Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
    Nuus
  Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Changing SA's saving psyche
Sasol BEE: SAPO extends hours
Week of mass action ahead
Beeld
Valkoog stort neer
Mugabe aan bure: ‘Moenie my treiter’
Drie kinders sterf, ouers oorleef
Volksblad
Jy’s nie veilig in jou huis
Eiendomsagent skuldig aan hereregtebedrog
Toergids sterf ’n week voor sy eerste toer
News24
Kiwis reclaim No 1 spot
JSC to meet over Hlophe
200 undergo virginity testing
Gewildste Artikels
Rentekoers eis sy tol van ekonomie
VSA is op die rand van ineenstorting, sê bankier
Verskuilde klousules kry ’n opstopper
Doebai se bewegende wolkekrabber ’n eerste
Mugabe, Mbeki verraai vryheidstryd
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : NUUS : STORIE
 
Ontwikkelaars sal balanseertoertjie moet uitvoer
17/04/2008 07:40  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

André Janse van Vuuren,


Hoewel die ontwikkelaars van klein nywerheidseiendomme ’n balanseertoertjie sal moet uitvoer om die huidige ekonomiese afswaai te oorleef, meen kenners dat goeie tye voorlê vir dié entrepreneurs wat die krisis kan deurstaan.

Sulke ontwikkelaars sal egter in die komende maande moeilike besluite moet neem.

Die vraag na nywerheidseiendom het in 2007 en 2006 die hoogte ingeskiet danksy goeie ekonomiese omstandighede.

Volgens mnr. Bruce Fields, direkteur van Bradford McCormack & Vennote, impliseer die huidige afswaai nie noodwendig ’n verlaging in die vraag na nywerheidseiendom nie.

Hy sê dat hoewel die dinamika van die nywerheidseiendomsektor verander het, het die gebrek aan beskikbare voorraad die vraag na dié tipe eiendom verhoog.

Eienaars en ontwikkelaars kan, volgens Fields, ’n huurgroei van sowat 16% in 2008 verwag ná groei van tussen 8% en 11% die afgelope paar jaar.

Volgens mnr. Rael Levitt, uitvoerende hoof van die Alliance-groep, is daar ’n skaarsheid aan grond vir klein nywerheidsontwikkelings en hou die faktore wat die aanbod van dié tipe grond beperk, die mark sterk.

Mnr. Erwin Rode, eiendom-ekonoom, sê dat die nie-residensiële eiendomsmark, ten spyte van die afswaai in die ekonomie, nie “fundamenteel” verander het nie.

“Die mark is steeds besig om uit te brei as ’n mens dit op ’n langer termyn beskou,” sê hy. “Maar die paniek is nie ongegrond nie – daar is groter risiko betrokke.”

Volgens die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se onlangse opname oor die vervaardigingsbedryf, is die bedryf swaar getref in die eerste deel van 2008 en het vervaardigers vir die eerste keer in nege jaar aangekondig dat hul produksievolumes krimp.

Volgens Rode is daar verskeie faktore wat ’n negatiewe uitwerking op nywerheidsontwikkelings het, waaronder boukoste en hoë grondpryse.

Hy sê hoewel boukoste verlede jaar met 15% op ’n jaargrondslag toegeneem het, kan minder ontwikkelings in die huidige klimaat dié syfer tot 10% laat afplat.

“Dit sal gebeur in die volgende ses maande, indien nie gouer nie,” sê hy.

Volgens Fields is die gebrekkige beskikbaarheid van krag die grootste enkele beperking vir die ontwikkeling van nuwe ontwikkelings.

Eskom het vroeër aangedui hy sal tussen vier en ses maande neem om aansoeke vir elektrisiteitsaansluitings te verwerk vir die ontwikkelings van alle geboue wat meer as 100 kVA vereis. Rode meen die maande kan tot jare uitgerek word.

Mnr. Mike Schüssler, ekonoom van T-Sec, stel voor dat ontwikkelaars alternatiewe kragopsies ondersoek. So kan kleiner nywerheidseiendomme windkragopwekkers vir basiese behoeftes inspan en songedrewe geisers gebruik.

Mnr. Christo Botes, uitvoerende direkteur van Business Partners, sê kleiner ontwikkelaars wat hul grond teen hoë pryse gekoop het en dit nou nie kan ontwikkel nie weens die Eskom-kwessie, moet dit oorweeg om finansiering te soek ten einde hul grond te kan behou.

“Die vraag na nywerheidseiendom is steeds groter as die aanbod daarvan en in baie gevalle is die ontwikkeling volverhuur voordat ’n enkele baksteen gelê is,” sê hy.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



Jou Geldsake
  Hulpbronne: goeie tye hou nie vir ewig
  Vroue moet hul geldsake self begin verstaan en bestuur
  Oornames, samesmeltings gedy in pap aandelemark



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons