Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
    Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Ramos/Manuel: No conflict
Eskom issues power warning
Ramos exit 'bad for Transnet'
Beeld
‘Stelsel faal my kind’
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Polisie reën nat oor geen geld
Volksblad
Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur
News24
We'll fight back, Somali pirates warn
Boks ready for England
New frenzy over team Obama
Gister se gewildste Artikels
Skok loer vir SA motors
JSE kry opstopper
Eskom beplan kragprysskok
‘Spring gou en trek nou jou geld uit verband’
Tariefbeleid kry groen lig
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : NUUS : STORIE
 
Welwillendheidsbeleggers gesoek
30/08/2007 09:25  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

André Janse van Vuuren

’n Gebrek aan welwillendheidsbeleggers (sg. angels) in Suid-Afrika ondermyn die begin en groei van innoverende ondernemings wat mettertyd in baanbrekermaatskappye kon ontwikkel.

Me. Julia Long, uitvoerende hoof van Mark Shuttleworth se HBD-waagkapitaalgroep, definieer ’n welwillendheidsbelegger as ’n vermoënde individu wat passievol oor ’n bepaalde bedryf is en by ’n nuwe projek betrokke wil raak.

So ’n persoon sal dan ’n kapitale belegging maak en moontlik ook tyd afstaan en kundigheid aan die nuwe onderneming verleen.

In ruil sal die belegger ’n aandeel in die onderneming ontvang, wat impliseer hy is bereid om sy geld te verloor indien die onderneming nie die paal haal nie.

Waarskynlik die bekendste voorbeeld waar entrepreneurs danksy ’n welwillendheidsbelegger hul innoverende idee in ’n suksesvolle onderneming kon ontwikkel, is die $100 000 tjek wat mnre. Larry Page en Sergey Brin, stigter van die web-soekenjin Google, van mnr. Andy Bechtolsheim, ’n stigter van Sun Micro­systems, ontvang het.

“In markte soos die Verenigde Koninkryk is daar gevestigde welwillendheidsnetwerke,” sê Long. Entrepreneurs kan dié netwerke met hul idees nader, waar die beleggers reeds vooraf aangedui het in watter tipe belegging hulle sal belangstel.

“In Suid-Afrika sal ’n entrepreneur sukkel om so ’n belegger te vind, want hoe sal ’n mens weet wie jy kan nader,” sê Long.

Volgens haar is daar genoeg individue in Suid-Afrika met “spaar-miljoene”, maar die meeste van hulle is waarskynlik nie bewus van hierdie beleggingsmoontlikheid nie.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Entrepreneursake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Jou Geldsake
  SA sal stellig resessie vermy
  Dae van hoë aanvangkommissie is getel
  Bierkoning het tog nie heeltemal kop verloor

Beeld
  ‘Stelsel faal my kind’
  Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
  Polisie reën nat oor geen geld

Volksblad
  Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
  Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
  Senior skuiwe by Media24-koerante goedgekeur



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons