Klein en middelslagondernemings (KMO’s) het tot môre tyd om in te skryf vir Cisco se “IT-herontwerp”-kompetisie, waar die gelukkige wenner ’n pasklaar IT- en netwerkstelsel sal losslaan.
Alle ondernemings wat tussen agt en 250 mense in diens het, mag deelneem.
Om te kwalifiseer, moet deelnemende ondernemings ’n reeks vrae op die webwerf http://southafrica.ciscomakeover.com voor die einde van die week beantwoord.