Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
    Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
SA faces climate nightmare
Unions want Ramos to stay
No oil price relief in sight
Beeld
Man (27) geskiet in Leeupark
Steelvideo wys stemknoeiery
Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Dad-to-be shot in restaurant
Lion-heart Nadal wins epic
KFC, Nando's to the rescue
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : RUBRIEKE : STORIE
 
Baas móét met administrasie vertroud wees
29/10/2007 10:47  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Keith Levenstein

Ons kliënte-ondersteuningsentrum het op ’n dag ’n oproep van die eienaar van ’n klein sakeonderneming ontvang. Hy het probeer om ’n faktuur met ons rekeningkundige programmatuur te skep, maar het gesukkel.

Hy was nóg rekenaargeletterd nóg vertroud met die programmatuur en het die oproepkonsultant lank besig gehou.

Later het dit aan die lig gekom dat sy rekeningkundige amptenaar van die afgelope 12 jaar, wat sy hele onderneming laat funksioneer het, die vorige dag bedank en geloop het.

Spring in en swem

Hoe gereeld gebeur dit nie? Die eienaar van dié onderneming is kop eerste aan die diep kant van die swembad ingegooi.

Hy is ’n ingenieur en het al sy administratiewe en finansiële verantwoordelikhede aan sy rekeningkundige amptenaar gedelegeer.

Rekeninge is nie deur hom nagegaan nie en belastingsake was nie onder sy beheer nie.

Om die waarheid te sê, het hy ál die onderneming se administratiewe verantwoordelikhede, selfs die behandeling van kliënte, as ’n struikelblok beskou vir dít wat hy die meeste geniet het – om ’n ingenieur te wees.

Die res was sy rekeningkundige beampte se werk.

Maar die oomblik toe sy die pad gevat het, moes die eienaar inspring om telefone te antwoord, bestellings te neem, bemarking te doen, en verkope te reël. Ván die oproepe wat hy beantwoord het, was van krediteure wat volgehou het dat hulle maande lank nie betaal is nie.

Betaal rekeninge voor die voet

“Waarom is dit nie betaal nie?” het hy hom afgevra en ten einde die onderneming vernedering te spaar, het hy links en regs rekeninge begin betaal – hetsy dit reg was of nie.

Selfs sy onderneming se internet-bankprofiel was in sy voormalige werknemer se naam geregistreer. Ten einde dit te verander, moes die eienaar die bank se oproepsentrum verskeie kere kontak, wat uiters tydrowend was.

Uiteindelik het die man ons gekontak om sy rekeningkundige verantwoordelikhede oor te neem.

Daarop het ons hom geadviseer om soveel moontlik kennis van sy onderneming se boeke op te doen ten einde te verstaan wat ons vir hom gaan doen, sodat hy te alle tye beheer oor sy administrasie kan hê.

Op die ou einde is dit sý besigheid, nie ons s’n nie.

  • Levenstein is die uitvoerende hoof van EconoServ, ’n konsultantfirma wat spesialiseer in rekeningkunde en swart ekonomiese bemagtiging.

    Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  •   Soek in Entrepreneursake
     
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP

    Jou Geldsake
      Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
      Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
      Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan

    Beeld
      Man (27) geskiet in Leeupark
      Steelvideo wys stemknoeiery
      Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’

    Volksblad
      Gaan dan hel toe - Lenyibi
      Bok-breier erken senuwees knaag
      Al 3 kinders van paar sterf



    Terug na bo
    Adverteer by ons | E-pos ons