Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : ENTREPRENEURSAKE : STORIE
 
Wie besit jou blink uitvindings regtig?
14/08/2008 08:41  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Voordat ’n uitvinding of nuwe idee gekommersialiseer kan word, is dit belangrik om seker te maak wie die eienaar van die onderliggende intellektuelegoedereregte is.

Die basiese beginsel is dat die persoon wat dit geskep het, die eienaar is.

Uiteraard is daar uitsonderings en komplekse situasies.

Hoe maak ’n mens byvoorbeeld wanneer jy in ’n span saamgewerk het, boonop met derde partye soos konsultante of professore, wat almal ’n bydra gelewer het?

Hoe ook al, maak seker wie besit wat, en vra om hulp indien jy onseker is. Moenie baie geld en tyd belê in ’n proses, net sodat dit op die laaste nippertjie in die wiele gery word omdat jy nooit die eienaar was nie.

Nog ’n tameletjie kan ontstaan wanneer jy in werkstyd met ’n idee vorendag gekom het. Jou werkgewer het jou immers vir die werk betaal, en hulpbronne soos ’n kantoor en laboratorium tot jou beskikking gestel.

Die meeste werknemerskontrakte het duidelike klousules hieroor. Die klousules verwoord iets wat by implikasie reeds geldig is, naamlik dat die intellektuelegoedereregte aan die werkgewer behoort.

Dít hoef egter ook nie altyd die geval te wees nie.

Wat van die blink idee waarmee jy in die middel van die nag wakker geword het? Behoort dit ook aan jou baas?

Die antwoord hierop is om te bepaal of die nuwe idee binne die omvang van jou posbeskrywing val.

Wanneer jy as ’n skoonmaker by ’n restaurant werk, kan die eienaar nie eienaarskap opeis vir die idee van ’n windkrag?opwekker wat jy vir groot geld aan Eskom wil verkoop nie.

Aspekte wat binne en buite jou taakomskrywing val, kan maklik in ’n stryery ontaard. Die deurslag is wat die bedoeling en verwagting van albei partye was.

’n Paar jaar gelede het ’n Australiese dosent programmatuur geskryf, sy werkgewer se telefone gebruik, fotostate van gebruikershandleidings by die kantoor gemaak en boonop voornemende klïente met die universiteit se kredietkaart by restaurante trakteer.

Die universiteit het daarop aangedring dat die outeursreg van die programmatuur aan hom behoort, veral omdat dit gedurende werkstyd ontwikkel is en die dosent in die departement vir programmatuur aangestel was.

Die regter wat oor die saak moes beslis, het die eerste en regte ding gedoen om na die dosent se aanstellingsbrief en werknemingskontrak te kyk: Hy was alleenlik aangestel vir klas gee en eksamenwerk.

Die universiteit se aanspraak op outeursreg is van die hand gewys. Nadat die werkgewer appèl aangeteken het, is die dosent gelas om bloot die uitgawes wat hy aangegaan het, terug te betaal.

Maar die programmatuur was steeds syne.

Maatskappye en individue leer gereeld hierdie duur les.

Dink byvoorbeeld aan wanneer jy ’n grafiese ontwerper vra om te help met ’n nuwe embleem, of ’n bemarkingsleuse vir jou maatskappy.

Die wet sê dat hierdie diensleweraars die eienaars van die intellektuelegoedereregte is, of jy nou daarvoor betaal het of nie.

Dit kan verrykende implikasies hê soos dat ’n diensleweraar jou kan verhoed om die handelsmerk te gebruik, selfs al het jy dit self geregistreer.

Die feit dat jy betaal het vir die skep van ’n oplossing, beteken nie dat die outeursreg of artistieke waarde aan jou behoort nie.

Om hierdie probleme te vermy is dit kritiek dat jy vooraf onderhandel en ’n klousule in jou ooreenkoms met die party insluit waarvolgens die onderliggende outeursregte en ander intellektuelegoederegte aan jou oorgedra sal word en jy die volledige eienaarskap daarvan ontvang.

Wanneer jy die diensleweraar is, moet jy nie uit gretigheid vir ’n inkomste tot sulke klousules toestem nie.

Behou eerder die basiese komponente van jou ontwerp, sodat jy dit ook aan ander kliënte kan aanbied.

Eienaarskap van intellektuelegoederegte behoort dus normaalweg aan die outeur of uitvinder. Maak egter vooraf seker wie dit is, alvorens jy met die kommersialisasie-proses begin. Indien jy iemand sou aanstel om intellektuele goedere namens jou te ontwikkel, besluit of jy die gepaardgaande regte ook wil besit, onderhandel daaroor en dokumenteer dit sorgvuldig.

) Lamprecht is uitvoerende hoof van Venture Solutions, ’n innovasiebestuur- en kommersialisasie-raadgewer en aanbieder van SummitTV se weeklikse program oor intellektuelegoederereg. Kontak hom by stephan@venturesolutions.co.za.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Jou Geldsake
  Fondsbestuurder kry oorveeg by beregter
  Onkundige beleggers uitgebuit
  Produk dek koste wat mediese fonds nie betaal



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons