Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
    Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Zuma geskok deur wit armoede
Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
More blacks consider emigration
Zuma: Race doesn't rule poverty
'Somebody ignited the match'
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : NUUS : STORIE
 
Graderingsertifikaat oorbodig vir klein ondernemings se SEB-status
13/12/2007 08:44  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

André Janse van Vuuren

Klein ondernemings met ’n omset van minder as R5 miljoen per jaar sal nie ’n graderingsertifikaat nodig hê om hul vrystellingstatus van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) te bewys nie.

Volgens ’n gids vir graderingsagentskappe wat op 31 Oktober deur die departement van handel en nywerheid uitgereik is, sal ’n ouditeurs- of rekenmeestersbrief waarin die onderneming se omset vermeld word, voldoende wees wanneer ’n maatskappy bewys wil lewer dat hy verkrygings van bemagtigde ondernemings doen.

Kwalifiserende klein ondernemings (KKO’s, met jaarlikse omset tussen R5 miljoen en R35 miljoen), waarvan die bemagtigingstatus volgens enige vier van die sewe kategorieë op die bemagtigingstelkaart bereken word, moet wél ’n sertifikaat van ’n graderingsagentskap bekom.

Die riglyne sluit enige moontlikheid van self-gradering vir sulke ondernemings uit.

“Wanneer ’n entiteit breed-gebaseerde-SEB-verskaffers geïdentifiseer het sonder om genoegsame bewyse (daarvoor) te kan lewer, moet al hierdie uitgawes van die berekende bemagtigingsuitgawes afgetrek word,” lui die dokument.

“Vir vrygestelde mikro-ondernemings alleenlik: stem in vir ’n geldige graderingsertifikaat of ouditeurs- of rekenmeestersbrief.”

Mnr. Keith Levenstein, uitvoerende hoof van EconoBee, ’n SEB-spesialis-konsultantfirma, sê die sertifikaat wat KKO’s móét verkry, sal sulke ondernemings se koste om aan bemagtiging te voldoen, dramaties verhoog.

“Hierdie riglyne gaan teen die departement se stellings wat sê dit wil klein ondernemings help en rompslomp verminder,” sê Levenstein.

“Elke bietjie addisionele rompslomp of administratiewe koste sal veroorsaak dat ondernemings eerder faal as sukses behaal.”

Volgens Levenstein het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se pogings om papierwerk vir belastingnakoming te verminder, getoon dat sulke toegewings daartoe lei dat meer partye bereid is om daaraan te voldoen.

Volgens die dokument sal bogenoemde riglyne vanaf 9 Februarie van krag wees.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Entrepreneursake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Jou Geldsake
  Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
  Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
  Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan

Beeld
  Zuma geskok deur wit armoede
  Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
  Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig

Volksblad
  Skokvideo: Meisie in gr. 8
  Hof moet hoor of man pedofiel is
  Knap jou huis op met nuwe kompetisie



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons