Bankaandele druk beurs boontoe op ‘stiller’ dag
Die plaaslike aandelemark het nie gister die opwinding van die vorige dag herhaal nie.
Mielieprys gaan moeilik gestroop word
Die kans dat die mielieprys gaan daal, is skraal, al is die mark onstuimig, sê kenners.
Untitled Document
Rand/$: 7.6800 Rand/£: 15.2400 Rand/€: 12.0300 Gold $/oz: 927.40 Platinum $/oz: 1710.00 Platts Brent Oil: 124.98
JSE VANDAG: All Share: 27430.12 Top 40: 25542.06 FNDI 30: 23325.56 Gold Mining: 2172.87 Resource 20: 57549.89 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
    iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Petrol price relief on the way
Tribunal fingers Vodacom lawyer
Investec accusation dropped
Beeld
Zuma geskok deur wit armoede
Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
Kitsbank-rowers skiet polisievrou in gesig
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
More blacks consider emigration
Zuma: Race doesn't rule poverty
'Somebody ignited the match'
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
IT - Sake : IT - SAKE : STORIE
 
$400 miljoen-afset verwag in GTA IV se eerste week
30/04/2008 08:50  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Edward-John Bottomley,


Die nuutste aflewering in die omstrede Grand Theft Auto-reeks-videospeletjies is gister wêreldwyd bekend gestel en sal na raming sowat $400 miljoen in sy eerste week van verkope bereik.

Grand Theft Auto IV (GTA IV) se voorgangers is wyd deur politici en belangegroepe gekritiseer weens die brute geweld daarin. Die speler word die keuse gelaat om polisiebeamptes en prostitute aan te rand of selfs te vermoor.

Sen. Hillary Clinton het voorheen gesê “die ontstellende inhoud in Grand Theft Auto en ander soortgelyke speletjies ontneem ons kinders hul onskuld”.

Die videospeletjiebedryf voer egter aan dat GTA IV ’n ouderdomsbeperking van 18 het en dat dit nie veronderstel is om deur kinders gespeel te word nie. “Die speletjie bevat volwasse inhoud en is vir dié mark bestem,” sê mnr. John Press, produkbestuurder vir Xbox by Microsoft SA.

Volgens mnr. Devon Stanton, bemarkingsbestuurder by Megarom, die Suid-Afrikaanse verspreider van GTA IV, het hulle geen voorraad oor om aan kleinhandelaars te verskaf nie. “Dit is ontsettend gewild. Mense koop twee of selfs drie daarvan,” sê hy.

GTA IV volg die storie van Niko Bellic, ’n Oos-Europese immigrant na die VSA, wat by georganiseerde misdaad betrokke raak. Die speler kan voertuie kaap, dronk bestuur en onskuldige omstanders vermoor. Die speletjie is reeds deur verskeie bedryfspublikasies as ’n donker “meesterstuk” geprys wat soortgelyk is aan flieks deur Francis Ford Coppola en Martin Scorcese.

Volgens kenners in die bedryf sal GTA IV vandeesweek sowat 10 miljoen eenhede wêreldwyd verkoop en sowat $400 miljoen maak.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae