Absa het verlede week sy eerste versekeringsproduk beskikbaar gestel wat uitsluitlik aan klein en middelslagondernemings (KMO’s) beskikbaar sal wees.
Volgens mnr. Dan Moeti, hoof van Absa-versekeringsdienste, is die SME Protector uitsluitlik aan ondernemings met ’n jaarlikse omset van minder as R10 miljoen beskikbaar.
Hy sê dié pakket bied omvattende dekking aan allerisiko-elemente waaraan ondernemings blootgestel kan wees, waar sake-eienaars voorheen ’n reeks individuele polisse moes uitneem.
Die produk is beskikbaar aan KMO’s in die gasvryheid-, kleinhandel- en kantoorbedryf. Konstruksie-ondernemings kan van volgende jaar ook aansoek doen.