Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
    Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : SUKSESSTORIES : STORIE
 
Duikklopwerk word skoon en vriendelik, selfs vir vroue
26/11/2007 09:28  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

André Janse van Vuuren

“Wanneer ons klaar is, gaan jy my vra waar jy een kan oopmaak,” sê ’n selfversekerde mnr. Hein Scheffer wanneer hy hom aan die begin van dié onderhoud voorstel.

Scheffer staan aan die hoof van Auto Magic, ’n franchise-ketting van paneelkloppers wat op die herstelwerk ná bufferbotsings en minder ernstige ongelukke fokus.

Wat hom van sy mededingers onderskei, sê Scheffer, is dat dié paneelklopwinkels “veilig, skoon en netjies genoeg (is) vir enige ma, dogter en vrou om soontoe te gaan”.

Met die dat Auto Magic ook net op minder ernstige ongelukke fokus, is die wagtydperke vir herstelwerk aansienlik korter – iets wat kliënte en versekeraars goed pas.

Scheffer het Auto Magic in 1997 in Benoni begin en in 2002 besluit om die franchise-roete te volg. Tans het die groep 23 winkels, terwyl die franchise-ooreenkomste vir nog 14 reeds aangegaan is.

Vir hierdie groei, en die volhoubare sukses wat die franchise-nemers tot dusver getoon het, is Auto Magic verlede maand as ’n finalis in die nuweling-franchise-kategorie vir die jaarlikse toekennings van die Franchise-vereniging van Suider-Afrika benoem.

Nis raakgesien

Scheffer se kennis van geleenthede in die na-verkope-mark vir voertuie strek terug tot die vroeë 1980’s. Toe het hy ’n ander franchise-kettinggroep, Novus, begin wat motoriste se beskadigde windskerms herstel het.

Later, in die 1990’s, is dié onderneming deur een van die huidige groot motorglas-instansies oorgeneem.

Scheffer het nietemin in sy daaglikse sake met versekeraars én paneelkloppers drie aspekte van dié bedryf geleer wat later die grondslag van sy nuwe sake-idee was.

In die eerste plek het hy opgemerk bufferbotsings en minder ernstige ongelukke maak nagenoeg 70% van alle eise van versekeraars uit.

Tweedens het hy opgemerk herstelwerk aan voertuie vir dié tipe ongelukke neem veel langer as wat nodig is, omdat paneelkloppers meestal op ’n eerste-in-eerste-uit-grondslag hul kliënte se motors herstel. Die eienaars van motors wat minder ernstige skade opgedoen het, moes dus wag vir motors wat grootskaalse herstelwerk nodig gehad het.

In die derde plek het hy opgemerk die meeste paneelkloppers is in nywerheidsgebiede en gee in die meeste gevalle nie noemenswaardige aandag aan die estetiese voorkoms van hul werkwinkels nie.

“Ons model bied ons kliënte ’n handvol alternatiewe,” sê Scheffer. “Die meeste van ons winkels gaan jy eerder naby ’n winkelsentrum kry as in ’n nywerheidsgebied.

“Ons werkwinkels is ook veilig, skoon en netjies genoeg vir enige vrou. Jy sal nie oor ’n spul oliekolle en ou motoronderdele hoef te trap om by jou motor uit te kom nie.”

Voorts sê Scheffer hul vinniger diens vind byval by versekeraars omdat dié nie vir ’n onnodige lang tydperk ’n motor namens die kliënt hoef te huur nie.

Ook, omdat alle rekords van herstelwerk en koste van die werkwinkels na Auto Magic se hoofkantoor gestuur word, kan versekeraars hul oudits vir herstelwerk by al die takke vanaf ’n sentrale punt doen.

As ’n gesoute sakeman laat Scheffer niks aan die noodlot oor nie. Alle aspekte van die onderneming word noukeurig nagevors. Daarby gee Scheffer nie om om vir deskundigheid te betaal in sakegebiede waar hy nie die nodige kennis en ervaring het nie.

Hy sal byvoorbeeld uitgekontrakteerde lewensvatbaarheidstudies doen van persele waar ’n beoogde tak ingerig kan word.

Nadat hy ’n dag of wat saam met ’n voornemende franchise-nemer en dié persoon se eggenoot deurgebring het, moet die kandidaat ’n psigometriese toets ondergaan waar die goeie en swak punte van die persoon deeglik uitgewys word.

Scheffer hou ook nie van aannames nie. Alle syfers omtrent Auto Magic word weergegee as ’n deeglik berekende stuk statistiek: byvoorbeeld, die gemiddelde tydperk wat ’n kliënt se motor in ’n Auto Magic-werkwinkel deurbring is 2,8 dae; die gemiddelde koste van herstelwerk is R3 000 (onderdele uitgesluit); verlede jaar is 28 000 kliënte se motors in Auto Magic-werkwinkels herstel, ens.

Franchise-ooreenkoms

Die koste om die regte vir ’n Auto Magic-werkwinkel te bekom, en dit toe te rus, beloop R1,5 miljoen. Die franchise-nemer se eie bydrae, voor finansiering, moet ten minste R500 000 wees. Die maandelikse franchisetarief beloop 7,5%. Franchise-nemers word nie voorgesê waar om hul verbruikersgoedere aan te koop nie; slegs die spesifikasies van produkte word voorgeskryf.

Scheffer verkies om nie ooreenkomste met franchise-nemer-beleggers aan te gaan nie, maar met franchise-nemers wat die werkwinkel self sal bedryf.

Volgens hom het die meerderheid van sy franchise-nemers geen vorige ondervinding in die paneelklopbedryf nie.

“So, wanneer gaan jy jou eie Auto Magic oopmaak?” vra hy aan die einde van die onderhoud.

Nie ’n slegte opsie wanneer skryfwerk die dag vervelig raak nie.

  • andre.jvvuuren@sake24.com

    Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  •   Soek in Entrepreneursake
     
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP

    Jou Geldsake
      Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
      Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
      Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan

    Beeld
      Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
      Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
      Man skiet glo buurvrou uit jaloesie

    Volksblad
      Ster op snelweg beroof
      Rooi kaarte: Spelers tegemoetgekom
      Man skiet glo buurvrou uit jaloesie



    Terug na bo
    Adverteer by ons | E-pos ons