Huishoudings se besparing negatief
Suid-Afrikaanse huishoudings se spaarvlakke is op hul laagste nóg.
Rand breek deur R7,50
Die rand het gister sy kragtoer teen die dollar voortgesit en deur R7,50 tot R7,4974 verstewig
Untitled Document
Rand/$: 7.5500 Rand/£: 15.1200 Rand/€: 11.8600 Gold $/oz: 919.22 Platinum $/oz: 1742.00 Platts Brent Oil: 126.52
JSE VANDAG: All Share: 27373.79 Top 40: 25502.81 FNDI 30: 23029.66 Gold Mining: 2173.11 Resource 20: 58066.07 R152: 0.00 WENNERS VANDAG: SIMMERS 224 +19.15% W AREAS 3876 +4.79% AME 1800 +4.65% LONMIN 31470 +4.21% METOREX 1075 +3.86% BIDVEST OPT 4100 +3.80% VERLOORDERS VANDAG: MMG 320 -18.99% KINGCO 180 -10.00% WINHOLD 130 -9.09% TOURVST 170 -6.59% ERP.COM 159 -6.47% WESIZWE 250 -4.58% Inligting verskaf deur: McGregor BFA

Nuus
  Soek Webwerf Aandeelpryse  
Tuisblad
  Wêreldnuus
  Algemene Sakenuus
  Ekonomie
  Maatskappye
  Markte
  Eiendomme
    iT - Sake
  Veilings
  Maatskappy-resultate
  Gratis Nuusbrief
In diepte
  Rubrieke
  Entrepreneurs
  Jou Geldsake
  Sakekamer-dagboek
Fin24
Super Group needs a top-up
Koseff: Claims preposterous
Gold firms hammered by protest
Beeld
Stryd in sel om oorlewing
Talle sonder heenkome ná brand
‘Iemand’ het mes geslyp vir polisielid wat f-woord sê
Volksblad
Zim ‘op rand van anargie’
Oudpolisiekaptein word vrygespreek
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
News24
Ex-cop tells of cell hell
Zuma 'will lead from prison'
Kallis: A man on a mission
Gewildste Artikels
Luister of ons loop, sê X-ers
Trusts ook in minister se onteien-visier
Staalkomplot ondersoek
Politieke krisis laat Zim se goud-pilaar wankel
Terroris tot staatshoof tot terroris . . .
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
IT - Sake : IT - SAKE : STORIE
 
Twee nuwe Nokia-pretfone op pad na SA
15/05/2008 00:08  - (SA)  
  Druk artikel   E-pos storie aan 'n vriend
 

Cecile Nel

Nokia bring twee nuwe vermaaklikheidsmultimedia-selfone na Suid-Afrika.

Albei dié selfone behoort aan die N-reeks van Nokia. Dié reeks is gemik op verbruikers wat soveel moontlik eienskappe in hul selfone wil hê.

Die eienskappe wat die N-reeks het, sluit in beter as gewone kameras, video en musiek-terugspeelvermoëns, sowel as internetvermoëns.

Nokia het verlede week die eienskappe van dié spesifieke twee toestelle, die Nokia N96 en die Nokia N78, in Johannesburg onthul.

Volgens mnr. Henri Mattila, verkoopshoof van Nokia se N-reeks in die Midde-Ooste en Afrika, is dié fone baie vermaaklik en bedoel vir verbruikers wat hul selfone vir verskeie funksies wil gebruik buiten bel.

Nokia noem sy N96-foon ’n “multimedia-rekenaar wat spesiaal aangepas is vir die kyk van video’s”. Die toestel het ’n groot skerm (7,1 cm) en interne geheue van 16 gigagrepe (GB). Dít is genoeg geheue om soveel as 40 uur se flieks of 12 000 liedjies te stoor.

Die selfoon kom met ’n 5 megapixel-kamera en ’n ingeboude GPS-stelsel. Die toestel het ook ’n ingeboude staandertjie spesiaal vir die kyk van flieks.

Die N96 behoort teen Oktober vanjaar in Suid-Afrika te arriveer.

Die N78-foon word deur Nokia beskryf as ’n “multimedia-rekenaar wat musiek, navigasie en fotografie kombineer met die voordele van mobiliteit”.

Dié foon kom met ’n ingeboude GPS-stelsel, ’n 3,2 megapixel-kamera en 8 GB-geheue. Die foon se batterylewe is sterk genoeg om 24 uur lank musiek te speel voordat dit herlaai hoef te word.

Wat dié foon egter besonders maak, is sy FM-versender. Daarmee kan ’n verbruiker sy musiek op ’n ongebruikte FM-kanaal uitsaai in ’n omtrek van 5 m. Met dié eienskap kan die gebruiker van die N78 sy musiek saam met ’n vriend luister deur dit van sy foon uit te saai na sy vriend se selfoon, mits dié ook FM-vermoë het. Albei kan dan deur hul eie oorfone na dieselfde liedjie, wat deur die een foon uitgesaai word, luister.

Die N78 behoort voor die einde van vanjaar in Suid-Afrika beskikbaar te wees.

Teken in op Beeld, Die Burger of Volksblad om jou Sake24 elke dag te kry


  Maak Sake24 my tuisblad
  Gebruiksooreenkoms

Vind
  Internasionale Lotto
  Versekering
  Top Afrikaanse boeke
  Werksgeleent- hede
  Motor & Huis Versekering

Vind jou ou
skoolvriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

 ONS BEVEEL AAN

Fire water: South African brandy
Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldgehalte met 'n unieke smaak - ryk aan karakter en styl. Fire Water bied 'n fassinerende nuwe blik op hóé brandewyn vervaardig en geniet word in ons land.




Terug na bo
Kontak ons | Omtrent Sake24 | Adverteer by ons | Sake24 navrae