Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
    Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
SA faces climate nightmare
Unions want Ramos to stay
No oil price relief in sight
Beeld
Man (27) geskiet in Leeupark
Steelvideo wys stemknoeiery
Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Dad-to-be shot in restaurant
Lion-heart Nadal wins epic
KFC, Nando's to the rescue
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : SUKSESSTORIES : STORIE
 
Entrepreneur bied unieke wynervaring in Noorde
29/10/2007 10:47  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Jaco Visser

Langs die Hennopsrivier in die Noorde sal jy Gauteng se enigste wynmaker (sonder druiwepriële) vind.

Soos ’n goeie rooiwyn wat tyd vat om sy geure te vind, glo mnr. Allan Clingham, mede-eie­naar van The Pinotage, jou onderneming moet eers ’n duisend dae kan oorleef.

Hy het sy konsep, ’n holistiese benadering tot wynmaak, wynproe en wynkoop, drie jaar gelede saam met ’n vennoot, wat tans rustend is, begin met R1 miljoen se kapitaal.

“Waarom moet ons aanvaar dat ’n bottel Kanonkop-wyn R250 kos en dan word dit teen 25ºC op die tafel neergesit?” vra hy en som sy restaurant se presiese benadering tot wyn en die hele wynervaring op.

Clingham het vóór sy entrepreneuriese sprong vir ’n groot maatskappy in die gasvryheidsbedryf gewerk.

“Ek het later gevoel my entrepreneuriese gees word belemmer en het toe die groot stap na ’n eie onderneming geneem.”

Hy en sy vennoot het ’n spysenieringskontrak by die Leriba Lodge in Centurion losgeslaan.

“Ons het die restaurant in ’n getematiseerde restaurant omskep met Pinotage as die hooftema.”

Pinotage is ’n eg Suid-Afrikaanse wynkultivar wat in 1925 deur ’n wynmaker van Stellenbosch, prof. Abraham Perold, spesifiek vir die land se geharde klimaat in sy tuin gekweek is, volgens die webblad van die Pinotage-vereniging van Suid-Afrika. Perold het die stuifmeel van ’n Pinot Noir teen ’n blom van ’n Cinsaut gesmeer. Nadat hy die eksperiment gedoen het, het hy amper daarvan vergeet. Nadat Perold die universiteit verlaat het, het sy tuin oorgroei geraak en het die universiteitsadministrasie mense gestuur om dit op te ruim. Was dit nie vir dr. Charlie Niehaus wat per ongeluk verby die voormalige huis van Perold gery en gesien het die opruimspan is daar doenig nie, het wynproewers nie vandag dié heerlike wyn geken nie. Niehaus het onthou van Perold se eksperimente en die vier saailinge wat nog oor was, gered.

En vandag is die maak van Pinotage nie net tot die Kaapse wynlande beperk nie, maar kan liefhebbers van die vrug van dié wynstok dit nou ook, te danke aan Clingham, in Gauteng doen.

Een van die suksesse van The Pinotage is die blootstelling wat dit aan wynliefhebbers gee om self betrokke te wees in al die fasette van wynmaak.

“Mense is opgewonde om hul eie wyn op die outydse wyse te maak,” vertel Clingham. “Ons het ons eerste wyn in Maart verlede jaar gepars.”

The Pinotage verkry sy druiwe van die Bolandse wynlandgoed Meerendal. Deelnemers aan die wynmaakproses kry dan die geleentheid om die druiwe te verwerk waarna die gisting en verdere prosesse deur Clingham hanteer word.

“Ek het my wynmaakvaardighede op Bolandse wynplase aangeleer,” sê dié gebore Somerset-Wester. “Meerendal het my ook ruimskoots bygestaan met vaardighede.”

Hy het ook ’n resep beet wat sy klante “insluit”. Die hele wynmaakproses duur tussen 12 en 18 maande en in dié tyd skakel die deelnemers gereeld om te verneem hoe dit met hul wyn gaan.

“Die mense wat deelneem aan die wynmaakproses word wynmakers in hul harte,” sê hy.

Volgens Clingham is Gauteng ’n braakveld vir die oordrag van wynkennis. “By verskeie geblinddoekte wynproeë in Gauteng het ek agtergekom hoe min mense werklik van wyne af weet en hoe gretig hulle is om meer te leer.”

En hy is besig om dié opvoedingstaak na leerlinge uit te brei. “Ek het die ses top-leerlinge in hotel- en toerismebestuur in graad 11 van ’n plaaslike hoërskool gekry om ook deel te neem aan die wynmaakproses en hulle blootstelling te gee aan die praktiese kant van wat hulle in skoolboeke leer.”

Teen die westelike muur van die restaurant is ’n instap- temperatuurbeheerde “wynkelder”. Clingham is erg daaroor dat wyn teen 16 ºC gestoor én bedien word. “Wynmakers maak wyn om teen dié temperatuur bedien te word.”

The Pinotage se reputasie ten opsigte van sy wynseleksie, te danke aan Clingham se neus vir goeie wyn, maak dat voornemende kopers nie regtig in die pryse belangstel nie. “Ek neem die klante in die wynkelder in en laat hulle aan goeie wyn proe. Niemand het nog ooit vir die prys van ’n bottel wyn gevra nie. Gewoonlik bestel hulle ’n paar bottels, in bokse van ses, wat ons dan direk by hul huise of kantore aflewer.”

Sy wynseleksie bestaan uit 125 verskillende wyne waarvan 26 Pinotage is.

Wat is sy gunsteling-wyn? “Die een wat ek op die oomblik in my hand vashou.”

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Entrepreneursake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Jou Geldsake
  Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
  Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
  Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan

Beeld
  Man (27) geskiet in Leeupark
  Steelvideo wys stemknoeiery
  Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’

Volksblad
  Gaan dan hel toe - Lenyibi
  Bok-breier erken senuwees knaag
  Al 3 kinders van paar sterf



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons