mekaar kan aanvul.

In sy voedsel-portefeulje het Coast2Coast byvoorbeeld belê in Allganix, ’n vervaardiger van organiese babakos wat in Somerset-Wes gevestig is.

Die daaropvolgende belegging was in Triberry, ’n belangrike verskaffer van organiese bestanddele aan Allganix. Dillon en Shayne beoog om uiteindelik elke beleggingsportefeulje, bv. Coast2Coast Foods, op die JSE te laat noteer.

Volgens die twee vennote kom hul eie agtergrond en ondervinding as entrepreneurs handig te pas om waarde te skep in die maatskappye waarin hulle belê.

“Ons is entrepreneurs, nie bankiers nie,” sê Shayne. “Ons hou daarvan om (saam met die bestuurspan van die verskillende maatskappye) koppe bymekaar te sit en planne te beraam oor hoe ons die ondernemings verder kan vat.”

Shayne het sy eerste tree as entrepreneur in die middel 1990’s gegee kort nadat hy sy kwalifikasie as ’n geoktrooieerde rekenmeester verwerf het.

Shayne Accounting Services het tot een van die grootste alleeneienaar- rekeningkundigedienstefirmas in Zimbabwe gegroei met meer as 250 kliënte.

Dié firma het mettertyd met ’n mededinger saamgesmelt, waarna Shayne sy belang in die groter entiteit verkoop het om Celsys, ’n informasie-tegnologie- (IT) en selfoongroep, te begin.

Celsys het in April 2003 op die Zimbabwiese aandelebeurs genoteer met ’n markwaarde van VSA$22 miljoen, met Shayne as die jongste uitvoerende hoof van ’n genoteerde maatskappy in Zimbabwe.

Nadat hy in 2004 die volle belang van ’n chemiese vervaardiger, ook in Zimbabwe, oorgeneem het, het hy homself die volgende jaar in Kaapstad gevestig.

In 2007 het hy al sy Zimbabwiese belange aan Lonhro, ’n beleggingsgroep wat op die Londense aandelebeurse genoteer is, verkoop en saam met Dillon Coast2Coast begin.

Dillon het sy loopbaan in 1994 as ’n chemiese ingenieur by Genmin begin.

Die volgende jaar het hy sy eie potjie begin krap deur Multipac, ’n verpakkingsmaatskappy, saam met ’n vennoot te begin. Dit het binne net vier jaar ’n omset van R30 miljoen getoon.

In 1998 het hy sy 50%-belang in Multipac verkoop en hom in Los Angeles, in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, gevestig om daar ’n nuwe maatskappy te begin.

Die jaar daarna het hy na Kaapstad verhuis om ’n MBA-graadkursus daar te volg.

Vir ’n kort rukkie was Dillon in diens van ’n finansiëlekonsultante-groep, waarna hy weer ’n eie onderneming in die IT-bedryf begin het. In 2007 het sy paaie met dié van Shayne gekruis.

In antwoord op hoe die gemiddelde private-ekwiteitsbelegger sy dag deurbring, sê Dillon dat die helfte van hul werktyd in beslag geneem word deur tyd saam met die bestuurspanne van hul beleggings te bestee.

Die ander helfte word gebruik om na nuwe beleggingsgeleenthede te soek.

“Ons put groot opwinding daaruit om na finansiële state te kyk en die winsaandrywers daarin te soek,” sê Dillon.

“Wanneer ons vir die eerste keer met ’n maatskappy te doen kry, sal ek en Gary ’n weddenskap aangaan oor die winsgewendheid daarvan.”

Shayne en Dillon hoop om voor die einde van die jaar in nóg vier ondernemings te belê.

) andre.jvvuuren@sake24.com

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Jou Geldsake
  Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
  Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
  Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons