Tolgeld – HOEKOM MOET DIE VERBRUIKER BETAAL?
Die heffing van tolgeld is ’n metode waarvolgens motoriste betaal vir dit wat hulle gebruik. Dié strategie maak dit vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moontlik om nuwe paaie vinniger te bou as wat die geval sou wees indien Sanral afhanklik moes bly van tradisionele belasting-gebaseerde geld.
Gevolglik maak tolgeld dit moontlik dat nuwe infrastruktuur vinniger ontwikkel word en verseker dit ’n duidelike stroom finansiering vir instandhouding van die paaie.
Waarom moet ons tolgeld betaal vir paaie wat reeds bestaan en wat oorspronklik deur belastingbetalers gefinansier was?
Paaie verweer met verloop van tyd weens omgewings- en ander faktore. Tolgeld word gevolglik nie gehef op die bestaande bates nie (wat ’n gesonke koste is), maar wel op die nuwe ontwikkeling en toekomstige verbeteringe, insluitend bedryfs- en instandhoudingskoste.
FEITE
en
MITES ten opsigte van tolgeld.
Mite
: Om tolgeld te hef is ’n moderne strategie wat net in Suid-Afrika toegepas word.
Feit:
Tolgeld is ’n stokou strategie en word internasionaal toegepas om pad-projekte te finansier.
Mite:
Tolgeld is ’n vorm van dubbelbelasting.
Feit:
Wanneer ons belasting betaal, gebruik die re?gering die geld om dienste te verskaf aan alle Suid-Afrikaners. Tolgeld is nie ’n belasting nie en die geld wat só bekom word, word slegs gebruik vir die spesifieke stuk pad wat gebruik word, met ander woorde die tolgeld is ’n verbruikersheffing. Die verbruikersheffing kan vergelyk word met die betaling vir parkering by winkelsentrums.
’n Tolpad word gefinansier deur diegene wat kies om te betaal vir die gebruik van die pad. Daarteenoor is belastings nie ’n keuse nie en moet almal belasting betaal.
Hoewel dit waar is dat verbruikers van tolpaaie ook belasting betaal, moet daarop gelet word dat dié heffings gebruik word om nie-tolpaaie te finansier.
Belastinggeld word nie gebruik om tolpaaie te finansier nie. Indirek word individuele belas?ting dus eintlik verminder deur die gebruik van tolpaaie.
Mite
: Die instelling van tolgeriewe veroorsaak of vererger verkeersdruk.
Feit: Dit is al bewys dat tolgeriewe bydra tot die verligting van verkeersknope op parallelle paaie.
Nuwe elektroniese maniere om tolgeld in te samel kan selfs verder bydra tot verkeersdrukverligting, deurdat geen tolhekke meer nodig sal wees nie.
Mite
: Tolgeriewe het ’n nadelige impak op die omgewing.
Feit: Tolgeriewe en tolpaaie verteenwoordig kritieke nuwe vermoë wat die omgewing in werklikheid bevoordeel deurdat verkeer in ander gebiede areas verligting ontvang.
Die voordele van tolpaaie:
Tolpaaie verteenwoordig ’n hoëgehaltepadnetwerk.
Afgesien daarvan dat dit padveiligheid verbeter, verminder tolpaaie reisafstande, wat lei tot groot besparings in die bedryfskoste van motors.
Tolgeld is ’n regverdige en akkurate manier om finansiering van vervoer-geriewe te verseker.
Verbruikers betaal slegs vir dit wat hul behoeftes is, met ander woorde wat hulle betaal, word bepaal deur hoeveel keer hulle die geriewe gebruik.
Verbruikers wat nie die tolpaaie gebruik nie, hoef nooit by te dra tot die koste daarvan nie.
Tolgelde verseker dat hoë vlakke van instandhouding deurlopend oor die leeftyd van die geriewe toegepas kan word.
Tolpad of geen pad?
Finansiering is altyd ’n kritieke saak vir vervoerprojekte in ontwikkelende gebiede en gebiede waar instandhouding nodig is.
Die hoë vraag na paaie en br?e oorskry tipies die vermoë van beskikbare konvensionele finansieringsbronne.
Vervolgens vul tolgelde konvensionele finansieringsbronne aan en help dié gebiede om aan hul vervoer behoeftes te kan voldoen.
Tolgeriewe bied waarde en keuse vir almal.
Verbruikers behoort ’n tolpad te beskou as ’n onderneming.
In ruil vir ’n betaling, ontvang die verbruiker waarde in die vorm van tydbesparing en beter paaie.