Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
    Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Mboweni talks tough on Investec
Motorists set for 'reprieve'
Super Group shares tank
Beeld
Zim-onderhandelinge begin
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
OTM-rowers ontvoer wag en sy hond
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Nigeria petrol tanker fire kills 12
Zim talks under way in SA
Facebook to go web wide
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : NUUS : STORIE
 
Entrepreneurs sien potensiaal in afgeleefde plekke
10/12/2007 09:20  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die gemiddelde kommersiële gebou het ’n lewensduur van net 30 jaar.

Vir ’n tweede lewe moet dit herskep word vir ’n heeltemal nuwe funksie in ’n omgewing wat nuwe behoeftes het.

Indien nie, is verwaarlosing en verval só ’n konstruksie se waarskynlike voorland.

Vir op-en-wakker entrepreneurs wat nuwe markbehoeftes in ’n veranderde omgewing reg kan identifiseer, bied hierdie lewensiklus goeie geleenthede om geld te maak.

In een so ’n geval het ’n Johannesburgse argitek en sy vrou ’n vervalle bakkery (en voor dit was dit ’n bottelary) in ’n rolprent-ateljee en konferensiesentrum, naby die hartjie van die Goudstad se uitsaaibedryf, omgeskep.

Mnr. Jonathan Gimpel en sy vrou, Lorien, is albei argitekte en die eienaars van Atlas Studios in Milpark.

Die gebou is ingerig om sitkoms, televisiedramas, advertensies, sepies en musiekvideo's te vervaardig.

Dit beskik ook oor die geriewe en ruimte om produkbekendstellings, uitstallings en mode-skoue aan te bied.

Onder die bekendste produksies wat hier vervaardig is, is die Anant Singh-produksie The Res en die kykNET-drama Villa Rosa.

Die begin van dié onderneming kan eerder toegeskryf word aan die Gimpels se sakemodel waarvolgens hulle ou geboue en persele omskep om in ’n markbehoefte te voldoen, as enige vorige betrokkenheid in die rolprentvervaardigingsbedryf.

“Ek ken eiendom,” sê Gimpel. “Ek is my hele lewe lank al daarmee besig; nie net met ontwerpe nie, maar ook met die konstruksie daarvan.”

As ’n student aan die Universiteit van die Witwatersrand het Gimpel vir sy studies betaal deur sy eerste huis in die nabygeleë voorstad, Richmond, te koop en weer te verkoop nadat hy restourasies gedoen het.

Ná die voltooiing van sy studies het hy in Botswana gaan woon, waar hy ou fabrieke herontwikkel het.

“Geboue het ’n lewensduur van 30 jaar, daarna moet dit herskep of vernietig word,” sê Gimpel.

“Hierdie gebou (Atlas Studios) is reeds in sy derde lewe; dit was eers ’n bottelary vir Coca-Cola en daarna ’n bakkery vir 25 jaar.”

Om Atlas Studios in ’n volhoubare onderneming te omskep, het innovasie en aanpassings van die Gimpels geverg.

Die aanvanklike doelwit met die aankoop van die voormalige Atlas-bakkery was om stoorruimte te skep.

Die unieke konstruksie-eienskappe van die gebou het hom egter tot ateljee-gebruik verleen.

Die feit dat dit naby die hoofkantoor van die SAUK en langs die Johannesburgse kampus van die rolprent-en-drama-kollege Afda geleë is, het die motivering vir ’n ateljee-sakemodel versterk.

Maar die Gimpels moes steeds ’n groot geloofsprong neem toe hulle miljoene rande se spaargeld aan die ontwikkeling van die gebou bestee het, voordat enige noemenswaardige aanvraag, of belangstellende huurders, vir die perseel bestaan het.

Die verhuring van ateljee-ruimte het ’n stadige begin gehad en die Gimpels het besef hulle sal “ ’n onderneming moet bou om die gegewe perseel aan die gang te hou”.

Dit is tóé dat hulle begin het om die ruimte ook vir korporatiewe funksies in te span.

Volgens Gimpel bestaan 15% van hul huidige inkomste uit die huurgeld van permanente huurders, nog 15% uit spesiale funksies, terwyl die oorblywende uit die gebruik van die ateljeegeriewe afkomstig is.

In ’n volgende projek omskep die Gimpels meer as 4 000 m2 se ruimte in Braamfontein vir opleiding- en onderrighuurders.

“Een groot beginsel wat ons altyd met sulke ontwikkelings het, is dat ons spesialisnodusse wil skep,” sê Gimpel.

“By Atlas word die huurruimte gereserveer vir huurders in die televisieproduksiebedryf. Ons het Braamfontein, met al die universiteite en opleidingsinstansies wat daar naby geleë is, as ’n opleidingsgebied geïdentifiseer.”

Gimpel glo die hele Braamfontein kan in ’n studie-woongebied, in dieselfde trant as Berkeley in San Francisco en Cambridge in Engeland, ontwikkel.

Die gebied se uitstekende vervoer-infrastruktuur, wat binnekort deur die Gautrein aangevul gaan word, sal hiertoe bydra.

Toekomstige ontwikkelings word ook in Alexandra, die township in die noorde van Johannesburg, en die Wadeville-nywerheidsgebied in Germiston aan die Oos-Rand beplan.

“Dit is interessant hoe ’n mens toekomstige ontwikkelings moet beplan. Jy moet nou geleenthede in ‘afgeleefde’ gebiede identifiseer en dink hoe dit oor vyf jaar sal lyk,” sê Gimpel.

Volgens hom het hy die Braamfontein-persele reeds twee jaar gelede aangeskaf en reken hy die waarde daarvan het intussen vyfvoudig toegeneem.

“Sover verloop dit goed. Ons is dankbaar ons het tot nou toe nie ons vingers op dié manier verbrand nie.”

) andre.jvvuuren@sake24.com

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Jou Geldsake
  Talle struikelblokke op die pad na ’n woning van jou eie
  Beskerm jou onderneming soos wat die renoster in sy gebied doen
  Versekeraar kort beter stelsels, sê ombudsman



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons