Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
New frenzy over team Obama
Cops bust ATM bomb syndicate
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : ENTREPRENEURSAKE : STORIE
 
Ál meer in SA sien wins in glasbank
29/08/2008 21:31  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

André Janse van Vuuren

Om Suid-Afrikaners die gewoonte van herwinning te leer, is waarskynlik een van die grootste uitdagings waarvoor ’n organisasie of individu te staan kan kom.

Dit is presies die taak wat mnr. Shabeer Jhetom, hoof van The Glass Recycling Company (TGRC), opgelê is: Teen 2012 moet 51% van die land se nie-inruilbare glasprodukte (dit sluit glasbottels uit wat verbruikers vir ’n deposito kan inruil) weer gebruik word.

Dié syfer is tans 24% van die nagenoeg 860 000 ton glas wat in 2007 vervaardig is. Inaggenome dat glasproduksie jaarliks met 5% toeneem, is Jhetom se 2012-teiken gelykstaande met die herwinning van nagenoeg 581 300 ton glas.

Hoewel die huidige herwinningsyfer power lyk, kan Suid-Afrika darem daarop aanspraak maak dat sy stelsels om inruilbare glasprodukte oor en oor te gebruik, van die beste ter wêreld is.

Volgens Jhetom word nagenoeg 200 000 ton sulke bottels jaarliks gebruik. Die hergebruik-koers hiervan is 99% en elke bottel beweeg gemiddeld ses keer per jaar deur die herwinningsproses.

Anders as ’n gewone entrepreneur hoef Jhetom nie te wonder waar hy sy kapitaal vandaan gaan kry nie.

TGRC is ’n bedryfsorganisasie wat deur die land se twee grootste glasvervaardigers, Consol en Nampak, asook vername bottelarye en voedselvervaardigers soos SAB, Coca-Cola, Distell, KWV, Tiger Brands en Nestlé, gefinansier word.

Met ’n stywe doelwit en geen aanvanklike infrastruktuur nie, moes hy egter ’n goeie sake-model inspan om enigsins naby sy teiken te kan kom.

TGRC se strategie is tweeledig. Eerstens wil hy bewustheid onder middel- en hoë-inkomsteverbruikers kweek om glas te herwin.

Dit bestaan uit ’n deurlopende advertensieveldtog en die plasing van “glasbanke” in woonbuurte waarheen verbruikers hul gebruikte glasbottels kan neem om in die herwinningsproses opgeneem te word.

Dié glasbanke is tans in groot metropolitaanse gebiede te kry. Teen die einde van TGRC se vorige boekjaar in Junie was daar reeds 550 van hierdie banke in die groot stede. Vir sy huidige boekjaar is vir ’n bykomende 1 000 banke begroot.

Die ligging van die glasbanke kan by www.theglassrecyclingcompany.co.za gevind word.

Die tweede deel van TGRC se strategie bestaan daaruit om kleinskaal-entrepreneurs te help wat gebruikte glas in groter maat kan insamel om dit aan glasvervaardigers te lewer.

Wanneer ’n entrepreneur kan bewys hy het die ruimte en vermoë om glas op groot skaal te versamel, sal TGRC hom van toerusting soos handskoene en stortbakke voorsien. Die entrepreneur sal direk met ’n glasvervaardiger ’n ooreenkoms aangaan om sy insamelings aan te koop.

Volgens Jhetom verdien van die groep se huidige nagenoeg 200 entrepreneurs enigiets tussen R2 000 en R30 000 per maand.

In antwoord op die vraag of TGRC reeds daarin slaag om die bewustheid van glasherwinning te verbeter, sê Jhetom sy enigste maatstaf is die volumes wat ingesamel word.

“Dit is nog moeilik om uit te lig wat werk en wat nie werk nie,” sê hy. “Een van ons onmiddellike doelwitte is om metingstelsels te kry, sodat ons byvoorbeeld kan sien watter glasbanke vinniger vol word.”

Jhetom sê sy werk sal ook makliker raak sodra winkelsentrum-eienaars die idee begin aanvaar en instem om ’n glasbank by die sentrum te laat staan.

In hierdie opsig wil TGRC ’n ooreenkoms met ’n groot kettinggroep aangaan wat soortgelyk is aan die stelsel wat deur die Britse supermarkgroep Tesco in Brittanje gevolg word. Daar is glasbanke by die meeste takke van die groep, terwyl klante ’n afslagbewys in ruil vir ’n “herwinningsdeposito” ontvang.

Oor watter streke in die land die beste vertoon, sê Jhetom dat die Wes-Kaap ver voor enige ander provinsie is.

“Gautengers vaar ook nie sleg nie, maar ’n groot bekommernis is KwaZulu-Natal,” sê hy.

“In ander bedrywe is hulle óók die agterosse as dit by herwinning kom. ’n Mens wil amper vir hulle sê om op te hou surf en te begin herwin.”

Interessante herwinningsfeite:

  • Glas is ten volle herwinbaar en kan ’n oneindige aantal kere herwin word.

  • Daar is geen verskil in kwaliteit tussen nuwe glas en herwonne glas nie.

  • Die energie wat met die herwinning van een groot glasbottel bespaar word, is genoeg om ’n 100W-gloeilamp vir ongeveer ’n uur te laat brand en ’n skottelgoedwasser vir 10 minute te laat werk.

  • In Nederland word 90% van alle gebruikte glas herwin.

  • Afvalglas smelt teen ’n laer temperatuur as wat nodig is om nuwe glas te vervaardig. Herwinning hou dus ook energie-besparings in.

    Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



  • Jou Geldsake
      Fondsbestuurder kry oorveeg by beregter
      Onkundige beleggers uitgebuit
      Produk dek koste wat mediese fonds nie betaal



    Terug na bo
    Adverteer by ons | E-pos ons