Maatskappye Kostedruk noop banke om snoeiskêr onder werkers in te lê
Kostesbesparings het by die vier groot handelsbanke begin. Twee van dié banke het reeds kennisgewings aan Sasbo, die grootste vakbond in dié sektor, gestuur en dié ingelig dat hulle met prosesse begin het om poste te snoei.
GROOT GEPRONK, MAAR GELD TEL... Min skimmels, merrievullens en merries het die afgelope 112 jaar die glansryke Durban July-wedren wat vanjaar R3 miljoen se prysgeld het, gewen. Dié vierjarige merrie, Dancer's Daughter, wat deur Hustin Snaith afgerig word, gaan Saterdag hard probeer om die bordjies te verhang
Foto: John Lewis
Algemene Sakenuus FHM nooi lesers om eie aanlynreklame te skep
Terselfdertyd word bemarking selfs belangriker om handelsnaamsukses op lang termyn te verseker omdat reklame in ’n ekonomiese afswaai goeie dividende lewer lank nadat die resessie verby is.
Wêreldnuus Aussies gaan kragstasie in Mosambiek bou
Die Australiese mynmaatskappy Riversdale Mining het onlangs aangekondig dat hy lisensies verkry het om vroeg volgende jaar ’n 2 000 MW- steenkoolkragaanleg in die Mosambiekse provinsie Tete te bou.
Warm Nuus 'Suid-Afrikaners gaan arm aftree'
Die meerderheid Suid-Afrikaners gaan met onvoldoende fondse aftree, het mnr. Elias Masilela, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut (Sasi) vandag gesê.
Wêreldnuus SACMH begin met eksplorasiewerk
South African Coal Mining Holdings (SACMH) gaan sy eerste eksplorasieprojek van stapel stuur nadat hy prospekteerregte vir ’n gebied naby Ermelo verkry het.
Ekonomie Ná nare Junie bly groot vrees stagflasie
Ekonomiese omstandighede wêreldwyd plaas aandelemarkte steeds onder druk sonder enige ooglopende oplossings. Die styging van die olieprys na rekordhoogtes en al die uitvloeisels daarvan bied probleme waarvoor niemand blykbaar enige raad het nie.
Markte JSE gee brouer ’n koue skouer op triestige dag
Ná ’n lang week is ’n koue bier sommige se grootste plesier. SABMiller het egter ’n koue skouer by beleggers gekry en sy skuim het gister met meer as 3% gedaal.
Wêreldnuus Wêreld moet honger saam pak, sê IMF
Hoë brandstof- en voedselpryse oorweldig lande byna regdeur die wêreld, lui ’n verslag wat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) bekend gemaak het.
Fire water: South African brandy Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.