|
Nasionaal: Mei 2008
Die Pietermaritzburg-sakekamer bied vandag en op Woensdag 14 Mei sakevaardigheidsopleiding aan. Op Dinsdag 13 Mei vergader die internasionale handelsforum. Business Buzz vind op Woensdag 14 Mei plaas en op Donderdag 15 Mei vergader die mense-hulpbronforum.
Kontak me. Can?dice Warr by 033 345 2747 of pcb@pcb.org.za vir meer inligting.
ENB en die Pietermaritzburg-sakekamer bied op Vrydag 9 Mei 'n ontbyt met mnr. Mosos Kgosana, uitvoerende hoof van KPMG, as spreker by Chamber House aan. Kgosana sal praat oor swart ekonomiese bemagtiging wat gaan oor meer as net die nakoming van regsbeginsels en die noodsaaklikheid daarvan vir ondernemings.
Kontak Lorna by 033 345 2747 of function@pcb.org.za vir meer inligting.
Die sakekamer van groter Johannesburg bied op Donderdag 15 Mei en Donderdag 5 Junie gholfdae by Pecanwood aan en op Woensdag 8 Oktober bied die sake?kamer 'n damesgholfdag by die Wanderers-gholfklub aan.
Kontak me. Amanda Hart by 011 642 1088 of 082 455 9514 of stuur 'n e-pos na sakek@iafrica.com vir meer inligting of inskrywings.
Die Centurion-sakekamer se straatadres het verander na Smokeshell Bend 21, Clubview, Centurion.
Die telefoon- en faksnommers is steeds 0861 272 535 en 0866 403 770 en die e-pos-adres sake@centurionsakekamer.co.za.
Sake24 publiseer weekliks 'n dagboek wat aan sakekamers en ander sake-organisasies die geleentheid bied om hul bedrywighede aan hul lede en die publiek bekend te stel.
E-pos die besonderhede van sulke geleenthede na sake@sake24.com.
Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry
|