Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
    Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Petrol price relief on the way
Beeld
Ál meer van SA na Australië
Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Robben Island bosses suspended
SA welcomes Pillay's nomination
ARVs add 13 years of life - study
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : RUBRIEKE : STORIE
 
Balansstaat onderneming se ‘termometer’
02/11/2007 11:29  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Tommy du Plessis

Net soos ’n mediese dokter onder meer ’n termometer gebruik om vas te stel of ’n mens koors het of nie, kan ’n entrepreneur sy finansiële state raadpleeg om die finansiële gesondheid van sy onderneming vas te stel.

In hierdie skrywe word die rol van ’n balansstaat bespreek.

Die vernaamste funksie van ’n balansstaat is om die finansiële posisie van die onderneming op ’n spesifieke tydstip weer te gee.

Hierdie staat is dus ’n foto, of ’n prentjie, van die onderneming op ’n spesifieke dag.

Die eerste vername funksie wat só ’n prentjie kan verrig, is om te vergelyk hoe die finansiële posisie van ’n onderneming van een tydstip tot ’n ander verander het.

Die belangrikste verhoudingsgetal uit die balansstaat is die opbrengs op totale bates (ROI) waar die netto wins voor rente en voor belasting uitgedruk word as persentasie van die totale bates wat in die onderneming aangewend word.

Hierdie verhouding gee ’n aanduiding van die opbrengs wat op die belegging gerealiseer is, sonder dat in ag geneem word wie die geld voorsien het om die bates te verkry.

Hierdie verhouding toets dan ook die lewensvatbaarheid van die onderneming.

As minimum moet die onderneming ’n opbrengskoers realiseer wat ten minste die inflasiekoers, die belastingkoers en ook ’n billike dividend vir die eienaar in ag neem.

Dit is bo en behalwe die salaris wat die eienaars hulself betaal om as bestuurders van die onderneming te dien.

’n Tweede belangrike verhoudingsgetal is die opbrengskoers wat op die eienaarsbelang (ROE) gerealiseer word.

Dit word bereken deur die netto wins na rente, maar voor belasting, uit te druk as persentasie van die eienaarsbelang.

’n Maatstaf vir dié verhouding is moeilik bepaalbaar, maar eienaars van sake-ondernemings moet voortdurend besluit of dit nie dalk beter sal wees om alle bates te verkoop, vreemde kapitaal af te los en dit wat oorbly in ’n ander belegging of onderneming te belê nie.

Solvabiliteit verwys na die mate waarin die totale bates die totale laste oorskry.

Sou die totale laste, oftewel vreemde kapitaal, die totale bates oorskry, is die onderneming insolvent.

Deur die vreemde kapitaal as verhouding van die totale bates te bereken en met vorige periodes te vergelyk, kan eienaars bepaal of die kapitaalstruktuur van die onderneming verbeter of verswak het.

Die vermoë van ’n onderneming om op kort termyn sy verpligtinge na te kom, staan algemeen bekend as likiditeit.

Die belangrikste verhouding in hierdie verband is die bedryfskapitaalverhouding, oftewel die verhouding van bedryfsbates tot bedryfslaste.

In praktyk word aanvaar dat wanneer bedryfsbates minstens twee keer so groot is as bedryfslaste, dit op gesonde likiditeit dui. Só ’n onderneming behoort nie probleme te beleef om onvoorsiene kontantuitgawes aan te gaan nie.

Deur net daardie bates wat vinnig in kontant omskep kan word, uit te druk in verhouding tot die bedryfslaste, word die sogenaamde vuurproefverhouding bereken.

In só ’n geval word voorraad as bedryfsbate uitgesluit omdat geglo word dat dit nie altyd moontlik is om voorraad maklik in kontant te omskep nie.

Verhoudingsgetalle is die lesings op die onderneming se “termometer” om te bepaal of alles nog wel is.

Geen verhoudingsgetal moet egter ooit in isolasie beoordeel word nie en as daar gevaarligte flikker, moet die bestuur vinnig met ’n plan van aksie vorendag kom.

  • Prof Du Plessis is die direkteur van die Potchefstroomse Besigheidskool (PBS) van die Noordwes-Universiteit.

    Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry



  • Jou Geldsake
      Talle struikelblokke op die pad na ’n woning van jou eie
      Beskerm jou onderneming soos wat die renoster in sy gebied doen
      Versekeraar kort beter stelsels, sê ombudsman



    Terug na bo
    Adverteer by ons | E-pos ons