Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
Cop: Yengeni cover-up ordered
Bok and Brit forward battle
Nel's sentencing welcomed
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : ENTREPRENEURSAKE : STORIE
 
'n Rak, tafel en kroeg in die dak om alles in weg te pak
03/10/2008 20:50  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Vida Booysen

Met meenthuise wat deesdae soos krale langs mekaar in sekuriteitskomplekse ingeryg staan, raak leefruimte ál kleiner en duurder.

Daar is min meubelvervaardigers wat voorsiening maak vir hierdie tekort aan ruimte – nie net in meenthuise nie, maar ook in huise en woonstelle.

Dit het mnr. Lodie de Jager, ’n Bloemfonteinse skrynwerker, aan die dink gesit oor maniere om meer pakplek in so ’n klein ruimte te probeer skep.

Die plan wat hy prakseer, en uiteindelik saam met sy vennoot, mnr. Johan du Plessis, gepatenteer het, is sover hulle kon vasstel, uniek in Suid-Afrika en die wêreld.

Hulle het ’n kas ontwerp wat in die dak gebêre word en met die druk van ’n afstandbeheer-knoppie laat sak en opgehys word.

“Agterna het die oplossing so eenvoudig gelyk, maar dit het baie kopkrap en die bou van verskeie modelle gekos om die praktiese probleme uit te stryk,” sê De Jager.

Die patent moes stofdig, veilig en eenvoudig wees. Met die hulp van ’n Kroonstadse modelgieter is ’n gietvorm vir ’n stewige omhulsel van plastiek geskep. Dié omhulsel rus op die dakbalke, met die houtkas wat binne-in pas. Die kas se onderkant kry dieselfde afwerking as die plafon. ’n Opening word in die plafon gesny waardeur die kas met die hulp van ’n elektriese motor en kabels laat sak word.

Die omhulsel word met verstelbare boute aan die dakbalke geanker sodat die kas gelyk met die plafon geïnstalleer word. ’n Veiligheidskakelaar laat die elektrisiteit uitsny in geval van oorlading en die kabels is deeglik getoets om die gewig van die kas te dra.

Nie tevrede om net ’n kas uit die dak te laat sak nie, het De Jager ook ’n lessenaar en kroegtoonbank ontwerp wat in die dak gebêre kan word.

Die meubelstukke vou inmekaar wanneer dit opgehys word en pas presies in die omhulsel in. Op die vloer rus hulle op ’n voetstuk.

Om ’n kroegtoonbank in die lug te sien oopvou, kompleet met glase en bottels, laat ’n mens nogal wonder of jy nie dalk per ongeluk op ’n James Bond-rolprentstel beland het nie.

Of dalk reeds ’n stywe dop agter die blad het nie.

Hulle glo daar is ’n nis in die mark vir hul produk en dink aan moontlike gebruike in kantore waar dokumente geberg word of in motorhuise waar daar nie altyd plek vir gereedskap is nie.

In vakansiehuise bied dit ook veilige bêreplek vir waardevolle artikels wat ’n mens nie wil laat rondlê as jy weggaan nie.

De Jager en Du Plessis se sakeplan is om landwyd in groter sentra agentskappe te verkoop wat die eienaars van die agentskap die alleenreg gee om die patent, Ceiling Cupboards, in daardie stad of dorp te verkoop en te installeer.

De Jager en Du Plessis verskaf opleiding met installasie en ’n verbintenis om voorraad te verskaf wanneer dit benodig word.

“Ons het eers daaraan gedink om ’n fabriek op te rig en self ons produk landwyd te vervoer en verkoop – maar met die agentskap-model skep ’n mens heelwat meer werk- en sakegeleenthede vir ander entrepreneurs terwyl ons al ons aandag op die ontwikkeling van die produk kan toespits,” sê Du Plessis.

’n Bloemfonteinse sakeman het reeds die alleenreg vir die Bloemfonteinse agentskappe opgeraap en die twee entrepreneurs hoop dat ontwikkelaars van nuwe meenthuiskomplekse een of meer van die ontwerpe in nuutgeboude eenhede sal installeer en só waarde toevoeg.

Die bevrediging wat ’n mens smaak om jou idee ’n werklikheid te maak, is die heel lekkerste van so ’n projek, sê De Jager.

“ ’n Mens dink nagte om soos jy praktiese probleme probeer uitstryk.

“Agterna kan jy nie glo hoe eenvoudig die oplossing was nie en dat niemand anders nog ooit daaraan gedink het nie.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Jou Geldsake
  Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
  Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
  Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons