Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
    Rubrieke
  Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
JSE 'bottoming out'
SA at risk, warns IMF
World leaders to halt trading?
Beeld
ANC steun die Springbok
Man in hof ná N1-moord
Polisieman 'sê jammer' kort ná hy sy 3 kinders skiet
Volksblad
Sakeman wreedaardig vermoor tydens rooftog
Inwoners oproerig oor swak dienslewering
Wildvanger val uit heli
News24
Malema: Angry people won't vote
Virus: WHO tracing 144 people
Concourt appeals Hlophe ruling
Gister se gewildste Artikels
Kliphuis in Pretoria is beste in land
Tito doen die regte ding
Swakker wêreldgroei kan SA swaar tref
JSE leef swaar
Rentekoerse bly onveranderd
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : RUBRIEKE : STORIE
 
Doen goed huiswerk oor geld vir innovasie
15/05/2008 08:14  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Stephan Lamprecht,


’n Mens lees gereeld van miljoene rande se staatsgeld wat vir innovasie geoormerk word en wat veronderstel is om ’n innovasiekultuur en kennis-ekonomie te help skep.

Elkeen met ’n nuwe idee sal dus wil weet of hy ook van daardie geld kan kry om sy uitvinding mee te finansier.

Om enigsins in aanmerking vir sulke geld te kom, het jy egter baie meer as net ’n goeie idee nodig, veral in ’n land soos Suid-Afrika waar waagkapitaal skaarser as hoendertande is.

Hoe moet ’n mens dan maak indien jy regtig glo in die meriete van jou idee, maar nie self genoeg spaargeld het om die mas op te kom nie?

Die meeste uitvinders daag op by finansiële instellings of die Innovasiefonds in Pretoria met halfgebakte idees, sonder om eers ordentlik hul huiswerk te doen.

In die meeste gevalle het die individu nog nooit aan die mark gedink of selfs bepaal hoe die uitvinding vervaardig, bemark en verkoop sal word nie.

Onthou dat verbruikers produkte en dienste koop, nie idees nie.

In reaksie op ’n nee-antwoord, sal baie uitvinders die finansiers afskiet as instansies sonder visie en in die algemeen hopeloos, of andersins rondloop en vertel dat daar nie geld vir ’n “goeie” idee in hierdie land is nie.

Daar is baie geld in Suid-Afrika vir innovasie beskikbaar.

Die probleem is egter dat uitvinders nie “finansiële taal” praat nie, maar eerder oor tegniese meriete en wêreld-eerstes babbel.

Wanneer jou beste poging bowen?al bloot uit ’n komplekse diagram agterop ’n servet bestaan, kan jy maar vergeet van enige simpatie.

Wat Suid-Afrika wél skort, is burgers met ’n lewensuitkyk wat innovasie verstaan, ondersteun en aanmoedig.

Mense spaar amper niks nie en koop veel eerder verbruikersgoedere met hul ekstra sente. Dié met ’n bietjie meer verantwoordelikheid, belê dalk geld in eiendomme of annuïteite met ’n oog op hul aftreedag. Dit los niks oor vir innovasie en waagkapitaal nie.

Dit beteken dat dit vir voornemende waagkapitaliste – die werkerbye van ’n kennis-ekonomie – feitlik onmoontlik is om plaaslik kapitaal vir innovasiebeleggings bymekaar te maak.

Moet dus nie verbaas wees as deure toeklap wanneer jy met net ’n idee of teorie by beleggers aankom nie.

Dit is goed dat dit so is.

Die oorgrote meerderheid idees wat in die VSA finansiering kry, vou voor dit een sent wins gemaak het.

En die internet-borrel is hier ’n sprekende voorbeeld.

Hoe maak ’n mens dan?

Die roete vir finansiering hang baie af van die aard en omvang van die produk of diens wat ’n mens wil skep. Indien dit ’n lang ontwikkelingsproses vereis, soos in die geval van bio-tegnologie, dan is jy van dag een af afhanklik van ’n groot kapitaalinspuiting om aan die gang te kom, kantore en toerusting te finansier, en die navorsingspan in die land te hou.

Indien jou idee egter in ’n gevorderde stadium is, soos ’n stuk programmatuur wat jy reeds in jou vrye tyd ontwikkel het, kan jy dalk regkom om dit self te finansier of uitgawes deur verkope te delg.

Elke onderneming volg ’n voorspelbare pad van die idee-fase tot by mark-aanvaarding. Elke fase het bepaalde risiko’s met gefokusde instrumente wat ondernemers ondersteun.

Dit is belangrik om te verstaan in watter fase jou idee is en in ooreenstemming daarmee die regte party om hulp nader.

Onderskei ook tussen die staat wat innovasie steun in nasionale belang en die private sektor wat gefokus is op beleggingsopbrengste.

Eersgenoemde word gemeet deur die getal kandidate wat gehelp is, die maatskaplike impak en die aanwending van belastinggeld.

Die private sektor meet winste en dividende. Dit klink onbeduidend, maar dit is belangrik om te verstaan dat private beleggers daagliks moet kies tussen verskeie beleggingsopsies soos eiendom, aandele, effekte en menige ander.

Hul taal is winste, markaandeel, groei en beleggingsopbrengskoerse; nie flikkerende liggies en goeters wat oop en toe maak nie.

Bemark jou blink idee aan hierdie mense as ’n mededingende beleggingsgeleentheid, nie as die volgende tegnologiese wonderwerk of wonderkuur nie.

Die staat, aan die ander kant, bring sy eie uitdagings soos lang wagtye, burokrasie en personeel wat nog nooit in ’n sakekonteks gewerk het nie.

Verstaan dus jou teikengehoor.

In die vroeë stadiums van ’n nuwe innovasie is die staat waarskynlik die een wat jou sal help.

Maar dan moet jy hul taal praat: werkskepping, bemagtiging en uitvoer.

Dienooreenkomstig moet jy nie later in die innovasiesiklus die rolspelers in die private sektor verveel met dieselfde vleitaal nie. Fokus suiwer op hoe nuwe aandeelhouers hul geld gaan terugkry, hoe dit beter gaan groei as kapitaal in die bank, en bied ’n waarborg dat hul belegging nie in een of ander piramideskema gaan verdwyn nie.

Wees egter versigtig om nie te vinnig aandele aan buite-partye weg te gee nie.

Doen jou huiswerk volledig voordat jy met finansiers praat; identifiseer dan die regte party gegewe die groeifase en risiko-profiel van jou onderneming, en verpak jou voorstel in ’n taal en styl wat musiek in die ore van jou teikengehoor sal wees.

) Lamprecht is uitvoerende hoof van Venture Solutions, ’n innovasiebestuur- en kommersialisasie-raadgewer; aanbieder van SummitTV se weeklikse program oor intellektuelegoederereg; en president van die Licensing Executives Society van Suid-Afrika. Hy kan gekontak word by stephan@venturesolutions.co.za.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Entrepreneursake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Jou Geldsake
  Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
  Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
  Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan

Beeld
  ANC steun die Springbok
  Man in hof ná N1-moord
  Polisieman 'sê jammer' kort ná hy sy 3 kinders skiet

Volksblad
  Sakeman wreedaardig vermoor tydens rooftog
  Inwoners oproerig oor swak dienslewering
  Wildvanger val uit heli



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons