Kategorieë
Na Sake24.co.za | Gebruiksooreenkoms |
 
 
Tuisblad
  Nuus
  Rubrieke
    Suksesstories
  Kompetisies
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Sake24
  Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
Fin24
Investec probe to go ahead
Rand faces risks despite good run
Ramos' contract amended
Beeld
Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
Man skiet glo buurvrou uit jaloesie
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Praise for Mbeki
Proteas must defy history
US had doubts about Pillay
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Entrepreneursake : SUKSESSTORIES : STORIE
 
SA entrepreneur kan wêreldtitel wen
14/05/2008 08:43  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

André Janse van Vuuren,


“Ek myn, maar ek voer ook pasteie na Engeland toe uit.”

Só het mnr. Ndaba Ntsele, uitvoerende hoof van Pamodzi Investment Holdings, gesê oor die diverse belange wat entrepreneurs kan besig hou.

Hy het gepraat by die bekendstelling van Ernst & Young (E&Y) se wêreldentrepreneurskompetisie vir 2008.

Ntsele is verlede jaar as die wenner van die Suid-Afrikaanse been van hierdie kompetisie aangewys, en vertrek binne minder as twee weke na Monte Carlo waar hy die kans staan om uit die wenners van 42 lande die wêreldtitel te verower.

Sake-hoogtepunte in Ndaba se entrepreneuriese loopbaan sluit in die oorname van Foodcorp en die samesmelting van Pamodzi se Prestasi met Thebe-versekeringsdienste, waardeur die korttermyn-versekeringsreus Indwe Risk Services tot stand gekom het.

Me. Zanele Xaba, E&Y-direkteur, sê die kompetisie het ten doel om erkenning te gee aan die uitsonderlike prestasies van Suid-Afrikaanse entrepreneurs en die rol wat hulle speel om werkgeleenthede te skep en die ekonomie te help groei.

Vorige wenners sluit in mnr. Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, en mnr. Bill Lynch, voormalige hoof van Imperial Holdings, wat die wêreldtoekenning twee jaar gelede gekry het. Lynch is verlede jaar oorlede.

Benoemings vir vanjaar se kompetisie sluit op 30 Junie.

Bo en behalwe vir die hoofkategorie, word benoemings ook ingewag van opkomende entrepreneurs en maatskaplike entrepreneurs.

Mnr. Pat Dickens, hoof van Centurion Systems, het verlede jaar met die louere as opkomende entrepreneur weggestap, terwyl mnr. Taffy Adler van Johannesburg Housing Company die maatskaplike kategorie gewen het.

Ten einde in die afdeling vir opkomende entrepreneurs in aanmerking te kom, moet ’n benoemde die stigter, of eienaar van ’n maatskappy wees wat ten minste twee jaar reeds sake doen en ’n minimum omset van R20 miljoen per jaar toon.

In die afdeling vir die voorste maatskaplike entrepreneurs, neem die beoordelaars kwessies rakende ’n ondernemer se rol in onder meer regstreekse maatskaplike ontwikkeling en innovasie in ag.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Soek in Entrepreneursake
 
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP

Jou Geldsake
  Aanvangsbetaling by effektetrusts gaan na batebestuursmaatskappy
  Polishouer se tyd om aandele te eis loop uit
  Dink eers goed voor jy kredietooreenkoms aangaan

Beeld
  Video: Ek was geskok - Zuma oor arm wittes
  Motata-verhoor: stemopnames toegelaat
  Man skiet glo buurvrou uit jaloesie

Volksblad
  Ster op snelweg beroof
  Rooi kaarte: Spelers tegemoetgekom
  Man skiet glo buurvrou uit jaloesie



Terug na bo
Adverteer by ons | E-pos ons