Skuldeisers bakhand by Nationwide
Sowat 2 500 eise (wat ongeveer R19 miljoen bedra) is reeds by die lugdiens Nationwide se likwidateurs ingedien.
Solidariteit kla Investec-base aan oor bewering van laer inflasie
Die herrie oor Investec se inflasiesyferkritiek het gister 'n nuwe wending geneem.
Untitled Document
Rand/$: 7.5600 Rand/£: 15.0300 Rand/€: 11.8700 Gold $/oz: 924.30 Platinum $/oz: 1724.50 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27556.85 Top 40: 25674.36 FNDI 30: 23198.10 Gold Mining: 2207.22 Resource 20: 58393.46 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
    iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Mboweni talks tough on Investec
Motorists set for 'reprieve'
Super Group shares tank
Beeld
Zim-onderhandelinge begin
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
OTM-rowers ontvoer wag en sy hond
Volksblad
Cosatu dreig in NK
Polisie-offisier afgedank oor F-woord
Raadslede kry lekker geldelike meevallertjie
News24
Nigeria petrol tanker fire kills 12
Zim talks under way in SA
Facebook to go web wide
Gewildste Artikels
Al hoe meer motors weer op pad terug na Wesbank
‘Huiseienaars moet net vasbyt’
ANC paai oor ekonomiese vrese
Johannesburg se eie Aspoestertjie
JSE is nou in kloue van die beer
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
iT - Sake : IT - SAKE : STORIE
 
Kliënte dring aan om groen te koppel
29/04/2008 21:37  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Cecile Nel

Telekommunikasie-verskaffers ervaar ál meer druk van hul omgewingsbewuste kliënte om “groen verbindings” te verskaf.

Ook Nokia Siemens Networks (NSN), ’n verskaffer van kommunikasie-infrastruktuur wêreldwyd, moet sulke uitdagings die hoof bied.

Die groep het byvoorbeeld vir die Olimpiese Spele later vanjaar in Bejing ’n energiedoeltreffende netwerk of “groenverbinding” geskep om China Mobile Group Beijing, die amptelike telekommunikasieverskaffer van die Spele, by te staan om die miljoene besoekers met die res van die wêreld op ’n energiedoeltreffende manier te verbind.

Siemens Networks en die Nokia Networks Business-groep het in Junie 2006 saamgesmelt in die gesamentlike onderneming NSN. Die groep se kliënte in Suider-Afrika sluit Vodacom, Cell C, Neotel en Telecom Namibia in.

Volgens me. Linda Khumalo, hoof van die groep se substreek vir Suider-Afrika, werk NSN tans met sy kliënte saam om ook die uitdagings van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 wat in Suid-Afrika plaasvind, beter te verstaan en begin hulle nou reeds beplan.

“Soos ons met die Beijing Olimpiese Spele gedoen het, sal die amptelike telekommunikasie-verskaffer vir die 2010-toernooi ’n manier moet vind om koste te bespaar en kragverbruik te verminder,” het sy gesê.

Dit is nou sowat ’n jaar sedert die groep saamgesmelt het.

Khumalo sê ná die afgelope jaar vir NSN in Suider-Afrika: “Ons sal aanhou om die plaaslike skip kragtig te stuur ondanks sekere uitdagings. Ons vier ook dat ons in die afgelope jaar ons sake met al die operateurs in Suid-Afrika volgehou het.”

Die groep het in dié tyd sy eerste fase van ’n transaksie vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) voltooi. Volgens Khumalo steek dit sy kliënte se verwagtinge verby. Die groep het ook in dié tyd R10 miljoen bestee aan die opleiding van subkontrakteurs van SEB-maatskappye.

NSN beplan om die komende jaar op eenvoudiger netwerk-argitektuur te fokus om operateurs te help om hul ondernemings te transformeer.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae