Meer as 1,4 miljoen Gautengers gebruik jaarliks die provinsie se snelweë.
In die proses reis hulle altesame 40 miljoen kilometer per dag. Elke dag spandeer hulle altesame sowat 600 000 werksure op die pad.
Tydens piektye val die gemiddelde snelheid op die snelweë tot 20 km per uur. Op sekere gedeeltes van die snelweë word piektye vir tot drie ure aaneen ervaar.
Dit is ’n gegewe dat stede wat wêreldwyd groei, verkeersprobleme ondervind, maar min word gesê oor die tol wat die groei in verkeersprobleme eis.
Verkeersknope verhoog voertuigonderhoudkoste.
Paaie en die pad-infrastruktuur word verweer. Daarmee saam neem die koste van onderhoud en herstelwerk aan die paaie ook toe.
Verkeersknope verhoog ook die omgewingsbesoedeling deur verhoogde vrystellings en uitlaatgasse.
Verder word mense se ?produktiwiteit beïnvloed deur die minder tyd wat vir aktiewe werk beskikbaar is.
Die meerderheid van Suid-Afrika se hoofweë is ontwerp en gebou vir ’n leeftyd van 30 jaar.
Die einde van dié leeftyd kom al vinniger nader.
Gauteng is Suid-Afrika se ekonomiese hartklop en lewer ’n bydrae van sowat 38% tot die nasionale bruto binnelandse produk.
Gauteng huisves sowat 20% van die land se bevolking.
Verkeersprobleme knou tans die ekonomie in die provinsie – en gevolglik die land s’n ook – en groot reg?ruk-maatreëls is nodig om die saak te beredder.
Gevolglik het die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap (Sanral) vanjaar met sy Gauteng-hoofweg-verbeteringsplan (GFIP) begin.
Die projek bevorder openbare vervoerstrategieë en sal van nuwe tegnologie gebruik maak om verkeer beter te bestuur en te beheer.
Dié projek maak ook voorsiening vir tolgeld wat op die Gautengse snelweë gehef sal word. Daar sal ook afslag aan gebruikers van openbare vervoer? en gereelde reisigers ?gegee sal word.
Die projek sal direk bydra tot die Gautengse ekonomie se BBP.
In 2008 sowel as 2009 sal die GFIP groot baie nuwe werksgeleenthede skep.
Volgens Sanral sal die GFIP nie net die reis-ervaring van padverbruikers verbeter nie, maar dit sal die land se ekonomie ’n welkome hupstoot gee.