Legents ’n egte metroman plek
Daar is niks vroulik aan Legents Grooming Lounge nie - dit is nou benewens die vroue wat hier as stiliste hul deel bydra. Dit 'n salon eksklusief vir mans.
Wag totdat die mark omswaai
Ondanks enorme finansië ondersteuningspakkette en rentekoersverlagings het paniek steeds hoogty gevier in aandelemarkte. Dan is kontant koning.
Untitled Document
Rand/$: 9.4200 Rand/£: 15.9700 Rand/€: 12.5200 Goud $/ons: 851.40 Platinum $/ons: 992.50 Platts Brent Olie: 78.59
JSE VANDAG: All Share: 20595.23 Top 40: 18641.17 FNDI 30: 19394.93 Gold Mining: 1898.59 Resource 20: 36874.58 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: PURPLE 29+45.00% · WESCOB 297+41.43% · CAPEMP 70+18.64% · AQUARIUS 3315+18.39% · DRDGOLD 470+17.50% · VERLOORDERS VANDAG: PLACECOL 20-31.03% · AWETHU 8-27.27% · SANTOVA 4-20.00% · IMUNITI 4-20.00% · ABSOLUTE 4-20.00% · Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
  iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Worst week ever on Wall St
JSE 'bottoming out'
SA at risk, warns IMF
Beeld
Klofie-foto's was 'banaal'
Rowers skiet ma van twee dood ná biduur
Skurke jaag met motor uit handelaar
Volksblad
Cheetaahs!
Carike in botsing in Karoo
Porno op foon skok vrou
News24
NKorea removed from terror list
Sharks make Currie Cup final
Lekota: Defend our constitution
Gister se gewildste Artikels
Markte val in paniek
SA op Brittanje se lys van top-beleggingslande
Kliphuis in Pretoria is beste in land
Vodafone soek nóg mag in selfoonryk
JSE leef swaar
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
Fokus : FOKUS : STORIE
 
Regering skuif paaie tot hoog op sy voorkeurlys
03/07/2008 08:49  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Suid-Afrikaners lewe nog volgens die konsep van een persoon, een voertuig.

Die land kan dié konsep nie langer bekostig nie en mense moet hul gewoontes verander, sodat openbare vervoer en voertuigpoele die norm word.

Die nuwe Gauteng-hoofweg-verbeteringsplan (GFIP) sal dit voordelig maak vir pendelaars om openbare vervoer te gebruik wat sowel betroubaar as veilig sal wees.

Verbruikers van openbare-vervoerdienste en voertuigpoele sal ná afhandeling van die projek aparte bane op die snelweg kan gebruik, wat vinniger sal vloei en wat sal inskakel by ander roetes vir taxi’s en busse, asook Metrorail en die Gautrein.

Veilige parkeergeriewe sal ook beskikbaar gestel word vir verbruikers wat van openbare vervoer gebruik maak.

Die GFIP is ’n strategie wat ontwikkel is om die verkeersdruk op Gauteng se openbare paaie te verlig.

Die eerste fase in die ontwikkeling van die projek is op 24 Junie amptelik geopen deur mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer.

By die sooispit-geleentheid het die minister die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) geprys vir die goeie werk wat die afgelope dekade deur hom gedoen is.

“Sanral het tien jaar gelede sowat 7 000 km paaie geërf.

“Vandag bestuur Sanral sowat 16 000 km paaie dwarsoor Suid-Afrika,” het Radebe gesê.

Met die GFIP het die regering sy toewyding aan die heropbou van Suid-Afrikaanse padinfrastruktuur bevestig.

Dié infrastruktuur sukkel jare lank reeds weens onder-investering en die swak toestand van die nasionale paaie het gevolglik veroorsaak dat die regering paaie nou as ’n prioriteit geïdentifiseer het.

Volgens Radebe het die re?gering R70 miljard opsy gesit vir infrastruktuur-projekte ten opsigte van die nasionale paaie.

Die hoë vlakke van verkeer op Gauteng se paaie is totaal onaanvaarbaar, het Radebe gesê.

Hy het verwys na die Ben Schoeman-hoofweg wat vanjaar 40 jaar gelede in gebruik geneem is en wat deur meer as 180 000 motors in spitstye gebruik word.

Dié hoë vlakke van verkeer veroorsaak vertragings en verkeersknope, wat met die GFIP hopelik uitgestryk kan word.

“Nie net gaan addisionele bane gebou word nie, maar wisselaars gaan verbeter word om vertragings wat tans voorkom, uit te skakel.

“Die GFIP bied ook die geleentheid om nuwe tegnologie in te span, soos die intelligente vervoerstelsel wat bestaan uit veranderende boodskap-borde, wisselende bane en ’n netwerk-beheersentrum,” het Radebe gesê.

Die nuwe stelsels sal die netwerk se bestuursentrum in staat stel om ’n kommunikasie-middelpunt te wees wat die vermoë sal hê om inligting rakende verkeer deur middel van ’n webwerf deur te voer deur die gebruik van die veranderlike padtekens, die radio en die internet.

Dit sal uiteindelik moontlik wees om inligting soos geskatte tyd van aankoms aan bestuurders te kan deurgee.

Die regering is vol vertroue dat die GFIP onder die leiding van Sanral sonder probleme voltooi sal word teen 2010 – net betyds om dan tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi vir die wêreld te kan wys waartoe Suid-Afrika in staat is.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae