Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
    Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
SA faces climate nightmare
Unions want Ramos to stay
No oil price relief in sight
Beeld
Man (27) geskiet in Leeupark
Steelvideo wys stemknoeiery
Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Dad-to-be shot in restaurant
Lion-heart Nadal wins epic
KFC, Nando's to the rescue
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : SUKSESSTORIES : STORIE
 
Sakesukses, by wyse van spreke
15/10/2007 11:36  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Die begrotingsgerief van ’n kredietkaart is nie net gerieflik vir spandabelrige inkopies wat ’n mens nie eintlik kan bekostig nie.

Dit werk ook goed vir iemand wat ’n multi-miljoenrand-onderneming wil bou, soos wat ’n 23-jarige dosent in spraak en drama van Kaapstad in 1988 gedoen het.

Nadat me. Monique Rissen-Harrisberg se bank en die destydse Kleinsake-Ontwikkelingskorporasie haar en haar sake-idee die deur gewys het, was R400 op dié gerief die enigste kapitaal wat sy in die hande kon kry.

Die bietjie promosie-materiaal wat sy hiermee kon bekostig, het die belangstelling van sowat tien mense gelok.

Rissen-Harrisberg het sedertdien net vooruitgegaan. Haar onderneming het ’n tak in elke groot Suid-Afrikaanse stad en sy woon nou tydelik in Sydney, Australië, om haar eerste internasionale tak te open.

Sake-idee

Rissen-Harrisberg is die stigter en mede-eienaar van The Voice Clinic.

Dr. Cyril Harrisberg, haar man en sedert die laat 1990’s ook haar sakevennoot, sê sy het op ’n dag in 1988, terwyl sy in haar motor op pad werk toe was, besef sy kan ’n onderneming op die been bring waar sy mense kan leer om beter te praat en te kommunikeer.

In daardie stadium was sy ’n lektor met ’n honneursgraad in spraak en drama by die onderwyskollege in Bellville.

“In haar interaksie met die onderwysstudente het sy gereeld gesukkel om te hoor wat hulle sê,” sê Harrisberg.

“In dieselfde rit (toe sy op die sake-idee besluit het) het die naam The Voice Clinic in haar gedagtes opgeduik.”

Die eerste produk was ’n een-tot-een-kursus, deur Rissen-Harrisberg self ontwerp, oor onder meer die diafragma- en asemhalingstegnieke wat ’n persoon kan inspan om beter te kommunikeer.

Ander het van haar dienste te hore gekom.

Haar kliënte is gewoonlik maatskappye wat fokus op die ontwikkeling van sagte-vaardighede, met werknemers wat idees dinamies in gesproke Engels en met vertroue moet oordra.

Harrisberg beskryf die onderneming se draaipunt as die tydstip toe sy vrouepersoneellede in diens geneem het om in die vraag te kan voorsien.

The Voice Clinic het sy kursusreeks voorts uitgebrei en in 1992 nuwe kantore in Johannesburg geopen.

Takke in Durban en Pretoria het later gevolg.

“Die model was in daardie stadium goed genoeg gevestig dat ’n mens dit kon dupliseer,” sê Harrisberg.

“’n Mens het ’n groep verkoopskonsultante nodig gehad en fasiliteerders wat die kursusse kon aanbied.”

Harrisberg, wat aanvanklik ’n oogarts was, beskryf sy eie belangstellingsveld as die “optimalisering van die menslike bestaan”.

“Daar was vir my ’n besliste sinergie tussen wat Monique gedoen het en die dinge waarin ek belang gestel het.”

Een aspek hiervan is die natuurlike behandeling van stres, wat onder meer met asemhaling en meditasietegnieke teëgewerk kan word.

Harrisberg het sy praktyk laat vaar en in 1999 ’n nuwe afdeling van die onderneming, The Stress Clinic, oopgemaak.

Hy beskryf dit as ’n “holistiese stresbestuur-opleidingsgroep wat stresverwante gesondheidskwessies, spesifiek in die werkomgewing, takel”.

Sake-doen saam met jou lewensmaat

“Om saam met jou lewensmaat sake te doen, is nie vir almal nie,” sê Harrisberg.

“Dit kan fantasties wees as dit werk, maar jy moet eers baie moeite insit voordat jy op daardie punt kom. Elke verhouding het sy eie dinamiek en reëls; om dit ook in ’n sake-verhouding te omskep verg kophou.”

Harrisberg sê hy en sy vrou het albei sterk persoonlikhede. Die versoeking is dikwels groot om in ’n “ego-geveg” betrokke te raak om te besluit wie ’n spesifieke proses sal bestuur.

“Daar moet een keusemaker en kommunikeerder wees vir elke uitvoerende bestuursbesluit wat geneem word.

“Jou personeel speel gou die een se woord af teen die ander s’n wanneer hulle agterkom julle praat nie uit dieselfde mond nie,” sê hy.

’n Tweede reël vir dié egpaar is dat hulle nie 24 uur per dag oor sake mag praat nie.

Dit gaan nie soseer daaroor om ’n verbod te plaas op werkpraatjies by die huis nie, maar om spesifieke “aan- en afskakelreëls” te vestig.

“Elke ou wat ’n onderneming besit, sal die een of ander tyd drie-uur in die oggend wakker skrik met ’n goeie idee wat hy in werking wil stel,” sê Harrisberg.

“Om dit dan met jou lewensmaat te wil bespreek, is nie ’n goeie idee nie.” Ruim ook tyd vir jouself in, sê hy. “Elke mens het tyd nodig op sy eie, soveel te meer wanneer jy ook jou lewensmaat se sake-vennoot is.”

  • andre.jvvuuren@sake24.com

    Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  •   Soek in Entrepreneursake
     
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP

    Jou Geldsake
      Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
      Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
      Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan

    Beeld
      Man (27) geskiet in Leeupark
      Steelvideo wys stemknoeiery
      Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’

    Volksblad
      Gaan dan hel toe - Lenyibi
      Bok-breier erken senuwees knaag
      Al 3 kinders van paar sterf



    Terug na bo
    Adverteer by ons | E-pos ons